MIELIE-EN-PEPPADEW-BROOD

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

Ge­noeg vir 8 – 10 BESTANDDELE

225 g sag­te bot­ter ¾ kop­pie sui­ker 4 ei­ers 1 kop­pie koek­meel 1 kop­pie braai­pap 2 eet­le­pels bak­poei­er 1 tee­le­pel sout 1 x 410 g blik sweet corn (ge­room­de mie­lies) ¼ kop­pie pep­pa­dews, fyn­ge­kap 1 kop­pie ched­dar­kaas, ge­ras­per

METODE

K­lits die bot­ter en sui­ker saam tot lig en ro­me­rig. Voeg die ei­ers een vir een by en k­lits goed ná elke by­voe­ging. Meng die meel, braai­pap, bak­poei­er en sout in ’n gro­te­ri­ge meng­bak. Voeg die mie­lies, pep­pa­dews en kaas by en meng goed. S­kep in ’n ge­smeer­de vier­kan­ti­ge pan­ne­tjie van on­ge­veer 20 x 20 cm en bak vir 50 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 170°C. Laat ef­fens af­koel, sny in blok­ke en be­dien met bot­ter. Dis heer­lik saam met braai­vleis of ’n lek­ker sop of bre­die. Of som­mer net so.

WENK:

Jy kan ge­wo­ne mie­lie­meel of geel mie­lie­meel in die plek van die braai­pap ge­bruik, maar ek hou van die ek­stra teks­tuur – ver­al in dié brood­jie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.