PEPPERMINT CRISP-KAASKOEKIES

Maak on­ge­veer 12 – 16 kaaskoekies

Kuier - - In Die Kombuis -

BESTANDDELE Vir die kors

1 kop­pie sjo­ko­la­de­koe­kie­krum­mels, fyn­ge­maak 2 eet­le­pels sui­ker 4 eet­le­pels ge­smel­te bot­ter

Vir die vul­sel

½ van ’n groot (150 g) Peppermint C­ris­p­s­jo­ko­la­de, fyn­ge­kap 1 x 250 g hou­er room­kaas 1 x 250 g hou­er glad­de maas­kaas ¼ kop­pie sui­ker 2 eet­le­pels koek­meel 2 ei­er­wit­te 1 ei­er

Vir die bo­laag

1 blik­kie ka­ra­mel-kon­dens­melk ½ van ’n groot (150 g) Peppermint C­ris­p­s­jo­ko­la­de, fyn­ge­kap

METODE

Kors: Meng al die bestanddele vir die kors saam. (In­dien die meng­sel ef­fe droog is, kan jy nog ’n bie­tjie ge­smel­te bot­ter by­voeg.) Vorm ’n kol­wyn­tjie­pan met pa­pier­hou­er­tjies en skep on­ge­veer 2 tee­le­pels van die krum­mel­meng­sel in elk­een. Druk goed vas so­dat dit ’n kors vorm. Bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 170°C vir 5 mi­nu­te.

Vul­sel: Meng al die bestanddele vir die vul­sel in ’n voed­sel­ver­wer­ker en skep op die voor­be­rei­de kors­ba­sis­se. Bak in ’n voor­ver­hit­te van 170°C vir on­ge­veer 12 – 15 mi­nu­te. Laat staan in die pan­ne­tjies vir 30 mi­nu­te voor jy dit op die draad­rak uit­haal om heel­te­mal af te koel. Meng die ka­ra­mel tot glad en smeer op elke kaas­koe­kie. Sprin­kel die peppermint Crisp bo-op. Pak op ’n mooi bord en be­dien.

WENK:

Jy kan e­ni­ge sjo­ko­la­de­koe­kie fyn maak, maar ek ge­bruik die nu­we sjo­ko­la­de-en-pep­per­ment­geur Ten­nis­be­skuit­jies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.