SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Hil­la­ry is ’n vas­be­ra­de jong­mens wat nie op­gee wan­neer een deur toe­gaan nie (Skryf vir suk­ses, 11 Ja­nu­a­rie 2017). Sy mo­ti­veer baie men­se met haar sto­rie en sy moet hard werk, want har­de werk werp vrug­te. S­terk­te met jou vol­gen­de boek. Daar sal te­leur­stel­lings kom, maar dit maak ’n mens sterk en wys. S. JAKOBS, KAAP­STAD Hil­la­ry Geslin is so ’n in­spi­ra­sie (Skryf vir suk­ses, 11 Ja­nu­a­rie 2017). Mag sy nog ve­le hoog­tes be­reik en ek hoop an­der kin­ders leer iets uit haar ver­haal. CAURNITA

Baie dan­kie Kui­er vir ’n jaar vol p­ret s­to­ries en al­les in jul tyd­skrif. Ek was die wen­ner van ’n Dr. Mi­ra­cle’s-ham­per en ek dank die He­re daar­voor. Dan­kie aan jul span, mag jul­le ’n ge­se­ën­de jaar hê. Al­les van die bes­te. FRANCES SMALL, MITCHELLS PLAIN

Dan­kie vir jul in­spi­re­ren­de tyd­skrif. Ek sal graag soms op­volg­sto­ries van jul s­to­ries wil sien, bv. die een van konst. Ben­ja­min (Kon­sta­bel van Staal, 2 De­sem­ber 2015). UDILIA ADAMS, RAVENSMEAD

Kui­er- span, dan­kie vir die goeie tyd­skrif­te van 2016. Ek het so uit­ge­sien na die eer­ste een van 2017! Leigh Dunn se sto­rie wil my som­mer laat huil (’n Hart vol ver­gif­nis, 11 Ja­nu­a­rie

2017). Ek dink dit was ’n hek­se­jag om hom te be­swad­der en ek is bly hy het ver­kies om te ver­ge­we om hom­self te be­vry. Hou jou kop hoog, jong­man. KATHY PAULSE -NICKOLA, RAVENSMEAD Voor­spoed vir die nuwe jaar, Kui­er­fa­mi­lie. Dit het my hart ge­ruk om“’n Hart vol ver­gif­nis” (11 Ja­nu­a­rie 2017) te lees. Ek het ook ’n soort­ge­ly­ke ge­val ge­had met ’n kind wat ek en my seun lief­ge­kry het. Dit was moei­lik en ek het ge­dink ek sal nooit kan ver­ge­we nie. Dan­kie vir die lees­stof. MARIA LOUW, KALKFONTEIN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.