HOOFKOS: Kook só jou pad oop na ’n ge­lief­de se hart

Be­derf jou maat dié Va­len­tyns­dag met ’n me­nu prop­vol smul­lek­ker ge­reg­te wat sy lief­de vir jou sal aan­vuur.

Kuier - - Inhound - Deur Sa­man­tha Lie­de­man

PRAWNS IN ’N ROOMSOUS Ge­noeg vir 2 BESTANDDELE

400 g prawns (gar­na­le), ont­vries en derm­pie ver­wy­der 1 tee­le­pel sout Vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 2 eet­le­pels ge­sou­te bot­ter 1 ui, fyn­ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, ge­ras­per ½ tee­le­pel pa­pri­ka ¼ tee­le­pel ge­droog­de ris­sie­vlok­kies 1 tee­le­pel suur­le­moen­skil, ge­ras­per Sap van ½ suur­le­moen ½ kop­pie room ’n Hand­vol vars pie­ter­sie­lie, ge­kap

METODE

Meng die sout, pe­per, knof­fel, pa­pri­ka, ris­sie­vlok­kies en suur­le­moen­skil saam. Sprin­kel dié spe­se­ry­meng­sel oor die prawns en voeg die suur­le­moen­sap by. Meng goed deur en laat staan vir on­ge­veer 30 mi­nu­te. Ver­hit ’n groot pan en smelt die bot­ter daar­in. Braai die ui oor ma­ti­ge hit­te tot sag. Voeg nou die prawns by en braai oor hoë hit­te tot gaar. Voeg die room by en prut vir nog so 2 – 3 mi­nu­te tot die sous ver­dik. Geur met nog sout in­dien no­dig en gar­neer met pie­ter­sie­lie. Be­dien dit net so of op gaar spag­het­ti.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.