Be­plan voor­af vir ’n wor­ry-vrye Ja­nu­a­rie

Het jy ver­le­de jaar die­self­de be­ste­dings­fou­te ge­maak en tel nou die dae tot pay­day? Le­sers deel hul st­rug­gles en an­der deel hul raad. DEUR ERNUSTA MARALACK

Kuier - - Inhoud -

Die e­ko­no­mie­se ge­sang wat ons die heel­tyd ver­le­de jaar ge­hoor het, was hoe al­mal se geld­sa­ke knyp en hoe ons moet spaar vir rai­ny days en ons­self nie nóg die­per in die skuld moet druk nie. Maar swak e­ko­no­mie of nie, lyk dit el­ke jaar oor die big days (fees­tyd) as­of al­mal die Po­wer­ball ge­wen het, net om in Ja­nu­a­rie weer te wor­ry oor die kin­ders se skool­goed en om te kyk hoe ver kan hul­le daai laas­te Sal­ti­crax en mos­sels en tu­na kan rek.

Nee kyk, oor die fees­tyd vlieg die hal­we en heel lam­me van die win­kel­rak­ke af en klink dit in som­mi­ge vleis­hui­se soos ’n vei­ling, soos wat die cu­s­to­mers se stem­me en saag­lem­me met me­kaar mee­ding.

En daai sa­li­ge en spog­ge­ri­ge uit­druk­king op som­mi­ge men­se se ge­sig­te wan­neer hul­le met hul hoë win­kel­trol­lies vol kos, vleis, waat­le­moe­ne, pak­ke chips, bak­ke ice cre­am en ten min­ste vier Co­kes ver­by jou stap, laat jou som­mer on­der druk voel om by te hou. Daai tyd van die jaar shop­ping al­mal as­of die win­kels gaan weg­hard­loop.

Die af­ge­lo­pe fees­tyd was geen uit­son­de­ring nie en ons het self ge­sien hoe ons men­se all out gaan om die va­kan­sie en hul bo­nus­se be­hoor­lik te ge­niet.

Ek­self het my am­per boeg­lam ge­skrik toe ek by’ n fa­briek s win­kel­kom­pleks in Kuilsrivier in die Kaap ’n el­le­lan­ge queue bui­te ’n Ni­ke-win­kel sien! By ’n slag­huis het ek ge­sien die ou wat die lam­me soos b­lits op­sny, het al ’n deel van sy pin­kie ver­loor, toe moet ek won­der of dit dalk met ’n vo­ri­ge fees­sei­soen in die slag ge­bly het? Op my tuis­dorp, Bon­nie­va­le waar ek by my fa­mi­lie ge­kui­er het, het am­per el­ke huis ’n op­blaas-swem­bad ag­ter in die y­ard ge­had.

Court­ney Cu­pi­do, ons be­mar­kings- as­sis­tent van Wel­ling­ton in die Bo­land, ver­tel dit was net groot bok­se C­hoi­ce As­sor­ted-soet­koe­kies en S­nack­ti­me-sout­hap­pies, mos­sels en tu­na waar sy ge­kyk het.

Si­mo­ne T­ho­mas, Kui­er se be­mar­kings­be­stuur­der, bly in Mitchells Plain op die Kaap­se Vlak­te en vol­gens haar het sy weer net“na­me­lek­ker-tek­kies en kle­re­sak­ke”ge­sien. Re­dak­teur Kay Kar­riem het bie­tjie tyd by fa­mi­lie op Kraai­fon­tein in die Kaap deur­ge­bring en daar was die pak­ke Qu­a­li­ty S­treet­tjoklits en pe­a­nuts vol­op!

Teks­re­dak­teur Ro­we­na Hen­dricks van Sir Lowry’s Pass bui­te So­mer­set-Wes, skud haar kop wan­neer sy sê die sout­vleis-bok­se was soos al­tyd in haar kant van die wê­reld op me­ni­ge se in­ko­pie­lys.

Die Kui­er- span ont­ken dit ook nie, van ons was net­so in­ge­trek deur al die fes­ti­ve spe­ci­als net om in Ja­nu­a­rie op sout­vis en brood of cho­kers en sur­vi­vors (pe­a­nut­bot­ter en brood) te pro­beer oor­leef.

Maar wat sê van ons le­sers oor hul koop­ge­woon­tes oor die fes­ti­ve en hoe hul­le Ja­nu-wor­ry oor­leef?

steeds PLATSAK

En­ri­que Fou­rie (45) van Ma­ga­lies­burg, Jo­han­nes­burg is ’n vry­skut gri­meer­kuns­te­naar en sti­lis, wat in sy vrye tyd ook koe­ke bak. Vir En­ri­que is Ja­nu­a­rie ’n bit­ter maand om­dat die men­se wat sy betalings moet doen vir shoots waar­op hy in No­vem­ber of De­sem­ber ge­werk het by­voor­beeld, steeds met ver­lof is.“De­sem­ber en Ja­nu­a­rie is my droog­ste maan­de en dan bak ek maar koe­ke vir cof­fee shops en trou­es vir sak­geld. Dis ’n stok­perd­jie wat ’n werk ge­word het. 2016 was rof vir al­mal, maar as jy vry­skut is, is dit er­ger, want soms doen jy net een shoot vir drie maan­de! Nie­mand het geld nie en dié wat geld het, wag ook vir geld en in Ja­nu­a­rie het nie­mand niks!” voeg hy lag­gend by, al is Ja­nu-wor­ry al­les­be­hal­we ’n lag­saak vir hom.

En­ri­que sê K­ris­mis kon hy nie eens die “Big 5”van vlei­se (of­te­wel sout­vleis­boks met gam­mon, tong, kal­koen, lams­boud en cor­ned beef) voor­sit soos wat hy daar­aan ge­woond is nie.

“Ek het ge­cut op al­les en net duck, gam­mon en tong ge­maak en op die oom­blik (Ja­nu­a­rie) eet ons steeds van die kou­e­vleis-

oor­skiet en maak sand­wi­ches daar­mee. ’n Mens raak baie in­ven­ti­ve met dít en mince in maan­de soos Ja­nu­a­rie,”voeg En­ri­que by.

HET NOG GELD OOR

Ro­se­mund Sep­tem­ber (61) van Delft in die Kaap, laat nie Ja­nu­a­rie vir haar met ’n slapriem vang nie. Wan­neer ’n nuwe jaar aan­breek, be­gin sy haar be­plan­ning vroeg so­dat sy el­ke jaar fi­nan­si­eel sterk staan oor die fees­sei­soen én in Ja­nu­a­rie.“Ek hou van my gor­dy­ne en bed­de­goed moet ma­tch (vir wan­neer sy haar huis mooi maak oor die fees­tyd) en be­gin nu­wes in Maart oor vier maan­de te lay-buy. Van­af Au­gus­tus stock ek op op groot kan­ne vis­o­lie, sui­ker, kof­fie en koop ek stamps vir kos en vleis reg­deur die jaar en ge­bruik dít in plaas van my bo­nus om hier­voor te be­taal.“Ek bud­get ook vir my rooi­wyn en my man vir sy whis­key en wan­neer ons op­breek op 22 De­sem­ber el­ke jaar, be­gin die ding te ruk tot­dat ek weer be­gin werk op 16 Ja­nu­a­rie! Die bie­re koop ons so tus­sen­in.”

Maar moe­nie dink net om­dat Ro­se­mund se kos­kas en vries­kas vol kos en vleis en daar drink­goed is, jy kan by haar kom reg­op sit oor die big days nie!

“As jy by my huis kom eet, drink of braai, bring jou eie goed. En as ons uit­gaan, moet al­mal hul eie kin­ders uit­sort. Ek gaan nie mý ys­kas leeg­maak nie! As ek ’n he­le K­ris­mis-ta­fel gee en al­mal sit met sy hand­jies in sy sak, waar sit ék in Ja­nu­a­rie?”

Wat ook die kon­tant­vloei vir Ro­se­mund lek­ker aan­help, is dat haar man, John­ny, net groot dae af­kry en heel­tyd werk en dus geld in­bring tot sy weer be­gin werk in Ja­nu­a­rie.“Ons kan nog be­kos­tig om vleis te eet in Ja­nu­a­rie – niks be­ne nie!”sê sy heel spog­ge­rig!

Vir May­la Ro­bert­son (44) van Ge­or­ge in die Suid-Kaap is Ja­nu­a­rie ook ’n ab­so­lu­te bree­ze. Sy sê al kry sy in No­vem­ber bo­nus, het sy haar geld­sa­ke só be­stuur dat sy nie in Ja­nu­a­rie wor­ry nie en steeds haar va­kan­sie saam met fa­mi­lie kan ge­niet. Sy het selfs ge­spot:“My geld kan nie op­raak nie!”

Haar wen­re­sep is be­plan­ning:“Ons be­plan uit­stap­pies en kui­er met die fa­mi­lie en gaan nie som­mer net met die stroom nie. As dit nie be­plan was nie, bly ons tuis en re­lax by ons pool. In­dien fa­mi­lies kui­er, bring al­mal ge­woon­lik hul eet­goed saam.

“Ek het vleis­se­ëls deur die jaar ge­koop en spaar ook so­dat ons ons bo­nus op iets kan span­deer wat ons kan sien. Ge­luk­kig is my kin­ders nie by na­me­kle­re of -tek­kies nie, so ons koop op kon­tant vir hul­le goed. Don’t do w­hat the Jo­nes’do!”sê May­la.

May­la het ook ge­leer om eer­der goed te lay-buy en skool­be­no­digd­he­de vroeg aan te koop om die rond­val­le­ry voor die sko­le her­o­pen, te ver­my.

Baie van ons men­se maak el­ke fees­tyd die­self­de span­da­bel­ri­ge fou­te en suf­fer dan in Ja­nu­a­rie. Dalk kan ons van Ro­se­mund en May­la se wen­ke van kos­se­ëls en lay-buys ge­bruik om vol­gen­de jaar hier­die tyd ook soos hul­le breed te kan smi­le en nie net te bid dat pay­day in Ja­nu­a­rie moet aan­breek nie!

KENNER GEE RAAD

Dit blyk of baie van ons oor die fees­tyd al ons goeie voor­ne­mens om spaar­sa­mig met ons geld te werk, so­dat ons nie met leë han­de sit in Ja­nu­a­rie nie, oor­boord gooi so­dra ons die Kers­mu­siek in die win­kels hoor en al die spe­ci­als sien. Daar­om wou ons by ’n kenner weet wat pre­sies in ons kop­pe ge­beur en hoe dit ons fi­nan­si­ë­le ge­drag be­ïn­vloed in dié tyd.

Il­ze Al­berts, ’n ge­drags­ken­ner en wel­vaart­siel­kun­di­ge van Jo­han­nes­burg, sê teen die tyd wat die win­kels met hul ver­koops­bood­skap­pe el­ke jaar ein­de Ok­to­ber be­gin en wan­neer Black F­ri­day plaas­vind in No­vem­ber, is men­se al moeg van die jaar wat ver­by is.

“En om­dat so baie men­se dalk ’n sleg­te of te­leur­stel­len­de jaar er­vaar het, wil hul­le daar­voor op­maak by hul kin­ders of hul­self deur goed te koop om hul­self be­ter te laat voel. Dan voel baie“Ja­nu­a­rie sal vir hom­self sorg”, ver­dui­de­lik Il­ze.

“Men­se wil op­maak vir ’n per­sep­sie van dit waar­in hul­le (in ’n jaar wat ver­by is) nie goed was nie. Wan­neer jy iets koop (wat jy graag wil hê, maar nie eint­lik kan be­kos­tig nie), word die goed­voel-hor­mo­ne dop­a­mien en se­ro­to­nien af­ge­skei. Hier­die ko­pies word meest­al op im­puls ge­doen en kom Ja­nu­a­rie is daar hier­die ver­skrik­li­ke uit­ga­wes (vir skool­be­no­dig­he­de by­voor­beeld), wat de­pres­sie en span­ning ver­oor­saak,”voeg Il­ze by.

Haar ad­vies om die­self­de geld­pro­ble­me vol­gen­de jaar hier­die tyd te ver­my, is om hier­die Ja­nu­a­rie al te be­gin voor­sie­ning maak vir De­sem­ber deur te spaar – selfs al is dit net R100 per maand so­dat jy voor­be­reid kan wees vir De­sem­ber en dan met daar­die be­gro­ting te werk.

Daar ís ma­nie­re om die fees­sei­soen en Ja­nu-wor­ry te oor­leef, maar dan moet jy be­plan en jou geld met re­spek be­gin be­han­del. En na­tuur­lik bie­tjie sny op die gam­mons en hal­we lam­me!

46

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.