Ou­ma van vier ver­werf dok­tors­graad by Ma­ties op ses­tig

Weens om­stan­dig­he­de by die huis, kon sy nie ma­triek klaar­maak nie. Maar van­dag het dié ou­ma ’n dok­tors­graad ag­ter haar naam. Dis ’n be­wys dat jy nooit te oud is om te leer nie.

Kuier - - Inhoud - DEUR Tarren-Lee Habelgaarn

Toe sy op 15 die skool moes ver­laat weens om­stan­dig­he­de by die huis, was Na­z­li Do­min­go-Sa­lie se groot­ste be­geer­te om een­dag net haar ma­triek­ser­ti­fi­kaat te ver­werf. Maar by­na 40 jaar la­ter het Na­z­li van Retre­at in die Kaap, haar wild­ste dro­me oor­tref en nie net ma­triek ge­maak nie, maar op 60 haar dok­tors­graad in Op­voed­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch be­haal.

Haar ou­ers kon haar nie die ge­leent­heid gun om haar skool­op­lei­ding te vol­tooi nie, maar sy was vas­be­slo­te om nooit op te hou leer nie.“As ’n jong mei­sie het ek net oor ma­triek ge­droom. Ek het nooit ge­droom dat ek een­dag u­ni­ver­si­teit toe sou kan gaan of ’n dok­tors­graad sou kon ver­werf nie. Son­der die on­der­steu­ning van my man wat met die huis­hou­ding ge­help het en my kin­ders wat on­af­hank­lik was toe ek nie in staat was om my vol­le aan­dag aan hul­le te kan gee nie, sou ek be­slis min­der be­reik het.”

Ná skool het sy (son­der ma­triek) by die on­der­wys­kol­le­ge aan­ge­sluit waar sy ’n ser­ti­fi­kaat in on­der­wys vol­tooi het – wat jy des­tyds kon doen. Sy moes toe op 17 voor haar eie klas staan en be­gin les gee.

wou al­tyd meer leer

Na­z­li ver­tel sy het eg­ter nooit ge­voel sy het ge­noeg on­der­vin­ding ge­had om kin­ders te leer, son­der die op­voe­ding waar­na sy self ge­smag het nie.

Sy het eers op die ou­der­dom van 23, ná die ge­boor­te van haar eer­ste­ling, daad­werk­lik met haar stu­dies be­gin.

“Ek het ge­spaar en on­mid­del­lik ná die ge­boor­te van my eer­ste kind vir my ma­triek­ser­ti­fi­kaat be­gin leer.”

Na­z­li sê sy het nog al­tyd die be­hoef­te ge­had om meer er­va­ring en ken­nis op te doen om haar ken­nis op die ge­bied van on­der­wys te ver­be­ter en het ge­weet sy sou nooit ge­luk­kig wees son­der om haar eie ho­ri­son­ne te ver­breed nie.

“Ek het be­sluit om voort te gaan met my stu­dies en het in­ge­skryf om deel­tyds my ma­triek­ser­ti­fi­kaat te vol­tooi. Dit het my drie jaar ge­vat om­dat ek ook in daar­die tyd ge­trou en met ’n ge­sin be­gin het.

HOOFFOTO: Na­z­li Do­min­go-Sa­lie (60) van Retre­at in die Kaap, was vas­be­slo­te om iets ag­ter haar naam te kry. Haar lus vir leer was on­blus­baar en nou is sy dok­tor Na­z­li (in­las bo) na­dat sy aan Ma­ties graad ge­vang het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.