SWANGERSKAPTIPS: Be­rei jou só voor

S­wan­ger­skap is ’n reis. Be­rei jou­self dus voor met ken­nis, soos om o­lie aan jou rek­mer­ke te smeer om dit mi­ni­maal te hou.

Kuier - - Inhoud - DEUR C­har­mo­ni­que Mey­er

daar is se­ker niks meer op­win­dends vir ’n ver­wag­ten­de ou­er­paar as wan­neer die groot oom­blik in die kraam­saal aan­breek nie. Maar e­ni­ge ou­er sal jou ook ver­tel, niks kan jou reg­tig vir daar­die oom­blik voor­be­rei nie, want ver­al met die eer­ste keer weet jy nie wat om te ver­wag of hoe jy daar­op gaan re­a­geer nie.

Daar is die mal­le ge­jaag na die hos­pi­taal as die eer­ste steek­py­ne kom, al is jul­le nie heel­te­mal se­ker of daar­die py­ne dié py­ne is nie. En as jul­le eers by die hos­pi­taal of kli­niek aan­ge­kom het, is dit ook nie da­de­lik kraam­saal toe nie; daar is al­tyd vorms wat in­ge­vul moet word wat mens van ver­geet.

Som­mi­ge nu­we ou­ers is so op­ge­won­de dat die oom­blik vir hul­le net te groot raak, an­der se angs ry hul­le weer só dat hul­le skoon om­kap en die groot oom­blik mis. Dis ge­woon­lik die pap­pas! En Mam­ma?

Wel, sy moet al die har­de werk doen en die ou­es van dae se raad is, hoe rus­ti­ger en min­der angs­tig sy is, hoe be­ter vir al die be­trok­ke­nes; nu­we ba­ba in­kluis.

WEES VOORBEREID

Die ken­ners meen die beste ma­nier om die nu­we ma (of pa) ge­rus te stel oor wat vir hul­le voor­lê, is om hul­le met ken­nis te be­mag­tig. Hoe meer hul­le weet, hoe min­der angs sal hul­le er­vaar. Die waar­de van voor­ge­boor­te-op­voe­ding kan glad nie on­der­skat word nie. Dees­dae bied hos­pi­ta­le en kli­nie­ke voor­ge­boor­te-klas­se aan en dit word aan­be­veel vir ver­wag­ten­de paar­tjies. Maar as dit nie by jou hos­pi­taal of kli­niek aan­ge­bied word nie, be­te­ken dit nie jy hoef niks oor die saak uit te vind nie.

Vra som­mer jou eie ma of an­ties, want hul­le is al­mal deur die­self­de pro­ses en kan jou sê wat om te ver­wag.

Die an­der al­ter­na­tief is om op die in­ter­net of by die bi­bli­o­teek ook die saak te gaan op­lees (maar wees ver­sig­tig, moet ook nie al­les glo wat dr. Google sê nie!).

Jy kan baie doen om die kraam­pro­ses so kalm en son­der angs moont­lik te maak. Dit be­gin by wie jy saam met jou vat. Maak se­ker jy het ’n goeie on­der­steu­ning­stel­sel en men­se om jou wat jou gaan on­der­steun en nie gaan ont­stel of meer angs­tig maak nie.

Dit is ook baie be­lang­rik dat jy weet hoe jou lig­gaam werk en wat­ter hor­mo­ne ’n rol gaan speel om jou voor te be­rei vir kraam én daar­na, wan­neer jy jou ba­ba moet ver­sorg. Maak se­ker jou al­ge­me­ne ge­sond­heid is goed en volg ’n ge­son­de eet­plan wat ba­ba se ge­sond­heid en ont­wik­ke­ling sal be­vor­der en jou­self in gre­at shape sal hou.

Hou ook in ge­dag­te dat jou vel be­sig is om te rek so­dat daar ge­noeg ruim­te vir be­we­ging is vir ba­ba. So mas­seer jou lig­gaam met o­lie om rek­mer­ke te voor­kom en moe­nie jou vel krap nie, selfs al jeuk dit; die o­lie sal dit ver­koel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.