GEROOSTERDE STEAK MET SJOKOLADE-ROOIWYNSOUS

Kuier - - In Die Kumbuis -

Ge­noeg vir 2 BESTANDDELE

2 x 200 g ste­aks; rump of si­r­loin, wat jy ook al ver­kies O­lyf­o­lie om die ste­aks te smeer ’n K­nip­pie sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per na smaak 2 eet­le­pels vars tie­mie­blaar­tjies, ge­kap 1 eet­le­pel ge­sou­te bot­ter ’n Hand­vol sampioene, ge­sny 1 kop­pie rooi­wyn ½ kop­pie don­ker­sjo­ko­la­de, ge­kap

METODE

Bring die steak tot ka­mer­tem­pe­ra­tuur. Smeer met o­lyf­o­lie en geur met sout en pe­per. S­prei die tie­mie op ’n bord en rol die ste­aks daar­in. Ver­hit ’n kleef­vrye pan tot vuur­warm en braai die steak eer­ste met die vet­rand­jie na on­der. Sit al­bei ste­aks teen me­kaar en hou dit ste­wig vas met ’n braai­tang. Braai tot­dat die vet­jie lek­ker bros is. Sit nou die ste­aks plat langs me­kaar in die pan. Braai tot goud­bruin aan die een­kant, draai om en doen die­self­de. (Me­di­um-gaar steak is al­tyd lek­ker, maar as jy dit goed gaar ver­kies, braai dit ’n bie­tjie lan­ger tot jou ver­lang­de graad van gaar­heid.) Skep die steak uit op ’n plank om te rus. Braai nou die sampioene in die­self­de pan tot gaar. Skep uit en hou een­kant. Gooi die rooi­wyn in die pan (degla­ze). Voeg die bot­ter en sjokolade by en roer met ’n hout­le­pel tot glad en die sjokolade ge­smelt is. Sny die steak in sky­we, be­druip met die sjo­ko­la­de­sous en skep sampioene langs­aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.