KAAS-EN-CHUTNEY MUFFINS

Ge­noeg vir 24 mi­ni-muffins

Kuier - - In Die Kombuis -

BESTANDDELE

2 kop­pies self-rai­sing flour (bruis­meel) 1 tee­le­pel bak­poei­er ¾ kop­pie melk ½ kop­pie o­lie 2 ei­ers, lig­gies ge­klits 2/ kop­pie ched­dar­kaas, ge­ras­per Sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per 2 eet­le­pels chutney (blat­jang)

METODE

Sif die meel en bak­poei­er saam in ’n meng­bak. Meng die melk, o­lie en ei­ers in ’n an­der bak en giet by die droë bestanddele. Voeg die kaas by en geur met sout en pe­per. Meng lig­gies tot net-net ge­meng. Skep die meng­sel in ge­smeer­de mi­ni-muf­fin­pan­ne­tjies tot elke gaat­jie on­ge­veer ¾ ge­vul is. Ver­deel die chutney in k­lein skep­pies bo-op die meng­sel in elke gaat­jie en ge­bruik ’n tan­de­stok­kie om dit deur die deeg­meng­sel te roer. Bak vir on­ge­veer 10 – 15 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 190°C. Keer uit op ’n draad­rak om af te koel.

WENK:

Die groot ge­heim van muffins is om ver­sig­tig te meng so­dat jy dit nie dood­roer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.