KLAPPERKONFYTVIERKANTE

Maak 20 vier­kan­te

Kuier - - In Die Kombuis -

BESTANDDELE

1 kop­pie koek­meel ½ kop­pie self-rai­sing flour (bruis­meel) 150 g bot­ter ½ kop­pie ver­sier­sui­ker 1 ei­er­geel ½ kop­pie aar­bei­kon­fyt ½ kop­pie strooi­sui­ker 3 ei­ers 3 kop­pies klap­per

METODE

Meng die twee me­le, bot­ter en ver­sier­sui­ker saam tot jy ’n krum­mel­ri­ge meng­sel het. Voeg die ei­er­geel by en meng tot­dat dit ’n sag­te deeg vorm. Druk die deeg e­we­re­dig vas op die bo­dem van ’n ge­smeer­de 23 cm vier­kan­ti­ge pan wat met 2 stro­ke bak­pa­pier ge­voer is. Sorg dat die pa­pier oor die kan­te hang. Plaas vir 10 mi­nu­te in die ys­kas en bak vir 15 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C. Laat ef­fens af­koel en smeer die kon­fyt in ’n e­we­re­di­ge la­gie bo-oor. Meng die strooi­sui­ker, klap­per en ei­ers en skep op die kon­fyt­laag. Bak vir 25 – 30 mi­nu­te of tot die bo­laag ’n mooi goue kleur het teen die­self­de tem­pe­ra­tuur. Laat dit heel­te­mal af­koel in die pan. Ge­bruik die pa­pier­stro­ke om dit uit die pan te lig en sny in net­jie­se vier­kan­te.

WENK:

Jy kan e­ni­ge kon­fyt van jou keu­se ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.