Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Ja­nu­a­rie is vir som­mi­ge ’n baie be­roer­de maand, soos Ernusta ons ver­tel op blad­sy 46. Maar al het ek ook al me­ni­ge droë Sal­ti­crax in my le­we be­leef, sal ek die eer­ste maand van die jaar vir niks ver­ruil nie. Dis dan so prop­vol be­lof­te en blink oë wat uit­sien na al­les wat dalk nog kan voor­lê. Nee, in­der­waar­heid lyk som­mi­ge men­se vir my dan op hul mooi­ste – al kan hul­le dán juis nie die Bra­zi­li­an blo­wout be­kos­tig nie!

Ek sien dit in hul woor­de wan­neer hul­le trots die fo­to’s van hul kin­ders se eer­ste dag op skool post. Die ma’s én pa’s gloei be­hoor­lik van trots. Jy kan som­mer op die skerm lees hoe­veel hoop hul­le vir daar­die kind se toe­koms het en ook hoe­veel ou­er­lief­de daar­die klein­tjie in hul han­de vas­hou. Dan wens ek ou­er en kind kan in la­ter ja­re, wan­neer din­ge rof raak, daar­die ge­voe­lens ont­hou: Toe die ou­ers hul klein­ding se vei­li­ge ha­we was, wat hul­le ge­glo het hul­le teen e­ni­ge storm kon be­skerm en die ou­ers op hul beurt ab­so­luut al­les vir hul kind sou doen.

En ek met my leë nes, sien wat ek mis, maar ek deel in jul vreug­de. En ek dink in die be­son­der aan die­ge­ne wie hul kin­ders ver­loor het en nou nie meer in hier­die oom­blik­ke deel nie. Vir hul­le moet Ja­nu­a­rie tog die swaar­ste wees . . . want son­der geld kan jy nog, maar hoe ge­maak as jy moet son­der jou kind?

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.