VOORBLADSTORIE: Hil­de­gardt W­hi­tes kan nie meer wag vir haar pienk­voet nie!

Om ’n ma te wees, was een van Hil­de­gardt se grootste dro­me en nou val al­les in plek: Haar man en fa­mi­lie, haar werk en nou ook ’n k­lein pienk­voet.

Kuier - - Inhoud - DEUR ERNUSTA MARALACK

Die laas­te keer toe ons met Hil­de­gardt W­hi­tes ge­praat het, was twee jaar ge­le­de en toe was daar ver­lan­ge in haar oë om­dat sy só graag ma wou word.

Hier­die keer ver­tel haar oë ’n sto­rie van ab­so­lu­te blyd­skap en is dit vol af­wag­ting, want haar droom om ma te word, is nou ’n werk­lik­heid. En sy straal be­hoor­lik soos net ’n s­wan­ger vrou kan.

Van­dat ons vir Hil­de­gardt (30), 7de Laan se Bo­ni­ta, leer ken het, was daar nog al­tyd drie groot lief­des waar­oor sy nie skaam was om te praat nie. Haar man, Ku­ba, haar fa­mi­lie aan die Wes­kus en haar werk.

Maar nou is daar ’n nu­we le­we bin­ne-in haar aan die groei en haar lief­de vir hier­die men­sie wat in Mei ge­bo­re word, is reeds on­be­skryf­lik groot. Sy er­vaar nou die lief­de wat ’n ma vir haar kind het – daar­die lief­de wat on­voor­waar­de­lik is en wat jou jou kind met elke ve­sel in jou sal laat be­skerm. Dis ook ’n lief­de wat jou uit­ein­de­lik vol­ko­me laat ver­staan hoe kos­baar jy vir jou eie ma is en daar is bit­ter min din­ge wat daar­mee kan ver­ge­lyk.

Toe ons met Hil­de­gardt ge­sels, was sy op TV mid­de-in ’n he­wi­ge sto­rie­lyn waar­in die lief­de­vol­le Bo­ni­ta s­kie­lik be­gin na­els wys en snaak­se goed be­gin doen het om haar fa­mi­lie (die Mein­tjie­se) te be­skerm.

Ons sien Hil­de­gardt ook tans in haar eie pro­gram Hil­de se harts­klan­ke op VIA (DStv 147) Woens­dag­aan­de om 20:00. Met ons ge­sels, het Hil­de­gardt eg­ter vir Bo­ni­ta op die 7de Laan- stel ge­los en was haar pro­gram klaar ge­skiet en ge­niet sy nou hier­die groot oom­blik in haar per­soon­li­ke le­we.

Jy is im­mers net een keer in jou le­we vir die eer­ste keer s­wan­ger en sy wil elke oom­blik ten vol­le ge­niet én uit­buit. Soos die an­der aand toe sy vir Ku­ba, met wie sy al vyf jaar ge­troud en in to­taal tien jaar mee saam is, ge­stuur het om“nou da­de­lik te gaan ice cre­am koop”.

die vol­le er­va­ring

Hil­de­gardt het eg­ter nie die wip­plank­rit waar­op s­wan­ger­skap ’n vrou se lig­gaam kan sit, vry­ge­spring nie en suk­kel op 28 weke (so­wat se­we maan­de) steeds met naar­heid, sy hik baie en het wa­ter-re­ten­sie. Haar voe­te het as ge­volg hier­van ook reeds met een skoen­groot­te ge­groei en sy het las van ’n dooie ge­voel in haar han­de.

En al wou sy dit nie nou al ge­had het nie, het Hil­de­gardt daar­die swan­ger­skapswag­gel in haar. Haar e­mo­sies gooi haar ook net waar hul­le wil en dis nie vreemd vir haar om te gaan van su­per-ge­luk­kig en op­ge­wek tot snot en tra­ne die vol­gen­de oom­blik nie.

Sy sou eg­ter niks hier­van ver­ruil nie, want dis vir haar on­ge­loof­lik om te sien hoe haar lig­gaam net ab­so­luut reg was vir hier­die oom­blik.

“Die ba­ba is nog nie eens hier nie en ek het al klaar melk!”sê sy op­ge­won­de.

“Ek het nie ge­weet ’n mens kan so op­ge­won­de raak oor selfs ’n cot wat ons van­dag kry nie. Ek is só ge­luk­kig en kan nie wag om hier­die men­sie te ontmoet nie; ek kan nie wag om te sien wie se ei­en­skap­pe of wie se per­soon­lik­heid die ba­ba gaan hê nie. Ek wil pop speel,”voeg sy lief­de­vol by, ter­wyl sy met ’n glim­lag af­kyk na haar maag en dit vryf.

Hil­de­gardt en Ku­ba weet wat die ba­ba se ge­slag is, maar hul­le wil dit nog nie aan die me­dia be­kend­maak nie. Dis vir eers iets wat nét hul­le saam wil ge­niet. Wat hul­le eg­ter nog nie weet nie, is wat sy of haar naam gaan wees nie. Ons sal maar ge­dul­dig moet wag en sien.

“Elke keer wan­neer ek gi­ne­ko­loog toe gaan vir ’n check-up, doen ek en Ku­ba iets spe­si­aals ag­ter­na soos om iets te gaan eet of win­kels toe te gaan. Dis ons ding nou. Ek is steeds só ver­lief op my man. Ku­ba em­bra­ce dit (haar s­wan­ger­skap) en sê ge­reeld vir my ek is mooi en vryf my voe­te.”

Met haar rol in 7de Laan wat tans lek­ker uit­da­gend is; haar pro­gram op VIA wat al­les is waar­van sy ge­droom het om­dat sy te­rug­gaan na haar Na­ma­kwa­land­se roots en sto­ries uit haar hart ver­tel; en sy wat steeds ge­luk­kig ge­troud is, is haar ba­ba wat op pad is die ul­ti­ma­te ker­sie op die koek.

bly Glo & Ver­trou

Om s­wan­ger te wees en ma te word, is iets wat Hil­de­gardt nog al­tyd wou ge­had het. Maar haar lig­gaam wou vir ’n lang ruk nie saam­speel nie en sy moes leer vre­de maak met daar­die te­leur­stel­len­de ge­voel wat sy er­vaar het elke keer wat sy haar pe­ri­od ge­kry het.

Wat Hil­de­gardt eg­ter la­ter be­sef het, was dat God op Sy tyd werk en Hy Sy werk be­gin doen het toe sy stil word en nie meer so daar­op ge­fo­kus was om s­wan­ger te word nie. En dit was juis toe sy be­sig was om Hil­de se harts­klan­ke te skiet dat God se han­de­werk na vo­re ge­kom het.

“Dit is ver­on­der­stel om die na­tuur­lik­ste ding vir ’n vrou te wees om s­wan­ger te word, maar ek moes lank wag. Daar­die maan­de wan­neer my pe­ri­ods ge­kom het, het ek so bie­tjie ge­huil, maar ek het ook ge­weet ek moet wag vir die reg­te tyd. ’n Mens moet ver­trou en nie op­hou glo nie.”

Sy ver­tel voorts toe 2016 aan­breek, het sy ’n daad­wer­li­ke be­sluit ge­maak om nie so baie te tob oor s­wan­ger word nie en toe ge­beur dit uit die blou­te.

Hil­de­gardt lag lek­ker wan­neer sy sê dit was eers in Au­gus­tus ver­le­de jaar toe sy aan Hil­de se harts­klan­ke ge­skiet het en sy nie meer ge­weet het wat met haar e­mo­sies aan­gaan nie en ge­wig op­ge­tel het al het sy min ge­ëet, dat twee dik pienk stre­pies op ’n swan­ger­skap­toets vir haar en Ku­ba die goeie nuus be­ves­tig het.

“Op die laas­te paar weke van ons shoot het ek ge­huil as iets nie uit­werk nie. My e­mo­sies was op en af. Ons was toe al vir 20 dae op die pad en ek was só moeg, want ek het my eie ma­keup, ha­re en sty­ling ge­doen. Maar dis hoe ek daar­van ge­hou het. Die show is ek – re­al; vat my soos ek is,” sê Hil­de­gardt.

“Maar toe be­gin ek ge­wig op­tel en ek dink hoe de hel, want ek het nie baie ge­ëet nie. Ek het ge­stres oor my kle­re wat nie pas nie – en ek is dan só oor my mid­del­tjie! Ek wou toe ook s­kie­lik nie meer kof­fie hê nie; net rooi­bos­tee en ek cra­ve ve­ge­ta­ble jui­ce in die mid­del van die Ka­roo!”

En snaaks ge­noeg het haar tan­nie An­na, wat in Nie­woudt­vil­le bly nog vir Hil­de­gardt in ’n sterk Ka­roo-ak­sent ge­sê:“Nee jir­re, Sus­sie, jy sal nou moet tjênd kry!”

Min het Hil­de­gardt ge­weet sy was al­reeds met die lyf. En toe die dok­ter ook eers die nuus be­ves­tig, het haar lyf van 12 weke af uit­ge­sit.

SOOS IN DIE OU TYD

Hil­de­gardt ver­tel haar ma, an­tie Ma­g­a­ret, het ge­dog sy maak ’n grap toe sy bel met die nuus dat sy s­wan­ger is. Maar toe dié nuus in­sink, het haar ma haar aan­ge­praat oor sy so baie werk en ge­sê sy sal nou moet af­skaal. En as ’n mens se ma praat, dan luis­ter jy!

Sy is ’n mo­dern mom­my met ’n twist, sê Hil­de­gardt en gaan baie din­ge old school doen.

“My ma gaan kom (van die Wes­kus af Jo­han­nes­burg toe) en gaan my kind kom uit­smeer; sy bring self al die drup­pels en ek het ge­sê sy moet vir my kind ’n gom­sie (’n ti­pe kom­ber­sie) maak. Sy gaan my bind ook ná die ge­boor­te.

“Ek wil goed doen wat ons (ma’s) in die ou­tyd ge­doen het, maar niks van lap­doe­ke nie! Ek weet waar ek van­daan kom, maar ek gaan nie nap­pies was nie!”voeg sy lag­gend by.

HOOFFOTO EN REGS: Hil­de­gardt W­hi­tes, Bo­ni­ta in 7de Laan, is s­wan­ger met haar eer­ste­ling en straal be­hoor­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.