GE­SOND­HEID: Haal só die byt uit tande sny

Ba­bas sny soms moei­lik tande, maar met die reg­te raad van ken­ners en doe­pas van an­der ma’s, kan jy en jou ba­ba dié uit­da­gen­de tyd oor­leef.

Kuier - - Inhoud - DEUR Ro­we­na Hen­dricks

Jou ba­ba is so ou­lik dat jy haar wil op­vreet, maar wan­neer sy tande sny, is dit al­les­be­hal­we ’n soet saak. Want so skat­lik soos wat jou klein­ding kan wees met haar sag­te, pof­fe­ri­ge wan­ge­tjies, vet voet­jies en ba­ba­poei­er-boud­jies, kan ba­ba se eer­ste tande van die moei­lik­ste tye in haar en ook ’n ou­er se le­we wees.

Tande sny kan me­ni­ge ma en ba­ba sla­pe­lo­se nag­te be­sorg en al­bei uit­put, want wan­neer ’n tand deur die tand­vleis moet kom, is dit se­ker­lik een van die erg­ste en pyn­lik­ste goed wat so ’n k­lein ly­fie moet deur­maak. Wan­neer ba­ba ge­woon­lik so op ses maan­de be­gin tande kry, is hul­le rus­te­loos en ge­ïr­ri­teerd met al­les en al­mal om hul­le. Baie kan ook koors ont­wik­kel en selfs ’n paar los stoel­gan­ge het. Om­dat die klein­tjie ook soms wei­er om te eet en aan­hou­dend huil om­dat hul­le nie lek­ker voel nie, kan dit ou­ers teen die mu­re uit dryf.

VOLG DIÉ RAAD

Vol­gens Ni­cho­le Hen­dricks, ’n tand­arts van Eer­ste­ri­vier bui­te Kaap­stad, het ’n ba­ba re­de om up­set te wees, want die tande moet die tand­vleis deur­boor, wat vir baie pyn­lik kan wees. En om­dat ba­ba nie vir jou kan sê hoe hul­le voel of e­nig­iets vir die pyn kan neem nie, maak dit dié er­va­ring er­ger.

Sy sê die eer­ste te­kens dat ba­ba tande sny, is dat hul­le aan al­les wil byt en kou – Mam­ma se hand, die kom­bers, speel­goed, die bot­tel, ens.

“Nog ’n te­ken dat die tand be­sig is om deur die tand­vleis te druk, is die“k­lein bumps op die gums; dit be­gin ver­bleik (blanch) en dis bie­tjie wit­ter as die om­rin­gen­de gums,”sê Ni­cho­le.

Van die an­der simp­to­me wat daar­op kan dui dat ba­ba be­sig is om tande te sny, sluit in ver­steur­de slaap­pa­tro­ne, ge­swel­de tand­vleis, rooi wan­ge, oor­steek en hul­le wei­er om te eet.

Vir Me­gan Mey­er (33) van die S­trand bui­te Kaap­stad, was haar kin­ders se tande kry nog elke keer ’n baie sleg­te er­va­ring. Sy sê met haar twee oud­ste kin­ders (nou 3 en 2) het sy“al­les on­der die son pro­beer, en of dit sou werk of nie, ek het die kans ge­waag”.

Me­gan sê al­bei haar klein­tjies het ’n loop­maag en toe bor­sie ge­kry elke keer wan­neer hul­le tande ge­sny het. Haar red­ding was ’n meng­sel wat ’n ap­te­ker vir haar ge­maak het“wat won­ders vir my én my kin­ders ge­doen het”. Haar der­de en jong­ste ba­ba­seun is nou ’n paar maan­de oud, maar sy sid­der nou al as sy dink wat kom wan­neer hy gaan be­gin tande sny.

Tog sê Wen­dy Sa­mu­els (30) van Rait­hby bui­te So­mer­set-Wes, het bil­tong en bun­ny licks (ys­lol­lies) vir al­bei haar kin­ders ge­werk.“Dit het won­ders vir hul­le al­twee ge­doen. Nie een het ’n loop­maag of bors of niks ge­had nie. Die bun­ny lick het ek net so – son­der om dit oop te maak – vir hul­le ge­gee om te kou en só die gums ge­sooth en daai ge­jeu­ke­ry ge­sa­tisfy met die kou van bil­tong. So­dra dit (die bun­ny lick) ge­smelt het, het ek dit te­rug in die vries­kas ge­sit. Hul tand­jies het som­mer so ag­ter­me­kaar uit­ge­kom. So ek sou die twee (bil­tong en bun­ny licks) af­wis­sel,”sê sy.

Maar an­ders as baie men­se glo, is dit glad nie wys om die raad waar jy bran­dy aan die ba­ba se gums moet smeer, te volg nie, sê Ni­cho­le. Sy voeg by raad soos om vir jou ba­ba ’n stuk bil­tong te gee om aan te kou, kan dalk ’n bie­tjie ver­lig­ting bring vir die tand­vleis wat jeuk, maar selfs dít help ook nie al­tyd nie.

Die ou­men­se se raad om bran­de­wyn aan die gums te smeer, het eg­ter vir Mi­ri­am Wal­ters (56) van Ca­le­don, ’n ma van twee groot en suk­ses­vol­le jong­man­ne, ge­werk. Sy sê haar plaas­li­ke ap­te­ker het vir haar ja­re ge­le­de ge­sê sy moet bil­tong in bran­de­wyn doop en vir haar ba­ba gee om aan te kou en dit het soos ’n bom ge­werk.

En as die ma van ’n twee­ja­ri­ge kleu­ter, meen Yul­re­tia I­saacs (31) van Hel­der­zicht, ’n woon­buurt in So­mer­set-Wes, ook dié raad werk.“Dit werk met my seun­tjie. Vir ’n ba­ba net oor drie maan­de, meng twee drup­pels bran­de­wyn en een drup­pel suur­le­moen­sap, op ’n tee­le­pel en smeer aan die gums. Jy kan die do­sis ’n k­lein bie­tjie ver­meer­der so ou­er hul­le word.”

DIE SIMP­TO­ME

Baie ken­ners meen eg­ter simp­to­me soos ’n loop­neus, loop­maag, vel­uit­slag, as­ook hoë koors dalk glad nie deur tande sny self ver­oor­saak word nie, maar dat ba­bas meer vat­baar is vir in­fek­sies wan­neer hul­le tande kry. Ni­cho­le stem saam.“Tande sny het niks met e­ni­ge van dié kon­di­sies te doen nie. Daar mag dalk ’n k­lein ver­an­de­ring in ba­ba se stoel­gang wees en dis dalk meer ge­ler en suur as ge­woon­lik. En ’n lig­te koors is nor­maal. Maar as ba­ba meer as drie lo­pe­ri­ge doe­ke in een dag het, neem haar dok­ter toe,”waar­sku Ni­cho­le, om­dat ba­bas gou kan ont­wa­ter.

Sy meen ook die ou­ers moet ge­dul­dig wees met hul klein­tjies.“Pro­beer hul­le simp­to­ma­ties be­han­del wan­neer hul­le on­rus­tig raak. Die mees­te ou­ers ge­bruik Tee­jel wat oor die toon­bank by jou plaas­li­ke ap­teek ge­koop kan word. Jy kan ook ’n tee­thing ring in die vries­kas sit en haar la­ter daar­aan laat kou. Of jy kan ook ’n le­pel in die ys­kas sit en dit dan la­ter oor haar gums vryf,”sê sy.

Ni­cho­le sê ou­ers moet ver­al voor­sorg tref om te ver­hoed dat hul kin­ders vrot tande en an­der tand­vleis­pro­ble­me ont­wik­kel. Sy sê baie ou­ers is ge­neig om hul kin­ders met ’n bot­tel in die mond bed toe te s­tuur om só aan die slaap te raak.

“Ten­sy dit nie ’n wa­ter­bot­tel is nie, maar sap of tee, kan dit baie ska­de doen. Want wan­neer hul­le slaap, kom dit in di­rek­te kon­tak met die tande en om­dat daar dan min­der speek­sel in die mond is, kom die sui­ker in kon­tak met die tand-e­mal­je wat dit dan be­gin weg­vreet,”ver­dui­de­lik Ni­cho­le ver­der.

Haar raad is:“Tande moet goed na ge­kyk word. Maak goeie be­slui­te wat jou kind se di­eet be­tref, want dis baie be­lang­rik. Baie van die pro­duk­te soos net die ta­ma­tie­sous wat sy graag eet, kan sui­kers be­vat.

“Bor­sel dus jou kind se tande tot hul­le so ses of se­we jaar oud is. Wan­neer sy haar­self kan was en haar eie naam kan skryf, dan weet jy haar hand­vaar­dig­heid het ten vol­le ont­wik­kel en sy is nou ge­reed om haar eie tande te bor­sel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.