Hal­lo my Kui­er- men­se,

Kuier - - Kuierhoekie -

Tra­di­si­o­neel is hier­die die uit­ga­we waar­in ons na fer­ti­li­teits­kwes­sies kyk, juis om­dat ons so baie na­vrae van le­sers daar­oor kry.

Ons is ook baie ge­ëerd dat die prag­ti­ge Hil­de­gardt W­hi­tes in­ge­stem het om in hier­die spe­si­a­le tyd van haar le­we op ons voor­blad te ver­skyn. Vroue is ge­woon­lik die fo­kus wan­neer dit by fertiliteit en s­wan­ger­skap kom, maar mans speel ’n be­lang­ri­ke rol in die saak en ons het dit ook uit hul oog­punt be­kyk. Dis nog­al aan­gry­pend om te hoor wat hul­le deur­maak as die pro­bleem by hul­le lê (blad­sy 12).

Dan stel ons jul­le ook aan Dr. Thabo be­kend. Ons het al so baie van sy suk­ses­ver­ha­le met ons le­sers ge­deel, maar uit­ein­de­lik die ge­leent­heid ge­kry om dié merk­waar­di­ge man se eie sto­rie te ver­tel. Moet dit nie mis­loop nie.

Maar daar is baie meer om na uit te sien in hier­die uit­ga­we. Ek het om­trent oor elke sto­rie ’n me­ning ge­had! En oor par­ty van die kwes­sies het ek nog­al sterk ge­voel, soos Ernusta se ha­re-sto­rie (blad­sy 20). Ek dink nie daar is ’n vrou op die pla­neet wat nie iets oor ha­re te sê het nie en ek het nie plek om my he­le haar­ge­skie­de­nis hier te ver­tel nie, maar ek wil net hier­die met jul­le deel: Die dag toe my ha­re die eer­ste keer reg­uit ge­maak is, het my an­tie tot fo­to’s van die ge­beur­te­nis ge­vat!

Tot vol­gen­de keer,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.