OOR AL­LES TVOOR ING PLANT

Een van die be­lang­rik­ste les­se wat ons op skool leer, is waar ba­bas reg­tig van­daan kom! Die mens­li­ke voort­plan­ting­stel­sel is in­der­daad won­der­baar­lik.

Kuier - - Inhoud - DEUR shir­mo­ney rho­de

die won­der­baar­li­ke pro­ses waar­ty­dens ’n een­sel­li­ge mens­li­ke si­goot in ’n vol­was­se­ne met 100 tril­joen sel­le ver­an­der, is se­ker een van die merk­waar­dig­ste na­tuur­li­ke ver­skyn­sels denk­baar. Son­der die ver­moë om voort te plant, sou die le­we om ons baie an­ders ge­wees het. Be­vrug­ting en voort­plan­ting is nood­saak­lik, nie net vir men­se nie, maar vir die­re en plan­te se voort­be­staan ook. Kom ons kyk hoe lyk die mens­li­ke voort­plan­ting­stel­sel.

Wat is voort­plan­ting?

Al­le le­wen­de we­sens moet voort­plant om hul voort­be­staan te ver­se­ker. Par­ty plan­te en die­re plant voort deur in twee te ver­deel of deel­tjies van hul lig­ga­me te ver­sprei. Die los de­le word dan weer vol­was­se or­ga­nis­mes. Ons sê dan dat hul­le nie-ge­slag­te­lik of a­sek­su­eel voort­plant. Men­se en die mees­te die­re plant eg­ter ge­slag­te­lik voort. Dit be­te­ken dat twee ge­slag­sel­le no­dig is, ’n man­li­ke en vrou­li­ke, wat saam­ge­voeg moet word om ’n nu­we le­we te vorm.

Voort­plan­ting by vroue

Al die vrou se voort­plan­tings­or­ga­ne is bin­ne-in haar lig­gaam. Die be­lang­rik­ste or­ga­ne is die baar­moe­der (u­te­rus) en ei­er­stok­ke. Die baar­moe­der is ’n hol or­gaan in die vorm van ’n peer wat on­der­ste­bo lê. Die baar­moe­der skep vir die ba­ba ’n vei­li­ge plek om te ont­wik­kel en om­dat dit e­las­ties is, kan dit rek na­ma­te die ba­ba groei. Die ei­er­stok­ke is twee k­lein or­ga­ne na­by die baar­moe­der wat ei­er­sel­le ver­vaar­dig en berg. Die on­der­ste deel van die baar­moe­der gaan uit in ’n buis wat die va­gi­na ge­noem word en met die bui­te­kant ver­bind is. Elke maand (van­dat ’n mei­sie pu­ber­teit be­reik) stel die ei­er­stok­ke een ei­er­sel vry. Die ei­er­sel gaan deur die fal­lo­pi­us­buis en wag om be­vrug te word.

man­li­ke voort­plan­ting­stel­sel

Die mees­te van die man­li­ke voort­plan­tings­or­ga­ne is bui­te die lig­gaam, voor tus­sen die be­ne, ge­leë. Die twee be­lang­rik­ste or­ga­ne is die pe­nis en die skro­tum. Die pe­nis is ’n roe­de­vor­mi­ge (lang­wer­pi­ge) or­gaan wat ty­dens seks sper­ma bin­ne-in die vrou­li­ke baar­moe­der vry­laat. Die skro­tum is ’n sak wat twee or­ga­ne, die tes­ti­kels, be­vat, wat sperm­sel­le ver­vaar­dig en berg. Sperm­sel­le be­weeg van die tes­ti­kels af deur ’n buis, die saad­lei­er, en be­reik die u­ri­ne­buis waar hul­le in ’n wit­te­ri­ge vloei­stof swem, wat se­men ge­noem word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.