GEVULDE HOENDERBORSIE-VER­RAS­SING

Kuier - - In Die Kumbuis -

Ge­noeg vir 2 BESTANDDELE

2 hoen­der­bors-fi­let­te ½ sir­kel ca­mem­bert­kaas 1 groot in­ge­leg­de groen­vy, in dun sky­fies ge­sny Sout en pe­per na smaak 1 eet­le­pel o­lyf­o­lie 6 re­pies stre­pie­spek (st­re­a­ky ba­con) met baie vet 2 tak­kies vars tie­mie

METODE

Sny ’n keep langs die kant van die hoenderborsie in die leng­te, om ’n hol­te (poc­ket) te vorm. Smeer die bor­sies met o­lyf­o­lie en geur met sout en pe­per. Sny die kaas in sky­we en ver­deel in 2 e­we­re­di­ge ho­pies. Vul die hoen­der se hol­te met die kaas, tie­mie en vye. Draai nou el­ke bor­sie ste­wig toe in 3 re­pies spek. Ver­hit ’n kleef­vrye pan oor hoë hit­te. Plaas die twee bor­sies in die pan en ver­bruin die spek goed. Draai om en doen die­self­de met die an­der­kant. Bak ver­der in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C vir 10 – 15 mi­nu­te. Die hoen­der moet net-gaar, maar nie droog wees nie. Laat rus vir 5 mi­nu­te en sny dan in sky­fies. Be­dien met slaai of groen­te. Die gevulde bor­sies kan ook heel be­dien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.