PEER-EN-APPELTERTJIES

Le­wer 12 tertjies

Kuier - - Kookklas -

BESTANDDELE

1 blik­kie (410 g) KOO Un­swee­te­ned Pie Ap­ple S­li­ces, in k­lein stuk­kies ge­sny 1 blik­kie (410 g) KOO Pe­ar Hal­ves in Sy­rup, in k­lein stuk­kies ge­sny 1 rol short bros­deeg (crust pa­stry) 1 kop­pie sui­ker 1 ka­neel­stok­kie 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce 1 kop­pie wa­ter

METODE

Rol die deeg uit op ’n meel­be­strooi­de op­per­vlak en druk sir­kels uit met ’n koe­kie­druk­ker. Plaas die sir­kels in ’n 12-gat muf­fin­pan­ne­tjie, steek gaat­jies met ’n vurk op die bo­dem van elke muf­fin­gat. Laat af­koel in die ys­kas. Ver­hit ’n pot en kook die sui­ker, va­nil­la es­sen­ce en ka­neel­stok­kie tot die sui­ker lig­bruin is. Voeg die vrug­te by die meng­sel ge­volg deur die kop­pie wa­ter. Kook tot die wa­ter weg­ge­kook is en laat die meng­sel af­koel. Skep die meng­sel in die voor­be­rei­de muf­fin­pan­ne­tjie. Ras­per ’n stuk­kie van die oor­bly­wen­de deeg en sprin­kel oor elke tert­jie. Bak in ’n voor­ver­hit­te oond van 180˚C vir 20 – 30 mi­nu­te of tot die tertjies gaar is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.