Ko­me­di­ant Trevor No­ah deel sy hart en siel in sy eer­ste boek

Van ’n seun­tjie uit So­we­to in die a­part­heids­ja­re tot ’n skreeu­snaak­se ko­me­di­ant tot die aan­bie­der van ’n A­me­ri­kaan­se TV show. Trevor No­ah het be­slis ver ge­kom. Maar nou ont­bloot hy ook sy siel aan ons met sy eer­ste boek.

Kuier - - Inhoud - DEUR ERNUSTA MARALACK

My mot­her’s gre­a­test fe­ar was that I would . . . get trap­ped by the cy­cle of po­ver­ty and vi­o­len­ce that ca­me be­fo­re me. She had al­ways pro­mi­sed me that I would be the one to bre­ak that cy­cle. I would be the one to mo­ve for­ward and not back. Uit: Born A C­ri­me and Ot­her S­to­ries

Nes jy dink Trevor No­ah het die hoog­ste trap­pie op sy suk­ses­leer be­reik, doen hy ’n on­der­houd met die uit­tre­den­de A­me­ri­kaan­se pres. Ba­rack O­ba­ma en voeg hy“skry­wer”by sy lang lys van pres­ta­sies met die be­kend­stel­ling van sy boek, Born A C­ri­me and Ot­her S­to­ries.

Al­mal praat van 2016 as ’n nag­mer­rie­jaar, maar nie Trevor nie. Sy boek het bin­ne we­ke ná die be­kend­stel­ling daar­van die New York Ti­mes se top­ver­ko­per­lys ge­haal.

So 2016 was ’n baie goeie jaar vir dié 32-ja­ri­ge Suid-A­fri­kaan­se ko­me­di­ant, wat nou ook ’n groot ster in A­me­ri­ka is en met A-lys ce­lebs skou­ers skuur en ge­reeld an­der Hol­ly­wood-ster­re op sy TV show The

Dai­ly Show with Trevor No­ah op Co­me­dy Cen­tral in­ter­view. Jy hoef net deur sy fo­to’s op In­sta­gram te gaan om te sien hy is op ’n an­der le­vel. Trevor ont­moet en neem fo­to’s saam met be­ken­des wie ons in ons he­le leef­tyd waar­skyn­lik net in flieks, op TV en in tyd­skrif­te sal sien. Hul­le sluit in John Le­gend, Chris­sy Tei­gen, Lu­pi­ta Nyong’o, Ro­bert de Ni­ro, Kel­ly Ro­w­land, Me­lis­sa M­cCarthy, Ed­die Murp­hy, Will S­mith, Ja­mie Foxx en so kan die lys aan­gaan.

On­der ge­wo­ne men­se is Trevor net so ge­wild as jy kyk na sy aan­tal vol­ge­lin­ge op so­si­a­le me­dia – op Twitter het hy teen druk­tyd 5,5 mil­joen vol­ge­lin­ge ge­had; op In­sta­gram 1,2 mil­joen en op Fa­ce­book 3,4 mil­joen li­kes. In to­taal is dit oor die 10 mil­joen!

En waar ons van bui­te af met oop mon­de in ver­won­de­ring staan oor hoe Trevor, naas C­har­li­ze T­heron, die groot­ste Suid-A­fri­kaan­se“uit­voer­pro­duk”na A­me­ri­ka is, is dit baie mak­lik om nét die glitz en gla­mour raak te sien.

Maar ons moe­nie ver­geet dat Trevor ’n towns­hip boy van So­we­to is, wat só arm was, dat hul­le in ’n sta­di­um van mo­pa­ni­wurms ge­le­we het nie; wat moes toe­kyk hoe sy ma weens do­mes­tic a­bu­se ly; en ’n jong seun wat in die ge­paard­gaan­de ge­weld van die a­part­heids­e­ra en ’n on­reg­ver­di­ge pa­tri­ar­ga­le sa­me­le­wing sy weg moes vind so­dat hy nie ver­bit­terd en ge­wel­da­dig an­der­kant uit­kom nie.

BOEK NIE OOR ROEM

So as jy ver­wag het dat Trevor se boek oor die glitz en gla­mour van sy le­we gaan en jy reg­deur gaan lag, gaan dit jou ver­ras. Teen druk­tyd het ek nog net be­gin lees aan die boek, maar het die laas­te hoof­stuk oor sy ma, Pa­tri­cia Nom­buyi­se­lo No­ah, klaar­ge­lees. Uit dié blad­sye waar­van ek el­ke woord ver­slind het, is een ding dui­de­lik – hier­die boek, wat Trevor aan sy ma op­dra, het niks met roem te doen nie.

Dit het te ma­ke met sy le­we en hoe hy groot­ge­word het in a­part­heid-Suid-A­fri­ka, waar sy blo­te be­staan ’n be­wys was van sy ou­ers – ’n X­ho­sa-vrou en S­wit­sers-Duit­se pa – se oot­re­ding van die des­tyd­se Im­mo­ra­li­ty Act (On­tug­wet) waar­voor hul­le kon tronk toe gaan. Voorts ver­tel Trevor se boek die ver­haal van ’n on­ge­loof­li­ke sterk en ge­loof­vas­te vrou, wat haar kin­ders let­ter­lik met haar le­we be­skerm het en wat haar nie laat voor­sê het deur ’n (a­part­heid) stel­sel en pa­tri­ar­ga­le sa­me­le­wing wat haar pro­beer on­der­druk het nie.

Pa­tri­cia het ook nie haar on­blus­ba­re gees laat breek deur do­mes­tic a­bu­se nie – selfs nie eens toe haar eks­man (Trevor se stief­pa) haar voor Trevor se twee jon­ger broers (die man se eie kin­ders) en an­der men­se pro­beer ver­moor het nie.

In sy stand-up shows het Trevor al gek ge­skeer hier­oor, maar in sy boek, waar­in hy sy le­wens­ver­haal op ’n on­pre­ten­si­eu­se ma­nier deel, is die trau­ma wat hy al in sy le­we be­leef het, al­les­be­hal­we ’n lag­saak. Dis eint­lik baie hart­seer.

Weens ko­pie­reg mag ons nie groot de­le van die boek aan­haal nie, maar met die ver­gun­ning van Pan Ma­cmil­lan

South A­fri­ca wat Born A C­ri­me and Ot­her

S­to­ries in Suid-A­fri­ka uit­gee, haal ons die vol­gen­de oor die skiet­voor­val, wat am­per sy ma se le­we ge­ëis het, uit die boek aan.

Dit was in die oom­blik­ke na­dat Trevor se broer (Andrew) hom ver­tel het sy ma is in die kop ook ge­skiet: “She was my mom. She was my te­am-ma­te. It had al­ways been me and her to­get­her, me and her a­gainst the wor­ld. W­hen Andrew said ‘shot her in the he­ad’, I bro­ke in two.”

Hier­die is een voor­beeld van hoe Trevor in sy boek nie bang is om sy kwes­baar­heid, vre­se, vreug­des, haat en an­der e­mo­sies van daar­die tyd met die le­ser te deel nie en jy her­leef el­ke pyn­li­ke en span­nings­vol­le oom­blik saam met hom.

SY MA, SY HELDIN

Maar Trevor kon dit al­les neer­pen en deel om­dat sy ma hom van jongs af ge­leer het om“deur die pyn te lag”en om­dat sy hom die man ge­maak het wat hy van­dag is.

En waar ons van­dag stom­ge­slaan is oor Trevor se suk­ses, het sy ma hom baie lank ge­le­de reeds be­lo­we sy le­we gaan heel­te­mal an­ders wees as die een wat sy ge­ken het en die een waar­aan hy ge­woond was.

Pa­tri­cia No­ah was ’n bid­den­de vrou en Trevor (en haar an­der kin­ders) ’n se­ë­ning van die Man van Bo af. Trevor ver­tel sy ma het al­tyd ge­glo“as God vir my is, wie kan teen my wees”en dis met dié ge­loof dat sy al­tyd op ’n ma­nier die odds oor­kom het. Sy het ook al­tyd ’n groot vi­sie ge­had vir Trevor se toe­koms waar­in sy vas ge­glo het.

Ten spy­te van sy veel­ei­sen­de pro­gram wat on­der­hou­de met van ’n pre­si­dent tot ce­lebs in­sluit, het Trevor tyd af­ge­knyp vir

Kui­er om oor sy boek te ge­sels. Hy sê hy voel die boek kon in e­ni­ge sta­di­um uit­kom en dit sou steeds op die reg­te tyd wees.

“Ek dink die ge­sprek­ke wat ons het, sal al­tyd op die reg­te tyd wees om­dat ons (wel) daar­die ge­sprek­ke het. Ek wou dit (my sto­rie) deel vir ver­skeie re­des, selfs oor die gren­se van ras. Ek wou praat oor do­mes­tic a­bu­se en om groot te word in ’n pa­tri­ar­ga­le sa­me­le­wing waar my ma ver­skeie ke­re met haar rug teen die muur ge­staan het. Ek wou die s­to­ries deel van hoe sy teen die stroom ge­gaan het en ’n stel­sel uit­ge­tart het wat ont­werp was om haar te on­der­druk.”

Dis al waar­voor daar tyd was, maar dis dui­de­lik ’n an­der Trevor as die grap­jas wat hier aan die woord is. Hy wil ’n bood­skap deel met ons, die men­se met wie hy ’n ge­skie­de­nis deel. Dis am­per as­of hy wil sê dis nie net sy sto­rie nie, dis óns sto­rie.

“Ek kan net hoop dat men­se kan re­la­te met die sto­rie; dit is hoe­kom ek dit op die mees eg­te ma­nier ge­skryf het so­dat men­se die­self­de din­ge kan voel wat ek in die boek voel. Mis­kien is daar oom­blik­ke wat ons as men­se kan deel.

“Dit is nie ’n ce­le­bri­ty-boek nie; dit het niks te doen met roem of waar ek in die wê­reld is nie. Dis net ’n boek oor ’n ma en ’n seun en ’n sto­rie van groot­word in SuidA­fri­ka,”het Trevor ein­de ver­le­de jaar in ’n on­der­houd aan Eu­se­bi­us M­cKai­ser op die ra­di­o­sta­sie 702 ge­sê.

LAAS­TE GE­DAG­TES

In my ses jaar by Kui­er waar­in ons ui­ter­se e­mo­si­o­ne­le s­to­ries deel, weet ek dit vat ’n an­der ti­pe guts om jou diep­ste e­mo­sies só bloot te lê vir an­der om daar­mee te maak wat hul­le wil. So nou, meer as vir die hoog­tes wat Trevor in sy pro­fes­si­o­ne­le loop­baan be­reik, re­spek­teer ek hom selfs meer vir hoe be­reid­wil­lig hy was om hom­self naak te s­troop voor e­nig­een wat sy boek op­tel en lees. Wat Trevor se sto­rie ons ook leer, is dat daar meer aan hom is as net die grap­pe wat hy ver­tel of die in-diep­te ge­sprek­ke wat hy kan voer oor die stand van die wê­reld en ak­tu­e­le kwes­sies wat ons al­mal raak. Want ons al­mal het ’n sto­rie en on­ge­ag hoe hart­seer en vol seer­kry dit dalk mag wees, be­rus die keu­se by jou of jy die si­klus gaan breek of dit gaan voort­sit. Hy gee ons hoop en daar­voor sa­lu­eer ons hom. Op Trevor!

BO: Trevor is nou al heel tuis in die stra­te van A­me­ri­ka. REGS: Trevor is se­dert Maart 2015 die aan­bie­der van The Dai­ly Show

with Trevor No­ah op Co­me­dy Cen­tral.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.