Wat die hart van vol is

Dis nie vir al­mal be­sko­re om ’n ma te wees nie. Maar al het jy nie self ’n kind ge­baar nie, kan jy steeds ’n ma vir ve­le wees.

Kuier - - Inhoud - Deur Mar­ga­reth Vi­lan­der

Ek het al ’n ge­dig­gie ge­skryf, ge­ti­teld “On­ver­vul­de vrou”. Dit lui:“Ek is ’n vrou, ’n vrou so u­niek uit God se han­de ge­vou. Die wê­reld sê; on­vrug­ba­re vrou, want jy kan nie ’n na­sie bou”.

Dit is net die eer­ste re­ëls van die ge­dig­gie. Dit help baie om te praat en te skryf oor hoe jy voel, want dit dien as ’n hulp­mid­del vir ge­ne­sing. Baie sê die pyn ge­nees nooit, want jy word ge­du­rig daar­aan her­in­ner. Vra maar vir dié wat weet en wat dit elke keer moet hoor; die ver­ne­de­rings, ver­wy­te en woor­de wat jy toe­ge­snou word. Ja, dit maak seer om an­der mam­mas met hul kin­ders te sien, met die we­te dat jy nooit daar­voor be­sko­re is nie.

Om ’n vrou te wees, is nie nood­wen­dig om kin­ders te baar en groot te maak nie; God het ons uit­ge­kies vir meer.

Elke vrou is u­niek op haar eie. Ons mag dalk nie die py­ne deur­maak wat an­der vroue voel ty­dens hul s­wan­ger­skap en wan­neer hul­le ge­boor­te skenk nie, maar ons kin­der­lo­se vroue is tog daar om dié te help wat weens om­stan­dig­he­de nie hul eie kin­ders kan groot­maak nie deur hul­le aan te neem en as jou eie groot te maak.

Ek het ook ge­droom daar­van om een­dag my eie kin­ders te hê, maar God het ’n an­der plan vir my. Hy weet wat die beste is vir Sy kin­ders en ek ver­trou Hom vol­ko­me, want Sy plan is ’n mees­ter­stuk.

Ek kon net nie daar­die aand aan die slaap raak nie en toe kom praat God met my. Dit is as­of Hy my wak­ker ge­maak het, een­uur in die mô­re om dit woord vir woord neer te pen. Dit is God se ma­nier om my te help om vre­de daar­mee te maak.

Ek het ook ge­droom daar­van om een­dag my eie kin­ders te hê, maar God het ’n an­der plan vir my.

As kind het ek maar al­tyd my ge­voe­lens neer­ge­skryf en dit het my be­ter laat voel. Daar was so ’n groot klip in die veld na­by ons huis waar­na ek ge­reeld ge­gaan het om met die He­re te praat. Wan­neer ek daar­van te­rug­ge­keer het huis toe, het ek vre­de in my hart ge­had, want ek het ge­voel Hy het na my ge­luis­ter. Dit is hoe ek nou op hier­die oom­blik voel; Hy het my kom ver­vul. Ek het sus­ters en ’n broer wat kin­ders het en hul kin­ders bied my al die vreug­de. Ek het hul­le sien groot­word, ge­help met win­de uit­vryf, doe­ke om­ruil, hul­le aan die slaap ge­sing, was daar toe hul­le hul eer­ste treë ge­gee het, hul eer­ste skool­dag by­ge­woon, saam­ge­lag en saam­ge­huil . . . Ja, wat ’n won­der­li­ke voor­reg om deel van sul­ke won­der­li­ke men­sies se le­wens te wees. Ek woon elke funk­sie by wat hul­le by die skool het, kom­pe­ti­sies waar­aan hul­le deelneem en/of dit nou vir ’n mo­de­pa­ra­de of sport is, ek is daar. Ek help met skool­ta­ke, gee raad en ek is al­tyd ’n skou­er om op te huil wan­neer hul­le seer­kry of mis­moe­dig voel. Ek het nie die pyn ge­voel van ’n mam­ma nie, maar tog voel hul­le soos my eie. Ek is baie lief vir kin­ders en sal hul­le die no­di­ge re­spek en lief­de gee wat hul­le ver­dien, so­lank hul­le leer om my te re­spek­teer. My deur is al­tyd oop vir dié wat hul­pe­loos is, wat soek na moe­der­li­ke lief­de en net na ge­luis­ter wil word. Ek wil nie­mand se kin­ders van hul­le af weg­neem nie, ek wil net help. Ek kan nie ’n kind weg­wys wat kom raad en lei­ding vra of vir ’n stuk­kie brood om die hon­ger te stil nie; dit gee my daar­die vre­de in my hart.

’n Kind is ’n ge­skenk van God. Kyk maar net na die ma­nier hoe ba­ba Je­sus in die wê­reld ge­kom het – ’n Ko­nings­kind. Sy koms het ’n groot op­roer ver­oor­saak. ’n Kind­jie wat ons vrees kom be­sweer het. Ons vier elke jaar Sy ge­boor­te met groot vreug­de, want Hy is die Mes­si­as. Vir baie was dit ’n ty­ding van groot blyd­skap en vir an­der nie, soos dit met die koms van ’n kind­jie in ’n huis­ge­sin is.

Kin­der­lo­se vroue, jy is ge­ska­pe deur God om Sy ta­ke te vol­tooi. Die wê­reld mag dalk nie jou ta­lent raak­sien nie, maar tog sien God dit. Die wê­reld mag jou mis­bruik en uit­jou, jou laat voel jy is van geen nut, maar God het nog lank nie van jou ver­geet nie, want Hy wil jou ge­bruik in Sy ak­ker. Daar is baie kin­ders wat wees ge­laat is, wat op jou wag om ’n mam­ma te wees vir hom of haar. Staan op en maak van­dag kin­der­har­te bly. In God se oë is jy spe­si­aal en waar­de is ge­heg aan jou vrou­wees.

“We are des­ti­ned for mo­re, we are worth a wo­man of lo­ve”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.