Raad om vroeg al ’n be­roep te kies

Dis nooit te laat om ’n loop­baan te kies of om van een te ver­an­der nie. Maar hoe vroe­ër jy kies, hoe be­ter.

Kuier - - Inhoud - Deur Ro­we­na Hen­dricks

as ou­er is dit jou taak om jou kind die no­di­ge lei­ding en on­der­steu­ning te bied om hul­le op die reg­te le­wens­pad te hou so­dat hul­le suk­ses in die le­we be­haal. Jy moet daar wees met raad en wy­se woor­de wan­neer hul­le groot be­slui­te neem soos oor by­voor­beeld ’n le­wens­maat of loop­baan­keu­se. Jy is ook in die bes­te po­si­sie om te ad­vi­seer, want jy ken jou kind die bes­te en die lang­ste – se­dert hul­le hul eer­ste a­sem­teug ge­gee het!

Jy weet waar­van sy hou en nie hou nie, wat haar ge­luk­kig maak, as­ook haar ver­moë en wat haar mo­ti­veer om suk­ses in die le­we te wil be­haal.

Nes die reg­te le­wens­maat, is die reg­te loop­baan ook ui­ters be­lang­rik, want ons span­deer ’n groot deel van ons le­we by die werk en as jy on­ge­luk­kig is in jou werk, kan dit ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op al­le as­pek­te van jou le­we hê. As jou kind vroeg reeds weet en be­sluit het wat sy een­dag wil word, is dit goed en wel, want dan het jy nog baie tyd om die reg­te stap­pe te volg om al­les in plek te kry en haar te help om haar groot droom of doel te be­reik.

Maar soms is jou kind on­se­ker en gaan swot hul­le iets net om­dat jy as ou­er sê hul­le moet – nie om­dat jy haar wil for­seer nie, maar om­dat jy lief is vir haar en wil hê sy moet iets in die le­we be­reik en op haar eie voe­te kan staan. Waar die kin­ders on­se­ker is, is dit dus be­lang­rik dat ou­ers ob­jek­tie­we lei­ding gee so­dat hul kin­ders loop­baan­keu­ses vir hul­self en nie vir die ou­er maak nie. Gee haar in­lig­ting oor moont­li­ke werks­ge­leent­he­de, laat haar dink oor haar per­soon­li­ke doel­wit­te van wat sy een­dag wil be­reik of raad­pleeg ken­ners (soos aan­leg­toet­se) en ont­hou dis ook ou­kei om nie op ’n jong ou­der­dom pre­sies te weet wat jy wil doen nie – som­mi­ge men­se vind eers la­ter in die le­we hul roe­ping.

Le­zahn S­teen­kamp (30) van Rait­hby bui­te So­mer­set-Wes, sê sy het pre­sies ge­weet wat sy een­dag wil word. Sy het daar­om vroeg reeds be­gin na­vor­sing doen oor ’n moont­li­ke loop­baan as re­ken­mees­ter en het ook vroeg die reg­te vak­ke soos wis­kun­de en re­ke­ning­kun­de op skool ge­kies. Sy het ’n hon­neurs­graad in re­ke­ning­kun­de vol­tooi en is van­dag ’n ge­kwa­li­fi­seer­de re­ken­mees­ter.

Maar vir Gar­rith Hen­dricks (34) van die Strand was dié keu­se nie so mak­lik nie. Hoe­wel sy ou­ers hom nog al­tyd on­der­steun het, het hy eers sy pas­sie vir mu­siek vir by­na ’n de­ka­de ná ma­triek uit­ge­leef tot­dat hy uit­ein­de­lik be­sluit het hy wil ’n on­der­wy­ser word.

Hy sê dit was vir hom nog­al in­ti­mi­da­ting om klas te loop saam met men­se wat heel­wat jon­ger as hy was. Hy het eers vier jaar ge­le­de aan­ge­meld as eer­ste­jaar-

on­der­wys­stu­dent by Ma­ties op S­tel­len­bosch. Hy het ein­de ver­le­de jaar graad ge­vang.

Volg jou pas­sie

“So, op 30 het ek toe be­sluit om on­der­wys te gaan swot. My ma se ge-nag om ’n back-up te kry, het ’n groot rol hier­in ge­speel. Maar ek het op on­der­wys be­sluit om­dat ek ná al my ex­pe­rien­ces be­sef het ek het reg­tig ’n lief­de en pas­sie vir on­der­wys; om men­se te em­po­wer. En ek wou reg­tig nie net iets (’n kwa­li­fi­ka­sie) hê of net iets gaan swot om­dat my ou­ers ge­sê het ek moet gaan swot nie. Dit moes deel uit­maak van my pas­sie vir men­se, mu­siek én die le­we. Soos ek oor die af­ge­lo­pe vier jaar ge­swot het, het my lief­de vir on­der­wys ál gro­ter ge­word!”

Gar­rith sê hy het glad nie des­tyds on­der­wys as loop­baan oor­weeg of selfs daar­aan ge­dink nie.“Ek het my­self oor die ja­re leer ken en ek weet wat ek nou wil doen. Maar daar was baie uit­da­gings langs die pad. Ek moes baie uit­hou­ver­moë hê en aan­hou en uit­hou, want al­mal om my het al vroeg be­sluit wat hul­le wou doen en werk al ’n aan­tal ja­re en ver­dien ’n vas­te in­kom­ste.

“Maar ek dink dis goed dat ek my­self eers leer ken het oor die ja­re en deur my li­fe ex­pe­rien­ces tot dus­ver. Dit het lank ge­vat – 16 jaar! Maar ek is bly ek het ge­wag en eers uit­ge-fi­gu­re wat ek in die le­we wil doen, want nou kan ek ook my li­fe ex­pe­rien­ces in my on­der­wys­loop­baan ap­ply,” sê Gar­rith.

Michelle Duraan, ’n loop­b­aan­kon­sul­tant van Kaap­stad, meen elk­een be­sluit oor ’n moont­li­ke loop­baan in ver­skil­len­de sta­di­ums van hul le­we; som­mi­ge be­sluit vroeg al, an­der eers la­ter.

Michelle sê hoe­wel dit soms moei­lik is om reeds op skool te be­sluit wat­ter loop­baan­keu­se om te maak, is dit be­lang­rik om ’n be­gin­punt te hê.

“Ek sê nie jy moet jou he­le le­we voor­uit be­plan nie, want dik­wels werk ons loop­baan­plan­ne nie pre­sies uit soos wat ons dit en­vi­si­on het toe ons op ho­ër­skool was nie. Maar dis be­lang­rik om ten min­ste oor din­ge te dink, ter­wyl jy nog op skool is.”

As jou kind van­jaar in graad 9 is, sal jul­le al moet be­gin be­sin oor vak­keu­ses, want daar word van hul­le ver­wag om min­stens se­we vak­ke aan te dui vir hul vak­pak­ket vir graad 10 en dit is be­lang­rik dat jul­le na­vor­sing doen so­dat sy reg kies en nie vak­ke kies wat moont­li­ke be­roe­pe vir haar in die toe­koms uit­sluit nie.

By­voor­beeld, dit gaan moei­li­ker vir jou kind wees om ’n dok­ter te word as sy nie fi­sie­se we­ten­skap kies nie.

Michelle meen dis wys, ter­wyl jy nog op skool is, om pro­fes­si­o­ne­le lei­ding te kry wat ’n loop­baan­keu­se be­tref so­dat jy die reg­te be­slui­te kan neem vir jou toe­koms, want dit is im­mers ’n groot be­sluit wat jou en jou geliefdes se he­le le­we raak.

Sy sê dis daar­om be­lang­rik vir jong­men­se om ’n kom­bi­na­sie van fak­to­re in ge­dag­te te hou wan­neer hul­le ’n loop­baan­keu­se moet maak: Wat­ter ti­pe per­soon­lik­heid jy het; wat jou be­lang­stel­lings is; wat in ’n loop­baan vir jou be­lang­rik is (soos by­voor­beeld om baie geld te maak, of om vir ’n groot of uit­ge­brei­de ge­sin te kan sorg); wat jou na­tuur­li­ke ta­len­te is; en of jy fi­sies die werk wil doen.

BO: Gr. 9-leer­ders moet van­jaar min­stens se­we vak­ke aan­dui vir hul vak­pak­ket vir graad 10.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.