KOOKKLAS: Maak só een­vou­di­ge maar smul­lek­ker palmiers!

Selfs in sy een­voud is dié vin­ni­ge vin­ger­hap­pie heer­lik om aan te peu­sel, maak nie saak wat die ge­leent­heid is nie.

Kuier - - Inhoud - DEur Ka­ren Hart

HAM-EN-KAAS PALMIERS Le­wer on­ge­veer 12 – 16 palmiers BESTANDDELE

1 rol be­vro­re puff pa­stry (skil­fer­deeg), ont­vries 3 eet­le­pels Di­jon-mos­terd 1 tee­le­pel heu­ning 120 g ham, in dun re­pies ge­sny 1 kop­pie par­me­saan­kaas, ge­ras­per

METODE

Rol die deeg ver­sig­tig oop in ’n reg­hoek. Maak dit mooi e­we­re­dig met ’n koek­rol­ler.

Meng die mos­terd en heu­ning en smeer e­we­re­dig oor die deeg se op­per­vlak. Laat ’n rand­jie van 1 cm reg rond­om oop.

Sprin­kel die ham bo-oor en dan die kaas.

Rol die deeg van bei­de kan­te af na bin­ne toe so­dat die twee rol­le in die mid­del by­me­kaar­kom. Sny in sky­we en plaas op ’n bak­plaat. Bak vir 10 – 15 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 200°C of tot goud en pof­fe­rig. Be­dien da­de­lik.

WENK:

In­dien jy ’n baie mooi diep goue kleur soek, kan jy 1 ei­er met 2 tee­le­pels wa­ter meng en bo-oor elk­een van die ge­sny­de palmiers verf voor­dat jy dit in die oond sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.