FASHIONISTAS IN DIE HUIS!

Kuier - - Kuierhoekie -

ANETTE DE WET: Ek het groot­ge­word op ’n plaas in die K­lein-Ka­roo, maar my Bar­bie-pop­pe was al­tyd fan­cier as die dorpskin­ders s’n aan­ge­trek. Ek het op Pot­chef­stroom stu­deer en by ’n tyd­skrif my mo­de-in­tern­skap ge­doen. Ek is al vyf jaar ge­troud en woon saam met my man in See­punt, Kaap­stad. My guns­te­ling-quo­te is: Werk hard en bly ni­ce. Ek glo vas dis die goue re­ël om dit in die be­dryf te maak. Op my buc­ket­list is om Zoë Bro­wn van Ex­pres­so te sti­leer vir ’n Kui­er- voor­blad. TAUGHEEDAH ABDULLAH JACOBS: Die mees­te men­se kan nie my naam uit­spreek nie, so ek is be­kend as T. Ek is ’n ma van drie en is baie ge­luk­kig om self em­ploy­ed te kan wees. Ek kan baie praat, is op­ge­wek en quir­ky en is ver­al pas­sie­vol oor my werk, want ek shop vir ’n le­we en kan heel­dag dress-up speel én daar­oor skryf! In my vry­e­tyd hou ek my­self be­sig met DIY-pro­jek­te – dis op­win­dend en uit­da­gend om iets uit niks te skep. Ek hou daar­van om be­hind the sce­nes te werk, want dis waar die ma­gic ge­beur! Nou en dan be­derf ek my­self met ’n spa-dag of ’n dag by die see, maar my harts­plek is op my rus­bank met my re­mo­te in die hand.

Ek is a­w­kward voor die ka­me­ra, maar fashi­on en men­se bring my kre­a­tie­we sy na vo­re. Taugheedah Abdullah Jacobs

Kui­er se twee nu­we fashionistas Anette de Wet (BO) en Taugheedah Abdullah Jacobs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.