IN­SPI­RA­SIE: Ontmoet die dok­ter wat kin­der­lo­se paar­tjies se dro­me waar maak

Ons noem hom som­mer die ‘baby maker’, want dis let­ter­lik wat hy doen. Ons het ook al baie van sy suk­ses­ver­ha­le met jul­le ge­deel, soos die Pi­ket­berg-drie­ling. En nou kan ons jul­le aan die merk­waar­di­ge Dr. Thabo voor­stel.

Kuier - - Inhoud - DEUR Tar­ren-Lee Ha­bel­gaarn

Hy be­gin elke dag met ’n ge­bed waar­in hy vir sy ge­sin bid en vir die He­re dan­kie sê vir hul seëninge. Na­dat hy sy huis­hou­de­li­ke plig­te na­ge­kom het, gaan werk hy as ’n do­sent by die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch se me­die­se kam­pus in die noor­de­li­ke voor­ste­de van Kaap­stad, waar hy by­dra tot die op­lei­ding van die land se toe­koms­ti­ge dok­ters. As hy nie daar is nie, sal jy hom langs­aan by Tygerberg-hos­pi­taal kry, waar hy elke week tal­le suk­ke­len­de paar­tjies help om s­wan­ger te word.

Dis ’n stryd waar­mee dr. Thabo Matsa­seng (42) van Kaap­stad, per­soon­lik kan i­den­ti­fi­seer na­dat hy en sy vrou, T­se­la­ne (41), self drie mis­kra­me be­leef het voor­dat hul­le hul eer­ste­ling in hul arms kon vas­hou. Van­dag het hul­le twee kin­ders, O­na­len­na (12) en Ora­pe­leng (9).

As jong kind het dr. Thabo, wat as ’n vrug­baar­heid­spe­si­a­lis ’n goedkoper mo­del vir in vi­tro-be­vrug­ting (IVF) ont­wik­kel het, am­per nooit in aan­ra­king met dok­ters ge­kom nie. In sy groot kan­toor by die u­ni­ver­si­teit se k­li­nie­se ge­bou, met sy spier­wit dok­tersjas wat ag­ter die deur hang, ver­tel hy dat hy al­tyd ’n neu­ro­chi­rurg wou wees, maar sy planne het ge­du­ren­de sy in­tern­skap en as ge­volg van sy per­soon­li­ke tra­ge­die ver­an­der.

Hy het ’n lief­de vir die me­die­se be­roep ont­wik­kel toe hy as kind die plaas­li­ke dok­ter op die dorp moes gaan be­soek. Hul­le moes al­tyd ’n lang af­stand na die dok­ter ry om­dat daar nie baie dok­ters in sy on­mid­del­li­ke om­ge­wing was nie. Dit is hier­die paar be­soe­ke wat sy nuus­kie­rig­heid vir die me­die­se veld aan­ge­vuur het.

sy klein­tyd-in­spi­ra­sie

Dr. Thabo het in Ficks­burg in die Vry­staat groot­ge­word, die naas­te dorp aan die Le­so­tho-grens. Dit is ’n be­si­ge han­dels­dorp en is be­kend vir sy beeld­sko­ne wild­pla­se, maar hy ont­hou dat hy al­tyd gro­ter dro­me ge­had het as om vir die res van sy le­we in Ficks­burg te woon.

“Daar is geen dok­ters in ons fa­mi­lie nie en ek het geen an­der dok­ters ge­ken nie, so ek kan nie sê dat ek in e­nig­ie­mand na aan my se spo­re wou volg nie. My ma is in stan­derd drie uit die skool uit en my pa het die­self­de jaar as ek ma­triek klaar­ge­maak – net om my aan te moe­dig,”ver­tel hy.

“My be­soe­ke aan die dorp se ge­sins­dok-

ter is waar my lief­de vir die me­die­se be­roep be­gin het en toe ek in ma­triek was, het ek net be­sluit dit is wat ek wil doen.”

Toe hy vir sy ou­ers van sy planne ver­tel, het hul­le nie veel ge­sê nie. Hy is by die U­ni­ver­si­teit van K­waZu­lu-Na­tal aan­vaar en het kort na­dat sy ma­triek­uit­slae be­kend­ge­maak is, sy sak­ke ge­pak en op ’n bus ge­klim.

Hy het om­trent R14 000 no­dig ge­had om met sy s­tu­dies te be­gin, maar wou nie vir sy ou­ers sê nie om­dat hy ge­weet het hul­le kon dit nie be­kos­tig nie. Toe hy sy ou­ers groet, het sy pa vir hom ’n koe­vert met R750 ge­gee en dit is waar­mee hy die lang pad na K­waZu­lu-Na­tal aan­ge­durf het.

“Ek sal die be­drag nooit ver­geet nie. Dit het baie be­te­ken. Toe ek daar aan­kom, het ek vir die u­ni­ver­si­teit my pun­te ge­wys en hul­le ge­vra om my te help. Hul­le kon my weg­ge­wys het en dit sou die ein­de van my me­die­se droom be­te­ken het, maar hul­le het my ’n stu­die­beurs aan­ge­bied en die res is, soos hul­le sou sê, ge­skie­de­nis. Dit was ook ’n bie­tjie ge­luk,”ver­tel hy met ’n glim­lag.

In sy fi­na­le jaar op u­ni­ver­si­teit het hy in hul jaar­boek ge­skryf dat hy ’n neu­ro­chi­rurg wou word, maar toe hy sy in­tern­skap­jaar vol­tooi, het hy bit­ter­min met kop­be­se­rings ge­werk. In plaas daar­van moes hy sy dae langs tal­le ster­wen­de vroue deur­bring.

Dr. Thabo kon nie ver­staan hoe­kom so­veel vroue ty­dens ge­boor­te sterf nie en ont­hou die hart­seer wat hy elke dag saam met fa­mi­lies moes deur­maak. Dit was hier­die er­va­ring wat hom ge­ïn­spi­reer het om eer­der in ver­los­kun­de en gi­ne­ko­lo­gie te spe­si­a­li­seer.

“Die werk­lik­heid van hier­die vroue was skok­kend. Dit was on­reg­ver­dig. Ek het be­sluit ek kan ’n ver­skil maak en het ver­der gaan spe­si­a­li­seer. Ná my s­tu­dies moes ek weer ’n in­tern­skap vol­tooi, wat my na Em­pan­ge­ni in Na­tal ge­neem het. Ek was eers te­leur­ge­steld dat ek nóg ’n jaar moes doen, maar dit is hier waar ek reg­tig men­se se hart­seer ge­sien het,”ver­tel hy.

“Ek wou net klaar­maak en in die pri­vaat­sek­tor gaan werk, maar as ek dit ge­doen het, sou ek nooit aan hier­die om­stan­dig­he­de bloot­ge­stel ge­wees het nie. Ek sou ook nie ge­doen het wat ek van­dag doen nie. Ek het elke dag er­vaar hoe men­se se smag­ting na ’n kind mans, vroue en hu­we­li­ke ver­plet­ter. Daar was nie een dag wat ver­by ge­gaan het son­der dat ek tal­le men­se ge­sien het wat ge­suk­kel het om s­wan­ger te word nie. Die re­de vir on­vrug­baar­heid was ge­woon­lik die­self­de . . . in­fek­sie, trau­ma of be­ska­dig­de py­pe.”

In hier­die tyd het dr. Thabo ook sy eie hart­seer be­leef. Hy het ty­dens sy s­tu­dies sy vrou op u­ni­ver­si­teit ontmoet. Toe hy be­sig was om in sy veld te spe­si­a­li­seer, wou sy vrou weet wan­neer hul­le met ’n ge­sin kan be­gin. Hy wou aan­vank­lik nie on­mid­del­lik met ’n ge­sin be­gin nie en eers sy s­tu­dies vol­tooi. Maar sy vrou en fa­mi­lie­druk het hom van plan laat ver­an­der.

“My vrou het vir my ge­sê sy is klaar met haar s­tu­dies en sal na die kin­ders kyk ter­wyl ek stu­deer. Die fa­mi­lies wou ook weet wan­neer ons met ’n ge­sin gaan be­gin. Dit is am­per as­of hul­le ver­wag dat jy die dag ná jou troue vir hul­le moet kom sê jul­le is s­wan­ger,”lag hy.

“Ek het in­ge­stem, maar dit het nie on­mid­del­lik vir ons ge­beur nie. Met die eer­ste s­wan­ger­skap het ons die ba­ba op ses weke ver­loor en nog twee ba­bas daar­na. My vrou wou ’n vrug­baar­heid­spe­si­a­lis gaan sien net om se­ker te maak dat al­les reg is. Ons het een gaan sien en dit was toe dat die dok­ter vir my wou s­tuur vir ’n sperm­toets. Ek wou nie die toets doen nie, want ek het ge­voel daar is niks fout met my nie.”

Tot van­dag toe het hy nooit vir die toets ge­gaan nie. Maar ge­luk­kig het hy en sy vrou kort ná die be­soek aan die vrug­baar­heid­spe­si­a­lis s­wan­ger ge­word met hul oud­ste kind. Hy ge­bruik nou daar­die er­va­ring om mans aan te moe­dig om vir sperm­toet­se te gaan. Dié on­der­vin­ding en sy er­va­ring in Em­pan­ge­ni het hom wel laat dink aan wat an­der men­se moet deur­gaan wan­neer on­vrug­baar­heid ’n re­a­li­teit is en het hom ge­ïn­spi­reer om suk­ke­len­de paar­tjies ’n kans op ge­luk te gee.

Hy het ge­sien hoe on­vrug­baar­heid men­se laat ba­klei en die pyn wat ver­wer­ping deur jou fa­mi­lie, maat en vrien­de aan ie­mand kan doen wan­neer jul­le nie s­wan­ger kan word nie.

dis ’n duur sto­rie

IVF word nie deur die me­die­se fonds ge­dek nie en was tot on­langs toe iets wat net die ry­kes kon be­kos­tig, sê dr. Thabo. Tog is daar tal­le an­der men­se wat ook graag ’n kind wil hê. Die ge­mid­del­de prys vir ’n si­klus van IVF kan tus­sen R50 000 en R70 000 kos, soms kan dit selfs duur­der wees. Hy het ge­weet al word IVF goedkoper, sou dit steeds duur wees, maar ten min­ste sou dit vir meer men­se toe­gank­lik wees.

Dr. Thabo en ’n paar kol­le­gas het toe gaan kyk na die kos­te van IVF en wat dit so duur maak. Hul­le het tot die ge­volg­trek­king ge­kom dat hul­le die kos­tes kan sny deur ’n klei­ner span te ge­bruik. P­leks daar­van om ’n IVF-ko­ör­di­neer­der te hê om af­spra­ke te re­ël, kom­mu­ni­keer me­di­ci di­rek met pa­si­ën­te via SMS. Hy sê dit maak die er­va­ring ook meer per­soon­lik en spaar baie aan ad­mi­nis­tra­tie­we kos­te.

Dank­sy ’n ven­noot­skap tus­sen die staat en pri­vaat­sek­tor spaar hul­le ook op die prys van ver­bruiks­goe­de­re en se­ke­re la­bo­ra­to­ri­um­diens­te. Hy het ook ’n paar ver­an­de­rin­ge aan die be­han­de­lings­pro­ses ge­maak. En dank­sy al dié kos­te­be­spa­rings, kos ’n si­klus IVF by die vrug­baar­heids-een­heid van Tygerberg-hos­pi­taal men­se ge­mid­deld R8 000. Dr. Thabo sê hy weet die be­drag is steeds baie, maar dit gee meer men­se ’n kans, want die mees­te van die tyd word paar­tjies nie die eer­ste keer s­wan­ger nie en moet hul­le dan weer am­per ’n R100 000 be­taal vir die vol­gen­de si­klus. Hy hoop dat hy IVF in die toe­koms nóg meer be­kos­tig­baar kan maak en ook sy mo­del in hos­pi­ta­le land­wyd kan kry.

‘’Ons span is pas­sie­vol oor ons werk en al is dit soms baie hart­seer om men­se se pyn te sien, is ons werk al­les die moei­te werd wan­neer paar­tjies hul kin­ders vir ons kom wys. IVF werk nie al­tyd nie, maar wan­neer daar­die kin­ders vir ons kom kui­er, be­te­ken dit ons het iets reg­ge­kry en mo­ti­veer dit ons om aan te hou.”

HOOFFOTO en REGS: Dr. Thabo Matsa­seng (42) het in vi­tro-be­vrug­ting goedkoper ge­maak vir paar­tjies wat suk­kel met vrugbaarheid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.