SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Ek stap in die win­kel met ’n R20 en wil graag vir my ’n tyd­skrif koop vir my lees ther­a­py. Al­les is so duur en ek pay eers die ein­de van die maand, maar toe sien ek die prys van die Kui­er: Slegs R13,50. Ek stap da­de­lik toon­bank toe en be­taal met ’n glim­lag. Nou jaag ek huis toe en ont­dek dié waar­de­vol­le goed­koop tyd­skrif! Ek ge­niet Kui­er so baie en dit sal nou deel wees van my le­we vir e­wig. Baie dan­kie dat jul­le ook in my huis“kui­er”. FAHMA A­DAMS, MITCHELLS PLAIN

Wie wor­ry nou nog oor Ja­nu­a­rie? (Ge

wor­ry oor Ja­nu­a­rie, 25 Ja­nu­a­rie 2017). Ek’t lank­al ge­leer om te be­plan en te spaar. My kin­ders is groot en moet leer om na hul­self om te sien al bly hul­le nog on­der my dak. Ek koop dwars­deur die jaar spe­ci­als en stock dit op en koop dan net die no­di­ge vlei­se. En as jy luxu­ries soek, koop jou eie. ROMA BAILEY, MACASSAR

Ek het ’n baie duur stryk­ys­ter net voor Kers­fees ge­koop. Om­dat ek ge­neig is om al­e­wig goed­koop ys­ters te koop, was ek baie trots op dié duur een, want die vo­ri­ges het al­mal be­wys dat goed­koop koop, duur koop, is. Tot my te­leur­stel­ling merk ek la­ter op dat die ys­ter se op­per­vlak aan­ge­brand het. Toe ont­hou ek die wenk in

Kui­er en dit het ge­werk soos ’n bom. Baie dan­kie daar­voor, want ek het am­per weer tou op­ge­gooi.

Kui­er is die bes­te. MARION DE VIL­LIERS, KENSINGTON

Ek wil net ’n kort ge­bed vir Ian doen (Kan­ker keer nie dié klong, 25 Ja­nu­a­rie 2017). Lie­we Va­der, ek kom nou na U toe in U naam, He­re om Ian se le­we te spaar. Om die kwaad wat be­sig is om sy le­we te wil ver­woes, te ver­nie­tig. My God, ek pleit by U vir sy le­we, sy ge­sond­heid en sterk­te vir sy ou­ers. In die naam van Je­sus. A­men AMY MARSH, HANKEY

Die ge­bed,“’n Skoon blad­sy” (25 Ja­nu­a­rie 2017), gaan ek beslis ’n al­bum van

maak. As­ook die een in die De­sem­ber-uit­ga­we (Ver­ge­we jou vy­an­de, 14 De­sem­ber 2016). Baie dan­kie ook vir die Bood­skap op bl. 8 (Ver­trou God in die nu­we jaar,

25 Ja­nu­a­rie 2017). Dis ’n baie ver­ry­ken­de, tref­fen­de, in­sig­ge­wen­de ar­ti­kel; voed­sel vir die siel en hoop vir die toe­koms wat soms so duis­ter lyk. Ek ver­trou dat daar nog baie hier­van in die vol­gen­de uit­ga­wes gaan volg, want ons het dit so no­dig! Dan­kie

Kui­er dat jul­le my le­we ver­ryk met sul­ke prag­ti­ge ge­be­de. Dan­kie dat jul­le my weer na­der bring aan my S­kep­per, Sy Woord en Sy be­lof­tes. HELEEN DIPPENAAR, K­WAZU­LU-NA­TAL

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.