OB­SES­SIE:

Wan­neer jou kind se BFF te ver gaan

Kuier - - INHOUD -

Al­mal wil ie­mand hê saam met wie hul­le hul guns­te­ling-fliek kan kyk, na­we­ke kan deur­bring en ge­hei­me mee kan deel. Vir ou­er men­se is hier­die per­soon dalk hul eg­ge­noot, maar vir kin­ders en tie­ners is dit ge­woon­lik jou beste vriend of vrien­din – jou BFF (Be­st Friend Forever).

Elke ou­er wil hê dat hul kin­ders vrien­de maak en weet hoe om ver­hou­dings te koes­ter, daar­om word hul­le van jongs af aan­ge­moe­dig om maat­jies te maak.

Kin­ders kan bin­ne en­ke­le se­kon­des ’n nu­we vriend­skap be­gin en dit is nor­maal vir kin­ders om die­self­de soos ’n maat­jie te wil aan­trek of die­self­de be­lang­stel­lings te hê. Maar hoe weet jy as ou­er wan­neer daar­die be­won­de­ring of vriend­skap in ’n ob­ses­sie ver­an­der?

Toe Ash­ley van Nie­kerk (20) van Brac­ken­fell in die Kaap se la­er­skool­vrien­din skie­lik haar ska­du­wee word, moes sy op die har­de ma­nier leer wat ’n on­ge­son­de ver­hou­ding is.

Vol­gens Ash­ley was hul­le al van gr. 3 af vrien­din­ne en het hul­le al­tyd al­les saam ge­doen – saam sport ge­speel, na­we­ke saam ge­kui­er en met baie van die­self­de vrien­de uit­ge­gaan.

Toe hul­le jon­ger was, het hul­le die mees­te van die tyd die­self­de kle­re ge­dra of die­self­de par­ty­tjies by­ge­woon om­dat hul­le in die­self­de goed be­lang­ge­stel het.

vriend­skap ver­an­der

Dit het eg­ter als vir Ash­ley in gr. 8 ver­an­der. Sy was nuut op ho­ër­skool en wou iets an­ders pro­beer en het net­bal ge­los vir hok­kie. Sy en haar vrien­din het vir ja­re saam net­bal ge­speel en toe Ash­ley na die an­der sport oor­slaan, was haar BFF nie ge­luk­kig daar­oor nie, maar sy het ook in haar spo­re ge­volg. Dit was die eer­ste groot ver­an­de­ring en Ash­ley het nie aan­vank­lik ge­dink dit is snaaks nie.

“Ek het ge­dink dalk was sy kwaad om­dat ons goed was in net­bal en sy nie reg­tig hok­kie wou speel nie. Ek het ook ge­dink dalk was sy bang om al­leen ’n sport te doen om­dat ons by ’n nu­we skool is en ho­ër­skool ’n nu­we uit­da­ging was. Baie van ons vrien­de het na an­der ho­ër­sko­le ge­gaan en was nie meer saam met ons nie, so ek kon ver­staan dat sy dalk net bang was vir nog ’n ver­an­de­ring. Maar my ou­ers het vir my ge­sê ek moet doen wat vir my ge­luk­kig maak en as sy nie daar­van hou nie, kan sy steeds haar eie sport kies.”

Die pro­bleem is dit het nie net by sport ge­bly nie en vin­nig in iets an­ders ver­an­der. Ash­ley het la­ter al­les ge­doen om haar eie i­den­ti­teit te pro­beer uit­leef en ge­dink dit is wei­rd toe haar vrien­din selfs op da­tes met

haar en haar kê­rel wou gaan. Dié BFF het la­ter met ie­mand met die­self­de naam en voor­koms as Ash­ley se kê­rel be­gin uit­gaan.

“Ek het be­sef iets is wei­rd en het on­ge­mak­lik be­gin voel. Ek wou my eie per­soon wees en het ge­voel om al­les die­self­de te doen en te hê, is nie meer cool as jy ’n tie­ner is nie. Dit was lek­ker toe ons jon­ger was, ver­al om­dat ek nie ’n sus­sie ge­had het nie, maar nou wou ek my eie ding doen. Maar elke keer as ek my ha­re ver­an­der het, iets nuuts ge­koop het of iets wou doen, was dit nie lank voor­dat my vrien­din die­self­de ge­doen het nie.

“Ons was al­tyd saam en as ek nie saam met haar was nie, het sy kwaad ge­word. Ek het ook be­gin kwaad raak, maar was baie bly toe ek in gr. 11 vir die eer­ste-hok­kie­span ge­kies is. Dit het be­te­ken dat ons nie meer baie tyd saam kon span­deer nie en ons eie ding vir ’n tyd­jie kon doen.”

Vol­gens Ash­ley het dít glo haar vrien­din diep ge­raak, want as sy nie haar sin ge­kry het nie, het sy vir Ash­ley ge­sê sy gaan self­moord pleeg.

“Ek het bang ge­raak en het nie meer ge­weet hoe om dit te han­teer nie. Al­les was te veel vir my en ek wou reg­tig nie meer vrien­de (met haar) wees nie. Ek het met my ou­ers gaan ge­sels en vir hul­le ge­vra om my te help. Dit was vir my baie hart­seer, want sy was ’n goeie vrien­din, maar ek wou my eie le­we hê,”ver­tel sy.

“My vrien­din het ge­suk­kel om dit te aan­vaar en ek moes sterk wees om haar op skool te ig­no­reer en nie haar op­roe­pe by die huis te ant­woord nie. Sy het elke nou en dan op­ge­daag as ek uit was met an­der vrien­de en het my ge­smeek om nie ons vriend­skap te be­ëin­dig nie. Ek het soms die ge­voel ge­kry sy dink dat ek aan haar be­hoort en dit was net te wei­rd. Sy het da­rem la­ter die bood­skap ge­kry en ons is nou al vir die af­ge­lo­pe paar jaar nie meer vrien­de nie.”

Wan­neer ’n vriend­skap be­gin, is men­se soos met al­le ver­hou­dings, baie ver­sig­tig om nie te be­trok­ke by die an­der per­soon se le­we te raak nie, want jy wil hul­le nie af­skrik nie. Dit is ook waar met kin­ders, meen dr. Si­ne Zun­gu, ’n kli­nie­se siel­kun­di­ge van K­waZu­lu-Na­tal.

Tog kan hul­le nie help om soms te wens dat hul­le die­self­de ha­re, mooi lyf, one-of-a­kind sak of tren­dy tek­kies soos hul maat­jie kan hê nie.

Soms is dit reg­tig net ie­mand se ma­nier om hul lief­de teen­oor ie­mand an­ders te wys, maar dit kan ook die eer­ste te­kens van ’n gro­ter siel­kun­di­ge pro­bleem wees wan­neer die een kind haar vrien­din se i­den­ti­teit wil oor­neem.

Vol­gens Zun­gu hoef ou­ers nie reg­tig be­kom­merd te wees oor sul­ke ge­drag wan­neer kin­ders tus­sen die ou­er­dom van ses en ne­ge is nie, want hul­le het nog nie heel­te­mal hul eie per­soon­lik­heid nie en na-aap al­les en al­mal rond­om hul­le ter­wyl hul­le hul­self leer ken.

Sy waar­sku wel dat ou­ers ver­sig­tig moet wees wan­neer kin­ders ou­er word en hul ge­drag as on­van­pas be­skou word. Dit kan ver­al in die tie­ner­ja­re erns­tig wees en soms tot ’n siel­kun­di­ge pro­bleem lei, voeg sy by.

dís ab­nor­maal

Zun­gu sê daar is ’n paar ge­dragstoe­stan­de waar­op ou­ers be­dag moet wees. Af­hank­li­ke per­soon­lik­heid­ver­steu­ring word ge­ken­merk deur ’n deur­drin­gen­de vrees wat tot“vas­klou-ge­drag”ge­du­ren­de vroeë vol­was­sen­heid kan lei en die een aan die ont­vang­kant baie on­ge­mak­lik kan laat voel.

Men­se met hier­die toe­stand het nie die ver­moë om self be­slui­te te neem nie en suk­kel selfs met al­le­daag­se be­slui­te soos wat om aan te trek. Hul­le kan dik­wels nie son­der die raad en ge­rus­stel­ling van an­der hul eie be­slui­te neem nie. Hul­le word ook baie hart­seer wan­neer ’n ver­hou­ding nie meer be­staan nie en is bang om al­leen te wees en hul­le ver­trou te veel op an­der men­se, ver­dui­de­lik Zun­gu.

“Dan is daar ook Bor­der­li­ne Per­so­na­li­ty Dis­or­der (BPD), ook be­kend as e­mo­si­o­neel on­sta­bie­le per­soon­lik­heids­ver­steu­ring, wat

Ek het be­sef iets is wei­rd en het on­ge­mak­lik be­gin voel. Ash­ley van Nie­kerk

’n lang­ter­myn-pa­troon van ab­nor­ma­le ge­drag is wat ge­ken­merk word deur on­sta­bie­le ver­hou­dings met an­der men­se, on­sta­bie­le sin van self en on­sta­bie­le e­mo­sies,” sê sy.

“Hier­die is net twee van die moont­li­ke pro­ble­me wat kin­ders dalk kan hê wan­neer hul­le op ’n on­toe­pas­li­ke ma­nier aan hul vrien­de be­gin vas­klou. Hul­le moet dan pro­fes­si­o­ne­le hulp kry, maar dit is hoe­kom dit be­lang­rik is dat die men­se na aan hul­le be­wus moet wees van hul ge­drag. Maar dit be­te­ken ook nie elke per­soon wat dalk ab­nor­ma­le ge­drag ver­toon, ’n pro­bleem het nie.”

Vol­gens Zun­gu hoef men­se nie be­kom­merd te wees dat elke wei­rd ge­val ’n siel­kun­di­ge pro­bleem is nie. Vir som­mi­ge men­se is dit net hul ma­nier van lief­de teen­oor hul vriend of fa­mi­lie­lid te wys.

Hoe­wel dit as wei­rd be­skou kan word, be­doel hul­le nie sleg daar­mee nie en moet hul­le net be­wus ge­maak word van die feit dat hul­le vir men­se hul eie ruim­te moet gee.

En die be­lang­rik­ste van al­les is dat ou­ers al­tyd be­wus moet wees van wie hul kin­ders se vrien­de is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.