HOOFKOS: Vin­ni­ge en smaak­li­ke happies om jou gas­te mee te ont­haal

Dis heer­lik om vrien­de oor te nooi vir iet­sie om te eet en te drink. En met dié re­sep­te sal jy al­tyd nu­we i­dees het vir eet­goed wat al­mal se smaak­klie­re sal prik­kel!

Kuier - - Inhoud - Deur Ka­ren Hart

BESTANDDELE

2 kop­pies sui­ker 2½ eet­le­pels gou­e­stroop 1 kop­pie wa­ter 2 eet­le­pels ge­la­tien­poei­er 6 eet­le­pels wa­ter 2 ei­er­wit­te ’n K­nip­pie sout 1 tee­le­pel va­nil­la es­sen­ce Rooi of blou (pers) voed­sel­kleur­sel Ras­p­ber­ry-of blou­bes­sie­geur­sel (op­si­o­neel) 5 eet­le­pels ver­sier­sui­ker 5 eet­le­pels Mai­ze­na (mie­lie­blom) ’n Hand­vol vars ras­p­ber­ries of blou­bes­sies

METODE

Ver­hit die sui­ker, gou­e­stroop en kop­pie wa­ter oor ma­ti­ge hit­te tot kook­punt. Laat ’n he­le ruk staan en kook (on­ge­veer 20 mi­nu­te of meer) tot die he­le op­per­vlak met fyn bor­rels be­dek is (as jy ’n tem­pe­ra­tuur­me­ter het, sal dit 120°C lees). Ter­wyl jy die sui­ker­stroop kook, giet die 6 eet­le­pels wa­ter in ’n k­lein bak­kie en sprin­kel die ge­la­tien­poei­er bo-op. Laat vir on­ge­veer 15 mi­nu­te staan. Wan­neer die sui­ker­stroop ge­reed is (sien wenk on­der), haal dit van die stoof­plaat af en roer die ge­la­tien by tot dit heel­te­mal op­ge­los het. K­lits die ei­er­wit­te tot styf met die k­nip­pie sout en voeg die va­nil­la es­sen­ce by. Voeg die sui­ker­stroop in ’n dun straal­tjie by die ei­er­wit­te ter­wyl jy heel­tyd k­lits. Hou aan k­lits vir on­ge­veer 5 mi­nu­te. Meng die ver­sier­sui­ker en Mai­ze­na en sprin­kel 2 eet­le­pels daar­van in ’n ge­smeer­de vier­kan­ti­ge pan­ne­tjie. Meng ’n drup­pel rooi (vir die ras­p­ber­ry – ge­bruik blou of pers vir die blou­bes­sie) voed­sel­kleur­sel en geur­sel (op­si­o­neel) by die res om ’n mooi kleur te kry. Roer die vrug­te by en giet in die ge­smeer­de pan­ne­tjie. Maak ge­lyk en laat staan vir 2 ure om te set. Haal uit die pan en sny in k­lein blok­kies. Gooi die res van die ver­sier­sui­kerm­eng­sel op ’n plat bord en rol die blok­kies daar­in dan sal hul­le nie aan me­kaar kan vas­sit nie.

WENK:

Drup ’n bie­tjie sui­ker­stroop in ’n pie­ring met koue wa­ter en as dit ’n ferm bal­le­tjie vorm wat steeds sag is, is jou stroop ge­reed. Hul­le noem dit die har­de­bal-fa­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.