WARE LEWENSDRAMA: Man vind lief­de by skoonsus ná sy vrou s­kie­lik sterf

Hul­le het dalk op die mees on­waar­skyn­li­ke ma­nier lief­de ge­vind, maar in hul eie en in God se oë, is hul­le be­doel vir me­kaar. DEUR ernusta maralack

Kuier - - Inhoud -

Dis nie al­dag dat jy van ’n lo­ve sto­ry hoor soos dié een van die Kaap­se paar­tjie Mark (34) en Ala­na (26) Au­gust nie en dis ook nie ’n lo­ve sto­ry wat al­mal sal ver­staan nie. Maar hul sto­rie het ver­al vir Mark laat be­sef hoe ge­se­ënd hy is om ná sy eer­ste vrou, Tar­ryn, se skielike dood twee jaar ge­le­de vir die t­wee­de keer in sy le­we ’n vrou so in­tens lief te hê en om die­self­de lief­de te­rug te ont­vang.

En hier­die lief­de het hy ge­vind by Ala­na, Tar­ryn se jon­ger sus­ter . . .

Ons kan let­ter­lik ’n speld hoor val ter­wyl jy die eer­ste twee pa­ra­gra­we lees net om se­ker te maak jy het reg ge­lees, want dis wat ons ook ge­doen het toe ons hul sto­rie die eer­ste keer in die Ca­pe Ar­gus raak­ge­lees het.

Mark en Ala­na het glad nie sien kom wat be­sig was om tus­sen hul­le te ge­beur nie en lief­de was die laas­te ding in hul ge­dag­tes ná Tar­ryn (31) se dood. Sy het op 3 Ja­nu­a­rie 2015 ge­boor­te ge­skenk aan haar en Mark se twee­ling, Jos­hua en Is­rael (nou 2), maar kom­pli­ka­sies het kort daar­na in­ge­tree. Tar­ryn en Mark het toe reeds hul oud­ste seun, Da­niel (toe 4, nou 7) ge­had. Haar dood was on­ver­wags en het haar ge­lief­des hard ge­tref om­dat haar s­wan­ger­skap met die twee­ling goed af­ge­loop het. En selfs na­dat sy in die ICU op­ge­neem is, het Mark, Ala­na en hul he­le fa­mi­lie steeds bly glo sy sal ou­kei wees.

Maar Tar­ryn het dit nooit uit die ICU ge­maak nie en voor haar dood ge­sê sy“het die he­mel twee keer ge­sien”. Sy het da­rem een ge­leent­heid ge­had om die twee­ling te sien en op hul voor­kop te soen di­rek ná hul ge­boor­te met tra­ne wat oor haar wan­ge ge­stroom het. Dit was die eer­ste en laas­te keer wat Tar­ryn haar twee­ling ge­sien het. Sy is op Sa­ter­dag 10 Ja­nu­a­rie 2015 oor­le­de en is die daar­op­vol­gen­de Sa­ter­dag be­gra­we.

’n GROOT VER­LIES

Mark en Tar­ryn het in gr. 9 be­gin uit­gaan en is in A­pril 2007 ge­troud. Vir Ala­na was Tar­ryn meer as haar sus­ter en ten spy­te van ’n ou­der­doms­ver­skil van agt jaar, was sy ook haar beste vrien­din en haar dood het Ala­na ge­ruk.

“Die men­se het al­tyd ge­dink ons is ’n twee­ling. Tar­ryn was my beste vrien­din en

HOOFFOTO: Ten spy­te van kri­tiek teen Mark en Ala­na, is die Au­gust-ge­sin baie ge­luk­kig saam. INLAS LINKS: Ala­na en Tar­ryn toe sy s­wan­ger was met die twee­ling. rol­mo­del, ’n bon­del vreug­de, wat al­mal daar­aan her­in­ner het om vol­uit te le­we,” sê Ala­na lief­de­vol. Dan trek daar ’n ska­du in haar oë wan­neer sy by­voeg:“Dit was vir my ver­skrik­lik trau­ma­ties toe sy sterf. Dit het al­les so on­werk­lik ge­voel, maar ek dink sy het ge­weet sy gaan sterf om­dat sy vir Mark ge­sê het sy het die he­mel ge­sien.”

Mark en Ala­na glo Tar­ryn het dalk ’n ont­moe­ting met God ge­had. Hul ver­lies was on­be­skryf­lik groot en die laas­te ding waar­aan Mark of Ala­na ge­dink het, was om ver­lief te raak. Wat hul­le ge­troos het was Tar­ryn se ver­se­ke­ring dat sy die he­mel twee keer ge­sien het.

Hul­le het ge­suk­kel om Tar­ryn se dood te ver­werk, ter­wyl hul­le ter­self­der­tyd die kin­ders se be­lan­ge ’n pri­o­ri­teit moes maak. Tar­ryn was baie be­sker­mend teen­oor Da­niel, maar het Ala­na vol­ko­me ver­trou met hom en Ala­na het hom on­der haar vlerk ge­neem ná Tar­ryn se dood. Die twee­ling het van niks ge­weet nie en Mark moes die plek van pa én ma in­neem.

Dit was ’n moei­li­ke tyd vir al­mal na aan Tar­ryn, maar dit was in dié tyd dat die­pe ge­voe­lens tus­sen Mark en Ala­na ont­wik­kel het hoe meer tyd hul­le saam deur­ge­bring het. Voor­heen het hul­le bloot net ’n“hi en bye”-ver­hou­ding ge­had, sê Ala­na.

LIEF­DE BE­GIN BLOM

Die lief­de is ’n an­der ding en die hart wil hê wat die hart wil hê, het dié gees­te­li­ke paar­tjie van Brac­ken­fell uit­ge­vind, wat op 6 De­sem­ber ver­le­de jaar ge­troud is.

Waar ons met Mark en Ala­na in hul huis ge­sels, is daar fo­to’s van Tar­ryn en van haar en Ala­na. En aan die pyn in hul oë wan­neer hul­le oor Tar­ryn praat, is dit dui­de­lik Ala­na pro­beer nie haar sus­ter se plek in­neem nie. Dit is ook ewe dui­de­lik dat Mark haar nie pro­beer ver­vang nie. Hul­le praat oor haar en laat haar le­ga­cy voort­leef in hul le­wens.

En as jy nie hul ver­haal ken nie, sal jy nooit dink Ala­na is nié die twee­ling en Da­niel se bi­o­lo­gie­se ma nie. Sy voel nie soos die“t­wee­de vrou”nie en die kin­ders is mal oor haar. Lief­de en ge­luk is am­per tas­baar in hier­die ge­sins­huis.

Om ui­ting te gee aan hul lief­de en dit selfs net eers teen­oor hul­self te er­ken, was siels­wroe­gend vir Mark en Ala­na. Hul­le le­we baie na aan God en het be­vraag­te­ken of dit wat hul­le voel, selfs By­bels is om­dat Ala­na en Tar­ryn sus­ters is en hul pa, Le­stor Ben­ja­min, boon­op ’n pas­toor ook was.

Mark het toe twee pas­to­re gaan sien om te praat oor die ge­voe­lens wat hy vir Ala­na be­gin ont­wik­kel het. Hy het toe nog nie eens vir haar ge­sê hoe hy voel nie. Die God­vre­sen­de man wat hy is, wou Mark hoor wat die Woord oor so iets sê, want hy kon nie sin maak daar­van nie.

“Ek was bang vir wat ek vir Ala­na be­gin voel het. Was dit ooit By­bels? het ek ge­won­der. Ek het my pas­toor gaan sien, wat vir my ge­sê het net God kan my só laat voel en het vir my Skrif­te ge­wys (wat be­ves­tig wat hy voel is nie ver­keerd nie).

“Ek het selfs ’n pas­toor by ’n an­der kerk ook ge­na­der om te hoor wat hy oor als sê en hy het die­self­de be­ves­tig as my pas­toor en ge­sê ek doen niks ver­keerd nie,”ver­tel Mark.

Dit was eers toe hy hier­die be­ves­ti­ging het dat Mark aan Ala­na er­ken het hoe hy oor haar voel en sy het ge­sê sy voel die­self­de. Mark het ook met haar pa gaan praat, wat ge­sê het hy weet wat Mark wou sê en vir hul­le sy se­ë­ning ge­gee.

Hoe­wel hul­le toe die gees­te­li­ke be­ves­ti­ging ge­kry het dat hul­le niks ver­keerd doen nie en hul naas­te fa­mi­lie hul lief­de aan­vaar het, was daar an­der men­se daar bui­te en selfs na aan hul­le wat nie hul lief­de so goed ont­vang het nie.

Dit was selfs moei­li­ker vir Ala­na om­dat sy by die­self­de maat­skap­py be­gin werk het waar Tar­ryn in be­mar­king ge­werk het. Mark was nie baie ge­pla oor wat men­se te sê ge­had het nie. Hy het sy vre­de ge­had, maar Ala­na het ge­suk­kel.

“Ek is ’n baie sen­si­tie­we mens en as ’n vrou is jy be­kom­merd oor wat men­se gaan sê,”maak Ala­na oop.

Mark spring in en sê daar was ’n tyd dat men­se ge­ïn­si­nu­eer het dat hul­le iets aan­ge­knoop het nog voor Tar­ryn se dood, wat glad nie waar is nie, sê Mark.

Ala­na gaan voort:“Daar was men­se wat ge­sê het dis on­god­de­lik. My pa is ’n pas­toor en men­se het hom ook ge­kri­ti­seer. Daar was ook baie ja­loe­sie. Men­se het ge­kies om din­ge in ’n le­li­ke lig te sien.

“Maar dit al­les het my en Mark se fon­da­sie ge­lê. Dit het vir ons tyd ge­vat om tot hier te kom en ons het te ver ge­kom om hier om te draai.”

“Ek was baie lief vir Tar­ryn en ek is baie lief vir Ala­na, maar dis lief­des op ver­skil­len­de vlak­ke,”sê Mark. E­nig­een wat al meer as een keer lief­ge­had het, sal weet wat Mark be­doel – ons het men­se in ons le­we lief, maar op ver­skil­len­de ma­nie­re.

Mark en Ala­na ver­staan nie hoe­kom hul­le vir me­kaar ge­val het nie en weet hul­le stel hul­self bloot aan nu­we kri­tiek met hier­die sto­rie, maar Mark voel dis hul ge­tui­e­nis van God se goed­heid en hy moes dit deel.

“Op 19 De­sem­ber 2014 was dit die eer­ste keer wat God met my ge­praat het en Hy het ge­sê ek gaan ’n dub­be­le se­ë­ning ont­vang in al­le a­re­as van my le­we, maar eers in 2015. Ek het eers in 2015 weer na hier­die Woord ge­kyk en die tweë ge­sien: Tar­ryn het die he­mel twee keer ge­sien; die twee­ling is ge­bo­re; ek het ’n be­ter huis en kar ge­kry; en toe kry ek Tar­ryn se sus­ter, ’n vrou met die­self­de hart as Tar­ryn en kry die­self­de fa­mi­lie; plus hul broer se seun is op my ver­jaar­dag ge­bo­re,”ver­tel Mark.

“Daar is men­se wat gaan sê en dink wat hul­le wil, maar ek weet wat God my be­lo­we het en ons sto­rie gaan oor God se bo­na­tuur­li­ke wy­ses. My seuns is ge­se­ën met die beste ma en ek met ’n won­der­li­ke vrou. En as jy nog nie in my skoe­ne ge­loop het nie, sal jy nie weet wat ek deur­ge­maak het nie. Ons wil hê ons sto­rie moet men­se aan­raak,”sê Mark.

Ala­na knik in­stem­mend en sê haar mot­to is om“al­tyd lief te hê; om on­voor­waar­de­lik lief te hê en met God se lief­de lief te hê”.

Mark en Ala­na deel ’n in­tie­me oom­blik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.