GE­TUI­E­NIS: Hy is ver­los van die drank­dui­wel en skryf nou sy hart uit

Hy het die drank­dui­wel aan­bid en in die tronk be­land. Maar dis toe hy sy le­we ver­an­der, dat groot din­ge met hom be­gin ge­beur. Sy eer­ste dig­bun­del is nou op die rak­ke en ons kan nog baie van hom ver­wag. DEUR ERNUSTA MARALACK

Kuier - - Inhoud -

As ie­mand des­tyds ’n voor­spel­ling moes maak oor hoe Klaas Wel­kom (47) se le­we gaan uit­draai, sou hul­le waar­skyn­lik ge­sê het hy gaan hom­self“dood drink”. Klaas het hom­self to­taal aan drank ver­gryp, maar die He­re het an­der planne met hom ge­had. Van­dag is hy trots om te sê hy doen e­van­ge­lie­werk en sy heel eer­ste dig­bun­del is ver­le­de jaar op 3 De­sem­ber amp­te­lik in sy tuis­dorp, Bon­nie­va­le in die Wes-Kaap, be­kend­ge­stel!

Klaas, wat tans in U­ping­ton in die Noord-Kaap bly, kan die op­ge­won­den­heid in sy stem skaars ver­berg oor ver­al die ver­wik­ke­lin­ge met sy heel eer­ste dig­bun­del, Uit die rib van A­dam.

Klaas het op 21 Ju­nie ver­le­de jaar wak­ker ge­skrik met ’n oor­wel­di­gen­de skryf­gees in hom. Die in­spi­ra­sie het hom só beet­ge­pak dat hy al 40 ge­dig­te in Uit

die rib van A­dam bin­ne die be­stek van een week met die hand ge­skryf het. Klaas sê trots hy het in­tus­sen nóg 150 ge­dig­te ook met die hand ge­skryf, so­wel as twee kort­ver­ha­le – en die kan­se lyk goed dat ook dié skryf­werk ge­pu­bli­seer gaan word!

Op ’n ma­nier voel dit vir Klaas nog on­werk­lik dat hy ’n dig­bun­del ge­pu­bli­seer het – en dít ter­wyl hy nie eens ’n lap­top, ta­blet of slim­foon het om sy werk op te doen en vir die uit­ge­wers te kon e-pos nie!

Hy moes baie kre­a­tief raak om sy ge­dig­te by Mar-Leo Pu­bli­seer­ders te kry, wat sy dig­bun­del uit­ge­gee het. Klaas was nie skaam om te er­ken hy weet nie so mooi hoe die teg­no­lo­gie­se goed werk nie en het men­se ge­kry om hom daar­mee te help.

Ook maar goed hy het deur­ge­druk, want nou kan hy selfs meer van ’n li­ving tes­ti­mo­ny wees van wat moont­lik is as jy die He­re aan die s­tuur van jou le­we plaas. Want was dit nie vir die Skrif in Jes. 14:11 wat lui:“Jy het met jou hoog­moed, met die klank van jou harp­mu­siek en al in die do­de­ryk be­land. Jy lê tus­sen die maai­ers, jy is oor­trek van die wurms”nie, sou Klaas waar­skyn­lik weens sy drank­ver­sla­wing nie eens sy 47 jaar oor­leef het nie.

Hier­die sterk bood­skap van Bo, is wat Klaas no­dig ge­had het om los te breek uit die ket­tings wat die drank­dui­wel om hom ge­slaan het en hom tot be­ke­ring te bring en sy le­we te ver­an­der.

STORMAGTIGE VER­LE­DE

Voor­dat Klaas eg­ter by hier­die op­win­den­de punt in sy le­we ge­kom het, het hy tal­le ver­keer­de be­slui­te ge­neem waar­oor hy van­dag spyt is. Maar aan die an­der kant het dit hom ook ryk le­wens­er­va­ring ge­gee wat hy in sy skryf­werk in­stort.

Toe ons met Klaas ge­sels, was die te­le­foon­ly­ne tus­sen Kaap­stad en U­ping­ton ef­fens dof, maar die en­toe­si­as­me in Klaas se stem het klok­hel­der deur­ge­kom. Hy het toe reeds die ge­druk­te proef­weer­ga­we van sy dig­bun­del in sy han­de ge­had.

En met hier­die dig­bun­del hoop Klaas om vir men­se te wys e­nig­iets is moont­lik as jy reg­tig daad­werk­li­ke ver­an­de­rin­ge in jou le­we wíl aan­bring. Hy wil ook die jeug aan­moe­dig om nie met e­ni­ge ti­pe dwelms te eks­pe­ri­men­teer nie.

Klaas het as een van ses kin­ders in Bon­nie­va­le groot­ge­word. Met sy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.