BIER-EN-SONGEDROOGDE TAMATIEBROOD

Le­wer 1 stan­daard-groot­te brood

Kuier - - IN DIE KOMBUIS -

BESTANDDELE

1 eet­le­pel vars o­ri­ga­num, ge­kap (of 1½ tee­le­pels droë o­ri­ga­num) 3 eet­le­pels vars pie­ter­sie­lie, ge­kap 2 eet­le­pels vars ba­si­lie­kruid, ge­kap 3 eet­le­pels songedroogde ta­ma­ties, ge­kap 1 tee­le­pel ge­stamp­te swart­pe­per­kor­rels 3 eet­le­pels vars par­me­saan­kaas, ge­ras­per 2 knof­fel­toon­tjies, ge­kneus en fyn­ge­kap 3 kop­pies self-rai­sing flour (bruis­meel) 1 tee­le­pel sout 2 tee­le­pels sui­ker 1½ – 2 kop­pies bier (by ka­mer­tem­pe­ra­tuur) 2 tee­le­pels o­lyf­o­lie METODE Meng die o­ri­ga­num, pie­ter­sie­lie, ba­si­lie­kruid, ta­ma­ties, pe­per­kor­rels, kaas en knof­fel en hou een­kant. Sif die meel, sout en sui­ker saam in ’n groot meng­bak. Maak ’n hol­te in die middel van die droë bestanddele en giet die krui­e­meng­sel en die bier daar­in. Be­gin by 1½ kop­pies bier en voeg bie­tjie meer by in­dien no­dig. Meng al­les met ’n hout­le­pel en roer goed. Dit moet ’n nat­te­ri­ge meng­sel wees. S­kep die deeg in ’n ge­smeer­de brood­pan en bak vir 10 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 210°C. ver­laag die hit­te tot 180°C en bak vir nog 30 mi­nu­te. Verf die o­lyf­o­lie bo-op en bak vir nog 5 – 7 mi­nu­te. Keer op ’n draad­rak uit en laat af­koel.

WENK:

Ek koop die pak­kies songedroogde ta­ma­ties wat in ’n vi­nai­gret­te in­ge­lê is – drei­neer dit net goed. Dis nie no­dig vir af­spoel nie. Ek hou nog­al van die tik­kie su­rig­heid en ek­stra geur.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.