VERHOUDINGS: Het trou­rin­ge nog be­te­ke­nis?

’n Trou­ring nog al­tyd ge­sien as die sim­bool van e­wi­ge trou aan me­kaar. Maar is dít van­dag nog sÓ?

Kuier - - Inhoud - DEUR il­la­na frantz

As paar­tjies in die hu­we­lik tree, is dit die ge­bruik dat hul­le vir me­kaar rin­ge gee as te­ken van hul e­wi­ge lief­de en trou aan me­kaar.

’n Ring aan jou ring­vin­ger is ’n sim­bool wat twee men­se se lief­de vir me­kaar uit­beeld om­dat ’n sir­kel nie ’n be­gin- of eind­punt het nie. Dít was ook nog al­tyd u­ni­ver­seel aan­vaar as die sim­bool wat aan die wê­reld ver­kon­dig jy is ge­vat en nie meer en­kel­lo­pend nie. So­doen­de het al­mal ’n mak­lik her­ken­ba­re, nie-ver­ba­le te­ken ge­had wat jou oom­blik­lik laat weet het wie is ge­troud en wie nie. Maar nie al­mal deel dees­dae meer dié sen­ti­ment nie.

Van­dag kry jy baie paar­tjies wat ge­troud is, maar een of selfs al­bei hu­we­liks­maats dra nie ’n trou­ring nie. Maar het dit e­nig­sins ’n im­pak op die eint­li­ke hu­we­lik?

SIM­BOOL VAN LIEF­DE

Vir ons Kui­er- kol­le­ga Ry­an Ca­ro­li­sen (35) van Bell­vil­le in die noor­de­li­ke voor­ste­de van Kaap­stad, is die dra van trou­rin­ge baie be­lang­rik in sy hu­we­lik. Ry­an en sy vrou, O­li­via (35), is al agt jaar ge­troud en hul­le glo vas elk­een móét hul trou­ring dra.

“Soos ’n hond wat pee om sy ter­ri­to­ry uit te wys, net­so is die ring ook sim­bo­lies vir my vrou se ter­ri­to­ry,”spot Ry­an.

Hy sê al is hy nie een wat ju­we­liers­wa­re dra nie, was dit vir hom al­tyd ver­plig­tend om die ring te be­gin dra van­af die dag wat hy“I do”ge­sê het.

“Vir my is dit net soos, wat is die punt van ge­troud wees as jy nie jou ring wil dra nie? Ja, ek weet par­ty men­se voel ’n ring de­fi­ni­eer nie ’n hu­we­lik nie, maar vir my is dit ’n sim­bool wat wys ek be­hoort aan ie­mand.”

Om ’n trou­ring te dra is só be­lang­rik vir die Ca­ro­li­se­neg­paar, dat elk­een nou al op hul t­wee­de ring is – na­dat hul­le al­bei hul oor­spronk­li­ke rin­ge ver­loor het. Ry­an sê in dié tyd het hy ’n bie­tjie ver­lo­re ge­voel son­der sy ring. Maar al dra jy ring, voeg hy by, re­spek­teer baie men­se nie an­der se trou­rin­ge nie.

“’n Trou­ring dien nie al­tyd as be­sker­ming teen die aan­slae van die an­der ge­slag nie. Baie vroue, en soms selfs mans, sal na my kyk as­of hul­le my wil op­eet, ten spy­te van die feit dat ek ’n groot ring aan my ring­vin­ger dra,”sê hy.

MET LEË VINGERS

Dis eg­ter ’n heel an­der sto­rie vir René Sol­daat (34) en haar man, G­reg (37), van Gor­dons­baai. Ná tien jaar van ge­trou­de le­we dra nie een van hul­le meer hul trou­rin­ge nie en elk­een het sy eie re­des hier­voor. René sê ty­dens haar s­wan­ger­skap met haar t­wee­de ba­ba het haar vingers erg ge­swel en kon sy nie meer haar ring dra nie. En selfs ná die ba­ba se koms was haar vin­ger te vet vir haar trou­ring en nou loop sy maar daar­son­der.

“Ek be­plan ook nie om ’n an­der ring te koop nie, want ek voel dit is on­no­dig. Dis net ’n ring en maak geen ver­skil aan my

hu­we­lik of die feit dat ek ge­troud is nie. Ek het ook nooit ’n trou­pand ge­dra nie, net my ver­loof­ring en dit het nie vir my of my man ge­pla nie,”ver­dui­de­lik sy.

G­reg sê weer op sy beurt dat hy weens sy werk nie meer sy trou­ring dra nie.

“Ek is in die bou­be­dryf en aan die be­gin het die se­ment en an­der ma­te­ri­aal my ring be­gin be­ska­dig. En om­dat my vingers so dik is, moet ek my ring spe­si­aal laat maak, so voor dit heel­te­mal be­ska­dig is of weg­raak om­dat ek dit elke dag vir werk moet af­haal, los ek dit eer­der by die huis.”

René is ook van me­ning dat sy meer aan­dag van die teen­oor­ge­stel­de ge­slag kry wan­neer sy wel haar trou­ring aan­het.

“In my er­va­ring het ek ge­vind baie mans sien dit as ’n uit­da­ging. Hul­le sou tel­kens by my aan­lê toe ek nog my ring ge­dra het. En al dra ek nou al vir am­per twee jaar nie meer my trou­ring nie, vind ek dit steeds vreemd om te sien die eer­ste ding wat men­se doen wan­neer hul­le my alleen met my twee kin­ders sien, slaan hul oë da­de­lik na my ring­vin­ger, want hul­le is nuus­kie­rig om te weet of ek ge­troud of ’n en­kel­ma is,”skerts sy.

IS DIT BE­LANG­RIK?

S­te­pha­nie Daw­son-Cos­ser, ’n ver­hou­dings­te­ra­peut van Jo­han­nes­burg, ver­dui­de­lik dat ’n trou­ring wel ’n te­ken van ’n ver­bin­te­nis aan jou we­der­helf is, maar dis oop vir in­di­vi­du­e­le in­ter­pre­ta­sie.

“’n Ring is wel ’n o­pen­ba­re ver­kla­ring dat jy aan ie­mand be­hoort, maar om ge­troud te wees, gaan meer oor die e­mo­si­o­ne­le en gees­te­li­ke kon­nek­sie wat die twee men­se het,”sê S­te­pha­nie en ver­dui­de­lik dat vroue waar­skyn- lik meer waar­de heg aan die ring en sy be­te­ke­nis.

“Baie vroue meen om met ’n ring aan hul ring­vin­ger te loop, gee vir hul­le self­waar­de en ’n doel in die le­we. Hul in­druk is dat wan­neer men­se die ring sien, sal hul­le weet daar­die vrou het ’n man in haar le­we vir wie sy moet sorg, selfs al is dit nie die ge­val nie.

“Ek weet per­soon­lik ook van vroue wat nie ver­loof, ge­troud of selfs in ’n ver­hou­ding is nie, wat vir hul­self ’n ring ge­koop het om te dra, want dit gee hul­le ’n ge­voel van vry­heid, ver­al as hul­le pas uit ’n ver­hou­ding ge­kom het. Vir hul­le dien dié ring dan as ’n sim­bool dat hul­le aan­be­weeg het van hul vo­ri­ge maat,”ver­dui­de­lik sy.

S­te­pha­nie is ook ’n be­mid­de­laar as dit by eg­skei­dings kom en sy sê in haar er­va­ring is die een wat die dag­vaar­ding vir die eg­skei­ding in­ge­dien het, ge­woon­lik die een wat al hul trou­ring af­ge­haal het. In teen­stel­ling hier­mee dra die een wat nog in die pro­ses is om die eg­skei­ding te aan­vaar, steeds hul ring tot die bit­ter ein­de.

Sy meen ook die dra van ’n trou­ring of nie, maak nie ’n ver­skil vir ie­mand wat eg­breuk pleeg nie, want dit is ’n daad­werk­li­ke be­sluit wat die be­trok­ke per­soon neem. Sy voeg ook by, net om­dat jou man nie sy ring wil dra nie, be­te­ken nie hy is nie toe­ge­wyd aan jou of jul hu­we­lik nie.

“Ja­re te­rug het ons pa’s en ou­pas nie veel rin­ge ge­dra nie weens die ti­pe werk wat hul­le ge­doen het, en in se­ke­re kul­tu­re word daar ook nie van e­ni­ge van die par­tye ver­wag om e­ni­ge sig­ba­re te­ken te dra wat wys dat hul­le ge­troud is nie.

“’n Vrou mag be­kom­merd raak as sy sien haar man dra nie meer sy ring nie en dat dit ook met se­ke­re ge­drags­ver­an­de­rin­ge ge­paard gaan, wat daar­op kan dui dat ’n der­de per­soon dalk be­trok­ke kan wees.”

Oor die mo­der­ne ver­skyn­sel van men­se wat ’n tat­too op hul ring­vin­ger kry in plaas van ’n trou­ring, sê sy hul­le is baie dap­per om dié fashi­on sta­te­ment te maak, maar dat dit weer­eens af­hang van elke paar­tjie se per­soon­li­ke voor­keur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.