GEVULDE SAMPIOENE

Kuier - - Kook Met -

Ge­noeg vir 2

BESTANDDELE

250 g gro­te­ri­ge bruin sampioene 1 ui, fyn­ge­kap 1 eet­le­pel o­lyf­o­lie 1 eet­le­pel knof­fel­bot­ter ½ tee­le­pel sout Vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 1 tee­le­pel vars tie­mie, ge­kap 2 eet­le­pels ja­la­peños, ge­kap ½ kop­pie brood­krum­mels ¼ kop­pie pe­co­ri­nok­aas, ge­ras­per Ek­stra o­lyf­o­lie vir smeer Ge­kap­te pie­ter­sie­lie of spriet­uie vir gar­ne­ring

METODE

Vee die sampioene deeg­lik af met pa­pier­hand­doek. Ver­wy­der die stin­gels ver­sig­tig en hou dit een­kant. Pak die sampioene op ’n ge­smeer­de bak­plaat met die hol­tes na bo. Verf die kan­te van die sampioene lig­gies met ’n bie­tjie o­lyf­o­lie. Kap nou die stin­gel­tjies lig­gies en braai saam met die uie in die o­lyf-o­lie en knof­fel­bot­ter. (Die knof­fel­bot­ter gee die geur en die o­lyf­o­lie ver­hoed dat dit bruin brand.) Voeg die tie­mie, ja­la­peños en brood­krum­mels by en geur met sout en pe­per. Skep nou le­pels­vol van die meng­sel in die hol­te van el­ke sam­pi­oen. Be­sprin­kel met kaas. Bak by 190°C vir 15 – 20 mi­nu­te. Gar­neer met pie­ter­sie­lie of spriet­uie. Be­dien warm of teen ka­mer­tem­pe­ra­tuur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.