An­tie Val

Suk­kel jy met jou lief­des­le­we? Hier is raad.

Kuier - - Inhoud -

Ver­keer­de be­geer­te Vraag VERBODEVRUGTE

Ek is ver­lief op ’n ge­trou­de man. Sal ek ooit van hom kan ver­geet? Sal ek ooit my eie trou­man kry? VERWARD

Ant­woord BESTEVERWARD

Ai, dit is nou vir jou iets waar­oor so baie vroue twy­fel, maar die feit be­staan dat jy nooit met ie­mand an­ders se man ge­luk­kig gaan wees nie. Deur dít te doen, gee jy jou hart en ka­rak­ter prys. Bly weg van die man so­dat hy en sy vrou hul din­ge kan uit­sor­teer, al be­land hul­le in die skei­hof. Al be­lo­we hy jou dat hy dalk met jou wil wees, kan jy net in die on­ge­luk­ki­ge po­si­sie be­land om nooit die vol­waar­di­ge vrou aan sy sy te word nie. In die tus­sen­tyd sny jy jou­self af van an­der moont­li­ke kan­di­da­te wat dalk meer ge­skik is vir jou. Hou op om jou tyd te mors met ’n on­be­skik­ba­re man ter­wyl daar meer as een man daar bui­te is wat eint­lik vir jou be­doel is. Skrik wak­ker en kry self­re­spek, dan sal jy weet dit is nie reg om te be­geer wat nie jou­ne is nie. Werk aan ’n lig­ter le­we wat meer be­derf en ge­luk vir jou in­sluit.

Vraag HAAR OU HET GECHEAT

Ek het ’n pro­bleem met my boyf­riend. Ek het s­wan­ger ge­raak met ons ba­ba, toe vind ek uit hy is be­sig met ie­mand an­ders. Hy het dit eers ont­ken en dit het my hart baie seer­ge­maak. Ek het hom ge­sê om my uit te los, maar hy het aan­hou bel al het ek ge­sê ek voel niks meer vir hom nie. Ná ons ba­ba se ge­boor­te, het hy kom jam­mer sê en ek het hom ver­ge­we. Nou wil ek weet, sal dit ooit kan werk tus­sen ons? Want elke keer as hy net een din­ge­tjie ver­keerd doen, dan bring ek dit op. SEER­GE­MAAK

Ant­woord BESTE SEER­GE­MAAK

Ag nee, dit is so hart­seer om ’n kind in die le­we te bring en dan nog met sul­ke on­no­di­ge on­ge­luk te sit. Die man klink self­sug­tig en net mooi vrot. Ek is so bly dat jy die ne­ga­tie­we si­tu­a­sie uit jou le­we ge­sny het en lie­wer ver­kies het om op jou on­skul­di­ge ba­ba te kon­sen­treer. Hy sal al­tyd jou ba­ba se pa bly en dit is sy ver­ant­woor­de­lik­heid om ’n ver­hou­ding met sy kind te hê. Dit is nie jou werk om dit moei­lik of mak­lik te maak nie. Wees jy net die beste ma wat jy kan wees om jou kind se leem­tes te vul. Ek dink hy het jou so seer­ge­maak dat jy eint­lik nooit daar­van sal ver­geet nie. Die feit dat jy dit elke keer op­bring as jul­le stry, sê vir my dat jy nog nie oor jou seer­kry is nie en jy hom nie ver­trou nie. ’n Mens bly nie met ie­mand ter wil­le van ’n kind nie. Jou kind se le­we kan steeds vol lief­de en aan­dag wees as jul­le al­bei ge­luk­kig is en op die ba­ba kon­sen­treer, al is jul­le nie saam nie. Dink mooi oor jou be­sluit.

Vraag GE­SKEI & EENSAAM

Ek is in my vyf­tigs, ge­skei en eensaam. Ek was in ’n a­bu­si­ve hu­we­lik wat my met ve­le let­sels ge­laat het. Hy het mos ge­sê hy sal sorg dat nie­mand an­ders my wil hê nie. My vraag is dus, is daar nog eer­ba­re en op­reg­te mans daar bui­te wat ’n goeie vrou kan waar­deer son­der om na die ui­ter­li­ke te kyk? SOEK ’N MAATJIE

Ant­woord BESTE SOEK ’N MAATJIE

Ek is baie jam­mer dat jy so sleg be­han­del was en jy nou met let­sels van bin­ne en bui­te sit. Wees net dank­baar dat hy nie meer in jou le­we is nie en dat daai angs en vrees wat jy er­vaar het toe jul­le nog saam was, ook weg is. Moet nooit won­der of die werk van ’n man, dié van die He­re kan uit­wis nie. Daar is be­slis vir jou ’n gro­ter plan; een wat nie­mand nou sal kan i­den­ti­fi­seer nie, maar wat wel in die toe­koms aan jou be­kend­ge­maak sal word. Moet nooit moed ver­loor nie. Jou mooi bin­ne­ste sal die werk vir jou doen en wees oor­tuig dat daar wel goeie mans daar bui­te is. Mans word ook seer­ge­maak en gaan baie deur soort­ge­ly­ke pro­ble­me. Dus is dit nie moei­lik om te glo dat daar ’n prins vir jou wag nie. Hy is self gre­tig om sy nu­we hoof­stuk met jou te be­gin. Een wat vreug­de, lief­de en re­spek in­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.