MY LE­WE: Dié ma het ’n kroos van 12!

Sy word ver­oor­deel om­dat sy so baie kin­ders het, maar vir dié ma is elk­een van hul­le ’n se­ë­ning.

Kuier - - Inhoud - DEUR El­ma­ri­ne An­tho­ny

Dees­dae klink dit dalk na baie om vyf kin­ders te hê, maar vir een paar­tjie van Wel­ling­ton in die Bo­land is dít nog niks. E­so­leen en Sal­mon Fi­lan­der, al­bei 47, het al­te­saam 12 kin­ders (5 seuns en 7 mei­sies)!

En dit maak nie saak hoe­veel ske­we ky­ke, ver­oor­de­lings en seer woor­de hul­le al ge­kry het nie, vir E­so­leen is dit ’n ge­loof­saak. Sy het op­hou voor­be­hoed ge­bruik ná die ge­boor­te van haar eer­ste kind om­dat dit haar“op­ge­blaas”laat voel het. Ses maan­de ná die ge­boor­te van haar t­wee­de kind het sy haar be­keer.“Ek het toe be­sef voor­be­hoed is nie vir ’n vrou nie. Dis teen die Woord. 1 Timót­he­us 2:15 lui:‘Maar sy sal ge­red word deur kin­ders te baar’.”En dít is die woor­de waar­by E­so­leen le­we.

Jy stap in hul huis met ’n groot oop ruim­te tus­sen die kom­buis en sit­ka­mer. Drie kin­ders staan in die kom­buis, maar daar kom ál meer kin­ders uit die ka­mers. Oral is fo­to’s van die ge­sin. E­so­leen en Sal­mon het elf kin­ders van hul eie. Tien kin­ders tus­sen die ou­der­dom van 5 en 29 is steeds in die huis, ter­wyl een an­der kind by De La Bat Skool vir Do­wes in Wor­ces­ter woon en elke na­week huis toe kom.

Dan het die paar­tjie ook hul hart en huis vir nóg ’n kind oop­ge­maak. Hul 19-ja­ri­ge­dog­ter, A­li­cia, het al­tyd een van haar vrien­din­ne se ba­ba­dog­ter­tjie, Faith­lyn, huis toe ge­bring. Die fa­mi­lie het lief ge­word vir Faith­lyn en ná ’n tyd ook haar ma leer ken.

“Die ma het ge­sê aan­ge­sien ons so om­gee vir die kind en haar ver­sorg, voel sy haar kind moet by ons bly. Dis nie dat haar ma sleg is nie. Ons help net vir haar,”ver­tel E­so­leen. Hul­le het ook vyf klein­kin­ders en dié bly ook al­mal by E­so­leen en Sal­mon.

woor­de maak seer

Men­se het al aan E­so­leen ge­sê sy“teel soos ’n hond”en sy doen dit vir die SASSA-geld. An­der kin­ders het al aan haar kin­ders ge­sê hul ma het“groot ge­slags­de­le”en dat hul­le ’n rug­by- en net­bal­span is. En die fa­mi­lie voel soms baie seer­ge­maak oor die din­ge wat men­se sê.“Ons kyk ver­by die ne­ga­ti­wi­teit. Ek sê vir my kin­ders men­se sê die goed om­dat ek vir die Woord staan, maar jul­le kan die hand van die He­re in dié wo­ning sien. Hul­le het ’n te­kort aan niks nie. Ons vra vir nie­mand niks,”ver­tel E­so­leen.

Al het die fa­mi­lie soms deur moei­li­ke fi­nan­si­ë­le tye ge­gaan, het haar kin­ders nog nooit hon­ger gaan slaap nie, voeg sy by. Al die kin­ders wat skool­gaan, is net­jies ge­klee en die fa­mi­lie het die huis oor die ja­re uit­ge­brei. Sal­mon is ’n vrag­mo­tor­be­stuur­der en die ou­er kin­ders wat werk, help ook fi­nan­si­eel uit. E­so­leen het ja­re te­rug ’n huis­win­kel­tjie ge­had waar­mee al die kin­ders ge­help het, maar moes dit sluit weens kom­pe­ti­sie. Sy help tans haar sus­ter in haar crè­che.

Elke ge­boor­te het ver­skil van me­kaar. Hoe meer­der, hoe seer­der. Jy móét pyn. E­so­leen Fi­lan­der

Die kin­ders het hul sleg­te dae, maar hul­le is ge­luk­kig, sê E­so­leen.“Daar is tye wan­neer daar pro­ble­me is, maar as ek my kin­ders so kyk, kan ek sien hul­le is baie lief vir me­kaar en ge­niet me­kaar. Ek sê al­tyd vir hul­le,‘jul­le moet me­kaar waar­deer en re­spek­teer’.”

Die kin­ders speel lek­ker saam in die kom­buis en voor­huis en spot ook soms met me­kaar. Die oud­ste, Lu­ci­a­no (29), stap ver­by en jo­ke:“Ver­tel hoe hul­le vir Mam­mie die ver­keer­de ba­ba by die hos­pi­taal ge­gee het.”Hy praat van Gi­de­on (5), die jong­ste wat langs sy ma met sy kop op die ta­fel lê. “Hy is die ba­ba­tjie en hul­le is ’n bie­tjie baie ja­loers op hom,”lag E­so­leen, ter­wyl sy Gi­de­on se rug streel.

Sal­mo­ni­que (16) sê sy praat soms heel pou­se by die skool net oor haar broers en sus­ters.“Daar is tye wat ons stry en toe ek in gr. 2 was, moes ons baie ge­hoor het ons is ’n klomp kin­ders en ons is ’n rug­by­span. Dit het my nie lek­ker laat voel nie. Nou voel ek meer ge­mak­lik en be­sef hoe mooi dit is dat ons in van­dag se wê­reld so ’n groot fa­mi­lie kan wees,”ver­tel sy. Haar broer Sal­mon-lee (14) sê dis lek­ker om so baie broers en sus­ters te hê om­dat hul­le lek­ker saam­speel en saam­praat.

“En wan­neer ons hart­seer is, kan ons saam me­kaar help,”sê hy.

Ge­vra oor die ge­sin se og­gend­roe­ti­ne, be­gin E­so­leen on­mid­del­lik lag.“Dit gaan woes, maar ons is al ge­woond daar­aan. Ons help me­kaar. Die een stryk ter­wyl die an­der hul­self was.”Vol­gens haar is dit mak­li­ker as elke ding op sy plek is so­dat sy nie hoef te soek nie.“Boe­tie hier is jou on­der­kle­re, dit is jou­ne … elk­een gaan haal sy ding wat hy no­dig het. My man staan 05:00 op om hul­le aan te jaag en hom­self reg te kry,”ver­tel E­so­leen.

Hoe­wel hul huis ver­groot is en hul­le vier slaap­ka­mers het, er­ken E­so­leen sy en haar man het nie baie pri­vaat­heid weens die slaap­re­ë­lings nie. Die kin­ders het nie aan­ge­we­se ka­mers nie.“Ek en my man het nie eint­lik ons eie slaap­ka­mer nie. Ek skel baie en sê‘gaan net uit hier­so’. Hier is niks pri­vaat­heid nie. Ná twee mi­nu­te is al die ko­ny­ne weer daar. Soms sê my man‘kom ons gaan ry ’n bie­tjie,’maar voor ons in die kar kan klim, is hul­le al klaar in die kar,”sê E­so­leen lag­gend.“Maar ons ge­niet dit. Ons ge­niet ons kin­ders.”

HAAR TWAALF SEËNINGE

Jy kan haar lief­de vir haar kin­ders op haar ge­sig sien wan­neer sy oor hul­le praat. Sy het op na­tuur­li­ke wy­se ge­boor­te ge­skenk aan tien kin­ders en het slegs met die jong­ste ’n kei­ser­snee ge­had. Jy sou dink dat dit mak­li­ker sou word met elke s­wan­ger­skap, maar E­so­leen bars skoon van lag uit hier­oor.“Jy ver­geet nie die pyn nie en elke kind se ge­boor­te is as­of dit gis­ter was. Elke ge­boor­te het ver­skil van me­kaar. Hoe meer­der, hoe seer­der. Jy móét pyn. Som­tyds het dit ge­voel jy wil daai hos­pi­taal se mu­re uit­klim. Jy bid dat die kind nou net ge­bo­re kan word.”

Maar nie al die swan­ger­skap­pe het ’n ge­luk­ki­ge ein­de ge­had nie. E­so­leen het op vyf maan­de ’n mis­kraam met haar vier­de s­wan­ger­skap ge­had. Sy suk­kel om oor die mis­kraam te praat en sê hart­seer sy het nie ge­weet sy was s­wan­ger nie.“Hy is steeds deel van my.”

Met haar se­wen­de s­wan­ger­skap het die dok­ter ge­sê sy moet op­hou kin­ders kry.“Jy gaan sterf met kind­jie en al,”het die dok­ter ge­sê ter­wyl sy vyf maan­de s­wan­ger was, ver­tel E­so­leen.“Ek het ge­dink hoe kan ’n dok­ter vir ’n mam­mie só sê? Hoe gaan daar­die mam­mie voel wan­neer sy ge­boor­te gaan skenk? Hul­le (dok­ters) het met elke s­wan­ger­skap met my ge­skel, want jy kan nie in van­dag se tyd so ’n klomp kin­ders hê nie. Ek maak die land se e­ko­no­mie ’n ge­mors, het ek ge­hoor. Hul­le het ná ’n se­ke­re tyd vir my ge­sê my baar­moe­der sal dit nie meer kan dra nie,”ver­tel sy met on­ge­loof op haar ge­sig.

Sy is eg­ter nog in staat om kin­ders te kry.“Nie een van die swan­ger­skap­pe was be­plan nie. As hy kom dan kom hy,”sê E­so­leen oor die moont­lik­heid van ’n der­tien­de kind. Maar dit maak nie saak wat ge­beur nie, vir nou tel sy haar seëninge – ál twaalf van hul­le!

HOOFFOTO: E­so­leen Fi­lan­der (47) met van haar kroos. REGS: Pa Sal­mon Fi­lan­der (47) en hul ne­gen­tien­ja­ri­ge dog­ter, A­li­cia, by ’n vo­ri­ge ge­leent­heid.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.