S­mul­lek­ker­re­sep­te bin­ne jou be­gro­ting

Die tyd van ta­fels wat kreun on­der fees­maal­tye is ver­by, maar met dié goed­koop resepte wat steeds smul­lek­ker is, kan jy jou beur­sie ’n bie­tjie a­sem laat skep.

Kuier - - Inhoud - Deur Ka­ren Hart

BROCCOLI-PAS­TA Ge­noeg vir 6 BE­STAND­DE­LE

4 eet­le­pels o­lie 3 mol­li­ge knof­fel­toon­tjies, ge­kneus en fyn­ge­kap ½ kop­pie vars brood­krum­mels ¼ tee­le­pel ris­sie­vlok­kies 1 eet­le­pel sout 500 g ma­ca­ro­ni 1 groot kop broccoli, in klein blom­me­tjies ge­breek (on­ge­veer 4 kop­pies blom­me­tjies) ¼ kop­pie hoen­der­af­trek­sel Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak

METODE

Ver­hit die o­lie in ’n pan en braai die knof­fel lig­gies daar­in. (Moe­nie dat die knof­fel bruin word of ver­brand nie. Dit moet so ’n lig­goud kleur wees.) Voeg die brood­krum­mels en ris­sie­vlok­kies by en braai tot die brood­krum­mels bros en goud­bruin is. Hou een­kant. Maak ’n pot vol wa­ter en voeg die eet­le­pel sout by. Bring tot kook­punt en kook die ma­ca­ro­ni daar­in vol­gens die in­struk­sies op die pak­kie. Wag tot on­ge­veer 3 mi­nu­te voor die ein­de van die kook­tyd van die pas­ta en voeg die broccoli by en kook saam vir die oor­bly­wen­de tyd. Drei­neer en giet in ’n op­dien­bak. Roer die af­trek­sel en die krum­mel­meng­sel deur en be­dien on­mid­del­lik.

WENK: Vir va­ri­a­sie kan jy 1 blik (425 g) chick­pe­as (ke­ker­ert­jies), af­ge­spoel en ge­drei­neer met die pas­ta en broccoli meng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.