HOEN­DER-EN-MAYONNAISE-FILOPAKKIES

Le­wer 8 pak­kies

Kuier - - Kookklas -

BESTANDDELE

1 rol fi­lo-blaar­deeg 3 hoen­der­fi­let­te 1 ui, fyn­ge­kap ½ rooi soet­ris­sie, fyn­ge­kap 2 eet­le­pels vars tie­mie, ge­kap 1 kop­pie wa­ter 2 clo­ves (na­el­tjies) 1 kop­pie mayonnaise Sout en pe­per na smaak 1 eet­le­pel kook­o­lie

METODE

Ver­hit die wa­ter in ’n pot en kook die hoen­der met die na­el­tjies. Geur met sout en pe­per en kook tot gaar. Pluis die hoen­der uit in stuk­kies en hou een­kant. Ver­hit die o­lie in ’n pan en braai die uie en soet­ris­sie vir 5 mi­nu­te. Laat dit af­koel en voeg die mayonnaise en tie­mie by. Meng met die hoen­der. Rol die deeg uit op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak en ver­deel in vier ge­ly­ke de­le. Skep ’n le­pel van die meng­sel in die mid­del van elke deel van die deeg, en draai die deeg rond­om die meng­sel om ’n pak­kie te vorm. Plaas in ’n ge­smeer­de oond­bak en bak vir 10 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C tot die pak­kies mooi lig­bruin is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.