NUWERWETSE BANANA SPLIT

Kuier - - In Die Kumbuis -

Ge­noeg vir 2 BESTANDDELE Vir die pie­sang-na­ge­reg

2 pie­sangs, di­a­go­naal in sky­we ge­sny 4 eet­le­pels (scoops) va­nil­la-room­ys ½ kop­pie neu­te van jou keu­se, ge­kap Klaar­be­rei­de sjo­ko­la­de­sous, so­veel soos jy ver­kies Spuit­room 2 wa­fers Glans­ker­sies vir ver­sie­ring Mint­bla­re vir gar­ne­ring

Vir die ka­ra­mel­sous

½ kop­pie strooi­sui­ker 2 eet­le­pels gou­e­stroop 2 eet­le­pels bot­ter ¼ kop­pie room 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce

METODE

Pie­sang-na­ge­reg: Neem 2 na­ge­reg­gla­se. Sny die pie­sangs en plaas aan die bin­ne­kant van die gla­se. Be­druip met sjo­ko­la­de­sous. Skep nou 2 scoops room­ys in el­ke glas. Spuit mil­de­lik met room. Be­druip weer met sjokolade en ka­ra­mel­sous (sien on­der). Sprin­kel met neu­te en ver­sier met ’n ker­sie. Steek dan die wa­fer langs die kant in, gar­neer met mint­bla­re en be­dien da­de­lik.

Ka­ra­mel­sous: Plaas die strooi­sui­ker, stroop en bot­ter saam in ’n pot­jie. Bring tot kook­punt en roer tot­dat al die sui­ker op­ge­los is. Kook saam vir ’n paar mi­nu­te tot­dat dit ’n goue kleur kry. Ver­wy­der van die plaat en roer die room en va­nil­la es­sen­ce by. Laat ef­fens af­koel voor­dat jy dit oor die pie­sang-na­ge­reg strooi. Dié sous is ook baie lek­ker op room­ys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.