SMS

Kuier - - Kuierhoekie -

Kui­er, jul­le lig my ge­kneus­de ge­moed nou so op met Wat die hart van vol is in 8 Fe­bru­a­rie 2017 se uit­ga­we. Ek skep weer moed. Baie dan­kie Kui­er. JACOBA MATTHEWS, WOR­CES­TER

Baie dan­kie Kui­er, vir jul won­der­li­ke tyd­skrif. Ver­al die re­sep­te, ver­ha­le en mooi sto­ries. MARIA BRAND, PAROW

Kui­er- men­se, ek voel soos ie­mand met ’n nu­we stryk­ys­ter. Die Fe­bru­a­rie-wenk is wrag­tig ’n wenner. Net ge­dink ek moet jul­le laat weet. Dan­kie vir die wen­ke. SANDRA, BELL­VIL­LE Ek dit is so tra­gies dat bu­re nie met me­kaar praat nie (Des­pe­ra­te ma se daad, 8 Fe­bru­a­rie 2017). Ons har­te gaan uit na die seuns en ons bid dat God hul­le baie ge­na­dig sal wees. ELLEN, KUILS­RI­VIER

Laat nie­mand oor­deel nie! Ie­mand wat só des­pe­raat is, dink nie meer ra­si­o­neel nie (Des­pe­ra­te ma se daad, 8 Fe­bru­a­rie 2017). Ek bid ook vir die twee­ling. ELDENE Bid vir A­nee­sa (Des­pe­ra­te ma se daad, 8 Fe­bru­a­rie 2017). Hoop on­se Va­der hou Sy hand van ge­na­de oor haar. Sy was hart­seer en des­pe­raat en ver­dien ge­na­de. POPPIE, CENTURION Die sto­rie van die des­pe­ra­te ma wat haar seuns ge­skiet het, het my diep ge­tref ( Des­pe­ra­te ma se daad, 8 Fe­bru­a­rie 2017). Nie­mand ken die hart van ’n moe­der nie, net God alleen. Toe haar held, hel­per en le­wens­maat sterf, het haar le­we in duie ge­stort en sy het ge­dink die mak­lik­ste ma­nier is om haar en haar kin­ders se le­we te be­ëin­dig, maar dank die He­re dat Hy van be­ter ge­weet het. Hy het die twee­ling laat le­we om sy ge­tui­e­nis uit te dra. Mag daar net mooi din­ge vir hul­le in die toe­koms lê en mag God die een wat in die hos­pi­taal lê, ge­sond maak. Net God alleen kan die wond ge­nees. Hoe so iets

met so ’n lief­de­vol­le ge­sin kon ge­beur, is tra­gies. Kom ons as Kui­er- le­sers hou hul­le in ons ge­be­de en dan­kie Kui­er vir jul span­werk en goeie lees­stof. FRANCES SMALL, ROCKLANDS

Ek het nou die sto­rie ge­lees van die ma wat haar kin­ders en haar­self ge­skiet het ( Des­pe­ra­te ma se daad, 8 Fe­bru­a­rie 2017). Dit maak my hart baie seer en Ya­qoob se sto­rie het my hart ge­ruk. Net God weet wat in daar­die ma se kop aan­ge­gaan het. Ons moet bid vir daar­die twee kin­ders wat oor­leef het. My hart gaan ook uit na Wa­seem, hy was so mooi seun. S­terk­te. FLORIE VAN WYK, JO­HAN­NES­BURG Die wa­ter is so skaars, daar­om vra ek: Hoe­kom laat die mu­ni­si­pa­li­tei­te die kar­was­plek­ke toe om so baie wa­ter te ge­bruik? (Waar’s die wa­ter? 8 Fe­bru­a­rie 2017) Of wat­se wa­ter ge­bruik hul­le dan? R. VAN BRENTHURST, BRAKPAN

Jul­le ou­ens, ek ge­niet Kui­er vrees­lik en koop hom ge­reeld. Ek is ook ’n fan van ’n an­der Afrikaanse tyd­skrif, want ek ver­slind die blok­raaie. Dan­kie vir so puik tyd­skrif! HETTIE PIETERSE, HARRISMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.