MI­NI-SUURLEMOENKOEKIES

Le­wer on­ge­veer 20 – 24 mi­ni-koe­kies, af­han­gen­de van die groot­te

Kuier - - In Die Kombuis -

BESTANDDELE Vir die koek

125 g bot­ter 1½ kop­pie sui­ker 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce 1 tee­le­pel suur­le­moen­geur­sel 3 ei­ers 2½ kop­pies koek­meel 4 tee­le­pels bak­poei­er ½ tee­le­pel sout 200 ml melk

Vir die ver­sier­sel

250 g bot­ter 4 kop­pies ver­sier­sui­ker 1 tee­le­pel suur­le­moen­geur­sel Vars la­ven­tel­blom­me­tjies vir gar­ne­ring

METODE

Koek: K­lits die bot­ter en sui­ker saam tot lig en ro­me­rig (3 – 4 mi­nu­te). Voeg die va­nil­la es­sen­ce en suur­le­moen­geur­sel by en k­lits goed. Voeg die ei­ers een vir een by en k­lits goed ná elke by­voe­ging. Sif die meel, bak­poei­er en sout saam en voeg dit beur­te­lings met die melk by die bot­ter­meng­sel. Meng goed en skep in ’n ge­smeer­de reg­hoe­ki­ge pan van 32 x 22 cm waar­van die bo­dem met bak­pa­pier ge­voer is. Bak vir 30 – 35 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C. Keer die koek op ’n draad­rak uit om af te koel. Wan­neer die koek heel­te­mal koud is, ge­bruik ’n koe­kie­druk­ker of glas van on­ge­veer 6 cm in deur­snee om koek­sir­kels uit te druk.

Ver­sier­sel: Meng al die bestanddele vir die ver­sier­sel saam en k­lits goed. Sny elke koek­sir­kel deur so­dat jy twee ewe-groot sir­kels het en smeer die ver­sier­sel tus­sen­in. Plaas weer die twee helf­tes op me­kaar en smeer ver­sier­sel bo-op. Ver­sier elk­een met vars la­ven­tel­blom­me­tjies of ver­sier­sel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.