HOOFKOS:

Mak­li­ke re­sep­te om jou eie brood te bak

Kuier - - INHOUD - DEUR KA­REN HART

SUUR­LE­MOEN-ENROOSMARYNBROOD Le­wer ’n stan­daard-groot­te brood BESTANDDELE

2 eet­le­pels suur­le­moen­skil, ge­ras­per 2 eet­le­pels vars roos­ma­ryn, fyn­ge­kap 2 eet­le­pels a­man­del­pen­ne­tjies 2 kop­pies koek­meel 2 tee­le­pels bak­poei­er 1 kop­pie rou aar­tap­pel, ge­ras­per 1 eet­le­pel par­me­saan­kaas, ge­ras­per 1 kop­pie kar­ring­melk 1 eet­le­pel o­lyf­o­lie 2 eet­le­pels suur­le­moen­sap

METODE

Meng die suur­le­moen­skil, roos­ma­ryn en a­man­dels in ’n klein bak­kie en hou een­kant. Meng die koek­meel, bak­poei­er, aar­tap­pel en kaas in ’n gro­te­ri­ge meng­bak. Maak ’n gaat­jie in die middel van dié meng­sel. Meng die kar­ring­melk, o­lie en suur­le­moen­sap in ’n be­ker en giet in die middel van die meel­meng­sel. Meng vin­nig en lig­weg – ver­sig­tig vir te veel roer – tot jy ’n sag­te deeg het. S­kep die helf­te van die deeg­meng­sel in ’n ge­smeer­de stan­daard­groot­te brood­pan­ne­tjie en sprin­kel die helf­te van die krui­e­meng­sel bo-oor. S­kep die res van die deeg bo-oor en sprin­kel die res van die krui­e­meng­sel bo-op. Bak vir 45 mi­nu­te in ’n voor­ver­hit­te oond van 190°C.

WENK: As jy nie om­gee om jou sak so ’n bie­tjie te skud nie, kan jy den­ne­pit­te in plaas van die a­man­del­pen­ne­tjies ge­bruik.

VARKIEBROOD Le­wer een stan­daard-groot­te brood BESTANDDELE

12/3 kop­pies koek­meel 1 tee­le­pel bak­poei­er 4 ei­ers ½ kop­pie droë wit­wyn ½ kop­pie o­lie 250 g (12/3 kop­pies) ham, in blok­kies ge­sny 150 g (2/3 kop­pie) stre­pie­spek, in stuk­kies ge­sny 1¼ kop­pies par­me­saan­kaas, ge­ras­per

METODE

Meng die meel en bak­poei­er in ’n groot meng­bak. Maak ’n hol­te in die middel en voeg die ei­ers een vir een in die hol­te. Maak se­ker jy meng die meng­sel goed voor jy die vol­gen­de ei­er by­voeg en meng. Voeg die wyn en o­lie by en roer tot jy ’n glad­de meng­sel het. Roer die ham, spek en kaas by. Giet die meng­sel in ’n ge­smeer­de stan­daard-groot­te brood­pan en bak vir 1 uur in ’n voor­ver­hit­te oond van 180°C.

WENK: Jy kan die wit­wyn met ap­pel­sap ver­vang.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.