RISSIETUNA-SPAGHETTI

Ge­noeg vir 4

Kuier - - In Die Kombuis -

BE­STAND­DE­LE 350 g spaghetti 3 eet­le­pels o­lie 1 klei­ne­ri­ge ui, fyn­ge­kap 1 rooi brand­ris­sie, pit­jies en naat­jies ver­wy­der en in stuk­kies ge­kap 1 x 410 g blik ge­skil­de en ge­kap­te ta­ma­ties 1 x 140 g blik­kie tu­na, ge­drei­neer METODE Kook die spaghetti vol­gens in­struk­sies op die pak­kie en drei­neer goed. Hou een­kant. Ver­hit die o­lie in ’n groot swaar­boom­pan en braai die ui tot sag en deur­sky­nend. Voeg die brand­ris­sie by en braai vir nog ’n paar mi­nu­te saam. Giet die ta­ma­ties in die pan en meng goed. Kook vir ’n paar mi­nu­te saam. Skep die spaghetti bo-op en meng goed met die sous. Maak ’n paar mi­nu­te lank deur­warm voor­dat jy die tu­na by­roer. Be­dien on­mid­del­lik. Een­vou­dig, goed­koop en on­ge­loof­lik lek­ker!

WENK: Die mak­lik­ste ma­nier om van die pit­jies en naat­jies in ’n brand­ris­sie ont­slae te raak, is om dit in die leng­te oop te sny en met ’n tee­le­pel skoon te skraap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.