HOENDERWAFELS

Le­wer 12 – 16 wa­fel­toe­brood­jies

Kuier - - In Die Kombuis -

BESTANDDELE Vir die hoen­der­re­pies

4 vel­lo­se en ont­been­de hoen­der­bor­sies 1 kop­pie kar­ring­melk 2 ei­er­wit­te, ge­klits 1 tee­le­pel ma­ti­ge ker­rie­poei­er 1 eet­le­pel ge­kap­te vars kol­jan­der 1 kop­pie koek­meel 1/3 kop­pie Mai­ze­na (mie­lie­blom) ½ tee­le­pel sout ¼ tee­le­pel vars­ge­maal­de swart­pe­per O­lie vir diep­braai

Vir die wa­fels

1½ kop­pie koek­meel 1 eet­le­pel bak­poei­er 1 tee­le­pel ma­ti­ge ker­rie­poei­er 300 ml melk 2 ei­ers, ge­skei 50 ml o­lie

Vir die sa­me­stel­ling

1 x 250 g hou­er room­kaas ½ van ’n gro­te­ri­ge man­go, fyn­ge­kap 1 eet­le­pel vars kol­jan­der­bla­re, fyn­ge­kap 1 tee­le­pel ma­ti­ge ker­rie­poei­er Ge­ras­per­de skil van 1 suur­le­moen

METODE

Hoen­der: Meng die kar­ring­melk met die ei­er­wit­te, ker­rie­poei­er en kol­jan­der­bla­re. Sny die hoen­der­bor­sies in re­pies en voeg by die kar­ring­melk­meng­sel. Meng goed, be­dek die bak en laat vir min­stens 30 mi­nu­te in die ys­kas rus. Meng die meel, Mai­ze­na, sout, pe­per en ker­rie­poei­er en giet op ’n vlak bord uit. Haal die hoen­der­re­pies uit die kar­ring­melk­meng­sel en rol elke re­pie in die meel­meng­sel. S­kud die oor­tol­li­ge meel af en plaas op ’n bak­plaat te­rug in die ys­kas.

Wa­fels: Sif die droë bestanddele saam. K­lits die melk, ei­er­ge­le en o­lie in ’n an­der bak­kie en giet by die droë bestanddele. Meng tot jy ’n lek­ker glad­de meng­sel het. K­lits die ei­er­wit­te styf en vou in die deeg­meng­sel. Laat een­kant staan vir 30 mi­nu­te. Ver­hit die ge­smeer­de wa­fel­pan en maak die wa­fels soos wat jy ge­woond is om te doen. As jou pan of ys­ter groot wa­fels maak, kan jy dit in die helf­te of selfs kwar­te deur­sny. Plaas die wa­fels op ’n draad­rak so­dat hul­le ef­fens kan af­koel en fer­mer raak. Ver­hit die o­lie vir

diep­braai en braai die hoen­der­re­pies in sar­sies tot goud­bruin. D­rei­neer op hand­doek­pa­pier.

Sa­me­stel­ling: Meng die room­kaas, suur­le­moen­skil en ker­rie­poei­er met die man­go­stuk­kies en kol­jan­der. Plaas 2 – 3 hoen­der­re­pies op ’n wa­fel­helf­te en skep ’n bie­tjie van die room­kaas­meng­sel bo­op. Plaas nog ’n wa­fel­helf­te bo-op so­dat jy ’n wa­fel­toe­brood­jie het. Rang­skik op ’n mooi op­dien­bord, be­dien en ge­niet.

WENK:

In­dien man­gos nie in sei­soen is nie, kan jy dit met in­ge­leg­de per­skes of ap­pel­ko­se ver­vang. Of jy kan selfs die man­go met vars vug­te ver­vang. Vars of in­ge­leg­de pyn­ap­pel­stuk­kies sal ook goed werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.