WA­RE LEWENSDRAMA:

Seun se le­we aan sker­we ná klapper in sy ge­sig ont­plof

Kuier - - INHOUD - DEUR ernusta maralack

S­ha­ne Wit­booi (11) wou hom­self die na­week van 7 Ja­nu­a­rie van­jaar vir ou­laas by die strand saam met sy maat­jies en sy ma gaan ge­niet, voor die be­gin van die nu­we skool­jaar die daar­op­vol­gen­de week.

S­ha­ne het so baie daar­na uit­ge­sien om sy gr. 5-skool­jaar saam met sy maat­jies te be­gin, maar nie hy of sy familie het be­sef dit sou die laas­te keer wees dat hul­le hom as sy ou self sou sien nie. Nog min­der het S­ha­ne be­sef dat hy toe nie gr. 5 saam met sy maat­jies sal kan be­gin nie . . .

Want daar­die na­week het iets so ver­skrik­liks met S­ha­ne van He­len­va­le in Port E­li­za­beth ge­beur, dat dit die bloed in e­ni­ge ou­er se are sal laat koud word.

Drie mans het na be­we­ring vir S­ha­ne, ’n ten­ge­ri­ge 11-ja­ri­ge kind, só seer­ge­maak dat hy in ’n ko­ma in ’n hos­pi­taal se in­ten­sie­we sorg­een­heid (ICU) be­land het.

S­ha­ne se sto­rie het die koe­ran­te ge­haal en lui­dens be­rig­te het drie jong mans, al­mal in hul 20’s, na be­we­ring vir S­ha­ne ’n “si­ga­ret aan­ge­bied en dit in sy mond aan die brand ge­steek”. Maar dit was nie net ’n si­ga­ret nie – bin­ne-in was na be­we­ring ’n klapper ver­steek wat toe in S­ha­ne se ge­sig ont­plof het.

Lui­dens ’n ver­kla­ring wat die po­li­sie op 9 Ja­nu­a­rie uit­ge­reik het, word be­weer drie mans het twee ha­we­lo­ses vroeg daar­die Sa­ter­dag­og­gend in die par­keer­a­rea van ’n ge­wil­de klub in S­trand­weg, Hu­me­wood, ’n Baai­se woon­buurt, ge­na­der. Dié mans het na be­we­ring vir die ha­we­lo­ses ’n“si­ga­ret” aan­ge­bied. Die jon­ger een (’n seun) het dit na be­we­ring aan­vaar. Een van die drie mans het na be­we­ring die “si­ga­ret” (wat eint­lik ’n klapper was) aan­ge­steek en se­kon­des la­ter het dit in die kind se ge­sig ont­plof, lui die po­li­sie ver­kla­ring.

Die po­li­sie is da­de­lik van die voor­val in ken­nis ge­stel en het die re­gis­tra­sie­nom­mer van die ver­dag­tes se voer­tuig ver­kry, wat hul­le na ’n huis in Sum­mer­strand ge­lei het. Hier het die po­li­sie uit­ge­vind die ver­dag­tes is die seuns van ’n po­li­sie­ko­lo­nel wat in Gel­van­da­le, ’n an­der woon­buurt in Port E­li­za­beth, ge­sta­si­o­neer is.

Po­li­sie­woord­voer­der kol. Priscilla Nai­du het by ver­de­re na­vraag eg­ter ge­sê die po­li­sie het la­ter die seun (S­ha­ne) se familie op­ge­spoor na­dat hul­le aan­vank­lik ge­dink het dat hy ook ha­we­loos is.

Die aan­lyn­nuus­diens Net­werk24 be­rig die broers, Se­bas­ti­an Pil­lay (27) en De­ma­ne Pil­lay (25), het hul­le twee dae ná die voor­val by die Hu­me­wood-po­li­sie­sta­sie aan­ge­meld en ver­kla­rings af­ge­lê.

Die Pil­lay-broers het ook kort ná die voor­val op 10 Ja­nu­a­rie in die Port E­li­za­beth-land­dros­hof ver­skyn op aan­klag­te van aan­ran­ding met die op­set om erns­tig te be­seer. Hul­le is op borg­tog van R500 elk vry­ge­laat tot hul vol­gen­de ver­sky­ning op 13 Maart, het kol. Nai­du ge­sê. Ge­vra oor ’n der­de ver­dag­te, het sy ge­sê net twee staan te­reg op die aan­klag­te.

Die aard van S­ha­ne be­se­rings was só erg dat hy brand­won­de aan sy ge­sig op­ge­doen het, sy oë bot toe ge­swel het en hy skaars kon praat. Net­werk24 was van die eer­ste me­dia wat fo­to’s van S­ha­ne in die hos­pi­taal ge­neem het kort ná die voor­val. Hul­le het be­rig“die plof­slag van ’n klapper het ’n gat aan die kant van sy reg­ter­oog uit­ge­ruk en hom met ’n ry ste­ke in sy bo­lip, dik swart ro­we oor sy ge­sig en al­bei sy oë toe­ge­swel ge­laat”. Sy oor­drom het ook ge­bars.

Met Kui­er se be­soek, was dit ses weke ná die voor­val en S­ha­ne se ge­sig het toe reeds mooi her­stel, maar S­ha­ne sê hy kan niks van die voor­val ont­hou nie.

Toe Net­werk24 hom eg­ter vroeg in Fe­bru­a­rie ná sy ont­slag uit die hos­pi­taal be­soek en oor die voor­val uit­vra, het sy weer­ga­we ver­skil van die po­li­sie­ver­kla­ring.

S­ha­ne het aan Net­werk24 ge­sê hy en sy maat­jies is deur groot mans ge­na­der wat ge­sê het“ek moet ’n ên­tjie (si­ga­ret) rook”.

“Toe ek nie wou nie, het hul­le my ge­gryp en ge­slaan. Toe vat hul­le my strand toe en plant my (in die sand).”

Vol­gens Net­werk24 het die twee mans na be­we­ring ga­te in die sand ge­gra­we en S­ha­ne se voe­te daar­in be­gra­we. ’n Klapper op ’n stok is klaar­blyk­lik voor sy ge­sig in die sand ge­plant en S­ha­ne is ’n aan­ste­ker in die hand ge­stop.

“Die mans het my ge­slaan en ge­dwing om die klapper aan te steek. Hul­le het weg ge­staan en ge­sê ek moet die klapper aan­steek of hul­le gaan my hier op die strand ge­plant los. Dis toe die bom in my oë bars,” het S­ha­ne voorts aan Net­werk24 ver­tel.

was eers VERMIS

S­ha­ne was al drie dae vermis en tus­sen drie hos­pi­ta­le oor­ge­plaas teen die tyd dat sy familie van die voor­val uit­ge­vind het. Hul­le het hom in ’n erns­ti­ge, maar sta­bie­le toe­stand in die Port E­li­za­beth Pro­vin­si­a­le-hos­pi­taal op­ge­spoor.

Die voor­val het S­ha­ne se he­le le­we vir e­wig ver­an­der. Hy is nie meer die­self­de rus­ti­ge kind wat hul­le ge­ken het nie, ver­tel sy familie. Hy is ag­gres­sief en suk­kel om te slaap en as hy wel slaap, kry hy nag­mer­ries. Hy het van sy sig in sy lin­ker­oog ver­loor en hy sal nie meer ver kan sien met daar­die oog nie. Hy het ook ’n gat in sy lin­ker­oor en suk­kel nou met oor­pyn wat so erg is, dat hy hom­self op die vloer neer­gooi en krul en uit­roep van die pyn.

S­ha­ne wag nog op ’n da­tum vir ’n o­pe­ra­sie aan sy lin­ker­oog en -oor by ’n staats­hos­pi­taal.

Hy was ge­luk­kig dat hy nie e­ni­ge o­pe­ra­sies aan sy mond of ge­sig no­dig ge­had het nie en dat sy won­de op hul eie so mooi ge­nees het. Die let­sels op sy ge­sig het al lig­ter be­gin raak en hoe­wel S­ha­ne be­ra­ding kry, is dit die siel­kun­di­ge let­sels wat hier­die voor­val ag­ter­ge­laat het, wat die gro­ter re­de tot kom­mer is. Wan­neer jy S­ha­ne sien, spreek die ont­set­ten­de hart­seer uit­druk­king op sy ge­sig en in sy oë boek­de­le en dit laat jou won­der of hy siel­kun­dig ooit vol­ko­me gaan her­stel.

Kol. Nai­du ver­tel die po­li­sie kon nog nie ’n for­me­le ver­kla­ring by S­ha­ne af­neem nie om­dat hy tans siel­kun­di­ge be­ra­ding ont­vang.

Wat sy familie eg­ter oor en oor wil weet is:“Hoe maak jy ’n kind van 11 jaar só seer?”

VAN PRET TOT PYN

Toe ons He­len­va­le bin­ne­ry net­so voor een­uur op ’n Maan­dag­mid­dag, het die stra­te ge­we­mel van men­se. Kin­ders het bui­te ge­speel en hul op­ge­won­de stem­me het luid­keels op­ge­klink. Maar by ’n huis in Fit­chard­straat is daar ’n 11-ja­ri­ge seun­tjie wat nie sorg­vry soos an­der kin­ders is nie.

Weens die pyn in sy ore, hou sy ou­ma, an­tie Be­a­tri­ce Wit­booi, hom meest­al in die huis om­dat ’n lang nag vir hul­le en ver­al vir sy ma, An­ne­li­ze Wit­booi, voor­lê as S­ha­ne se ore wind kry of uit die blou­te erg be­gin pyn. Hul­le wil hom heel­tyd sien om­dat hul­le bang is hy kry weer seer. (An­ne­li­ze was in die werk toe ons vir S­ha­ne en an­tie Be­a­tri­ce be­soek het.)

S­ha­ne is so klein en stil dat jy hom ’n oom­blik mis­kyk wan­neer jy by an­tie Be­a­tri­ce se huis in­stap waar hy op ’n bank in die voor­ka­mer sit. Hy is klein ge­bou vir sy 11 jaar en sy pos­tuur lyk soos dié van ’n agt- of ne­ge­ja­ri­ge. Wat jou eg­ter tref soos ’n vuis­hou in die maag, is die uit­druk­king op sy ge­sig en in sy oë.

’n 11-ja­ri­ge kind is nie ver­on­der­stel om op ’n jong ou­der­dom met so ’n ont­set­ten­de hart­seer uit­druk­king op sy ge­sig rond te loop nie. Sy oë glim­lag glad nie en dit lyk as­of hy e­ni­ge oom­blik in tra­ne gaan uit­bars, maar hy hou dit dap­per te­rug.

Die let­sels op sy ge­sig ver­tel eg­ter die ver­haal wat sy seer mond nie kan nie en wat sy brein nie nou kan of wíl ont­hou nie.

Dís wat S­ha­ne sê wan­neer ons hom oor die voor­val uit­vra:“Ek kan nie ont­hou wat ge­beur het nie.”En dan is hy dood­stil.

Sy oë lyk soos dié van ’n vas­ge­keer­de dier wan­neer sy ou­ma Be­a­tri­ce en tan­nie G­lyn­nis (sy ma se sus­ter), praat oor daar­die na­week en wat daar­na ont­vou het.

An­tie Be­a­tri­ce ver­tel S­ha­ne is op Sa­ter­dag 7 Ja­nu­a­rie van­jaar saam met sy ma An­ne­li­ze en ’n paar maats strand toe by Sum­mer­strand. An­ne­li­ze het eg­ter la­ter al­leen te­rug­ge­keer huis toe en was on­der die in­druk hy het dalk saam met sy maats te­rug­ge­kom om­dat sy hom nie kon op­spoor nie.

Maar toe S­ha­ne se maats ook la­ter daar aan­kom son­der hom, het hul­le be­kom­merd ge­raak. An­ne­li­ze is te­rug Sum­mer­strand toe om na S­ha­ne te gaan soek,

Ek en my sus­ter (An­ne­li­ze) was so hart­seer. Ek kon haar nie eens troos nie . . . G­lyn­nis Wit­booi

Hy is op sterk pyn­pil­le, slaap­pil­le en ge­bruik oor­drup­pels. Be­a­tri­ce Wit­booi

maar kon hom nê­rens kry nie.

“Ek het vir An­ne­li­ze ge­sê om po­li­sie toe te gaan, maar die po­li­sie het ge­sê ons moet nog so bie­tjie wag. Maar drie dae het ver­by­ge­gaan en hy was steeds weg. In daar­die drie dae het ek ge­won­der waar die kind is. Die wê­reld daar bui­te is so ge­vaar­lik dees­dae. Ek en sy ma het bly soek na hom,”deel an­tie Be­a­tri­ce die angs wat hul­le deur­ge­maak het toe dit ge­lyk het as­of S­ha­ne net spoor­loos ver­dwyn het.

Hul soek­tog is tot ’n ein­de ge­bring toe ’n po­li­sie­lid na an­tie Be­a­tri­ce se huis toe kom en haar mee­deel“daar lê ’n klong al vir drie dae by Pro­vin­ci­al-hos­pi­taal”.

Niks kon hul­le eg­ter voor­be­rei op wat hul­le uit­ein­de­lik daar sou sien nie . . .

GRU­SA­ME PRENT­JIE

Die prent­jie wat an­tie Be­a­tri­ce, An­ne­li­ze en G­lyn­nis by die hos­pi­taal be­groet het, sal hul­le nooit weer in hul le­we wíl sien nie. Dit het hul har­te in dui­sen­de stuk­kies ge­breek toe hul­le weer vir S­ha­ne sien.

“Toe ons by die hos­pi­taal kom, het hul­le (die po­li­sie) my na ’n ka­mer ge­vat. Daar was toe reeds koe­rant­men­se wat fo­to’s ge­neem het. Dit was só e­mo­ti­o­nal. S­ha­ne het so le­lik ge­lyk. Sy oë was toe­ge­swel; hy het houe aan sy arms ge­had waar­uit die vet ge­peul het en sy arms en han­de was op­ge­swel. Hy het houe aan sy kop ge­had; sy neus en mond was stuk­kend en hy moes deur ’n straw ge­voer word,”sê an­tie Be­a­tri­ce met tra­ne in haar oë.

An­tie Be­a­tri­ce en G­lyn­nis vra dan weer: “Hoe maak jy ’n kind van 11 jaar só seer?”

Want, ver­tel hul­le, dit was nie nét ’n klapper wat in S­ha­ne se ge­sig ont­plof het nie; hul­le be­weer hy was aan­ge­rand ook; sy han­de vas­ge­maak en vir dood ag­ter­ge­laat in die vlak see­wa­ter by Sum­mer­strand.

Kol. Nai­du wou eg­ter nie kom­men­taar op hier­die be­we­rings le­wer nie en sê die saak moet nog ver­der on­der­soek word.

G­lyn­nis ver­tel hul­le het ag­ter­na uit­ge­vind in daar­die drie dae wat S­ha­ne vermis was en hul­le na hom ge­soek het, was hy eers by Li­vings­to­ne-hos­pi­taal waar hy in ’n ko­ma in ICU ge­lê het. Toe hy by­kom, is hy oor­ge­plaas na die Port E­li­za­beth Pro­vin­si­a­le-hos­pi­taal waar hul­le hom aan­ge­tref het en daar­na weer na die Do­ra N­gin­za-hos­pi­taal, waar hy vir nog ’n week lank aan­ge­sterk het.

“Ek en my sus­ter (An­ne­li­ze) was so hart- seer. Ek kon haar nie eens troos nie, só het ek ge­huil toe ons vir S­ha­ne sien. Hy het in ’n ward ge­lê waar daar dood­se stil­te was, want ons al­mal kon nie al­tyd in­gaan nie. Net sy ma was meest­al toe­ge­laat,”ver­tel sy.

G­lyn­nis sê voorts dok­ters kon nie op S­ha­ne o­pe­reer toe hy in die hos­pi­taal was nie om­dat hy té swak was. En ge­luk­kig het sy an­der won­de so mooi her­stel dat o­pe­ra­sies nie no­dig was nie. Maar nou moet die o­pe­ra­sies op sy lin­ker­oog, waar­in hy van sy sig ver­loor het, en -oor, wat ’n gat in het ná die voor­val, ge­doen word so­dra die hos­pi­taal vir hom ’n o­pe­ning het. Hul­le wens eg­ter hul­le het geld ge­had vir be­han­de­ling by ’n pri­va­te in­stan­sie of spe­si­a­lis, maar sal maar ge­dul­dig moet wag.

“Ek sal die­ge­ne wat dit aan S­ha­ne ge­doen het, net wil vra wat hul­le ge­dink het om ’n kind so seer te maak? Die go­vern­ment is so erg oor kin­der­mis­han­de­ling; as ek my eie kind moet slaan, is ek nou in die tronk, maar kyk wat doen daai mans aan S­ha­ne en kry R500 borg­tog!”voeg G­lyn­nis ont­steld by.

An­tie Be­a­tri­ce staar eers voor haar uit en kyk dan na S­ha­ne waar hy steeds be­we­ging­loos, vin­ger in die mond en met daar­die hart­seer uit­druk­king op sy ge­sig op die en­kel­bank sit. Dan sê sy in ’n ge­bro­ke stem:“Hul­le (ben­des) skiet so baie hier by ons, maar die kin­ders is nog sa­fe. Hoe gaan hul­le (S­ha­ne se ver­meen­de aan­ran­ders) voel as ie­mand dit een­dag aan húl kin­ders doen?”

SY PYN & LY­DING

G­lyn­nis is dui­de­lik steeds baie ont­steld om­dat hul­le nou by die huis moet de­al met S­ha­ne wat fi­sie­ke en e­mo­si­o­ne­le knoue van die voor­val ag­ter­ge­hou het.

Sy sê hul­le is min­der­be­voor­reg en kan nie pri­va­te dok­ters be­kos­tig nie en An­ne­li­ze moet twee taxi’s vat om by die hos­pi­taal te kom wan­neer sy S­ha­ne vir checkups moet vat of wan­neer hul­le sy me­di­ka­sie moet gaan af­haal.

Wan­neer ons vir S­ha­ne vra oor of hy nog baie pyn er­vaar, sê hy by­na on­hoor­baar: “Dis or­raait nou.”

Maar an­tie Be­a­tri­ce en G­lyn­nis ver­tel ’n an­der sto­rie. Hul­le weet hy pro­beer dap­per wees voor ons, maar hul­le en An­ne­li­ze is die men­se wat sien deur wat­ter hel hy gaan van­dat hy te­rug is by die huis.

Eer­stens frus­treer dit S­ha­ne en maak dit hom hart­seer dat hy nie saam met sy maat­jies gr. 5 kon be­gin nie. Hy het baie uit­ge­sien daar­na, sê an­tie Be­a­tri­ce. Die skool on­der­steun waar hul­le kan, maar dis nie die­self­de as om self op die skool te wees nie. S­ha­ne kon nog nie met gr. 5 be­gin nie en hy sal eers kan te­rug­gaan skool toe wan­neer hy ge­noeg­saam fi­siek en e­mo­si­o­neel her­stel het.

An­ne­li­ze is ’n“se­nu­wee­sly­er”, sê an­tie Be­a­tri­ce en dit py­nig haar om S­ha­ne so te sien en te weet as ma is sy mag­te­loos om sy pyn weg te vat.“S­ha­ne was ’n rus­ti­ge kind, nou moet ons hom iets gee om hom be­sig te hou. Hy is op sterk pyn­pil­le, slaap­pil­le en ge­bruik oor­drup­pels,”voeg sy by.

G­lyn­nis ver­tel van die nag­mer­ries wat S­ha­ne kry en dan sê,“hul­le gaan my skiet”. Sy sê voorts An­ne­li­ze kan baie aan­de nie ’n oog toe­maak nie om­dat sy met S­ha­ne op­sit wan­neer die pyn in sy oor nie wil be­daar nie en hy dan hom­self op die vloer in die voor­ka­mer neer­gooi en gil van die pyn.

Sy sê voorts S­ha­ne het nou baie meer aan­dag no­dig as die an­der kin­ders in die huis en sê hy kan die een oom­blik stil­sit en die vol­gen­de oom­blik spring hy op en kap aan die huis­goed of raak net ag­gres­sief. Dit help ook nie sy frus­tra­sie­vlak­ke dat hy die mees­te van die tyd in die huis moet bly en nie bui­te kan speel nie om­dat sy oor nog so sen­si­tief is.

“Ons het die laas­te ruk baie ge­suk­kel met S­ha­ne. Sy ma moet soms sit en slaap met hom en dit baat ook nie ons vat hom hos­pi­taal toe as hy so is nie, want be­hal­we vir die pyn­pil­le waar­op hy reeds is, kan hul­le niks ver­der vir hom doen nie,”sê G­lyn­nis.

S­ha­ne se jong le­we is deur een sin­ne­lo­se daad ver­an­der van ge­luk­kig en sorg­vry tot hart­seer en vol angs en pyn.

Geen kind ver­dien dit nie en ons hoop van har­te die o­pe­ra­sie in sy oor gaan sy pyn ver­lig en dat die siel­kun­di­ge be­han­de­ling hom sal help om ’n selfs net ’n ge­deel­te van sy ou self te­rug te kry. Maar een ding is se­ker, tot dan lê ’n lang pad van her­stel voor vir S­ha­ne en sy familie.

HOOFFOTO: S­ha­ne Wit­booi (11) en sy ou­ma Be­a­tri­ce Wit­booi, kan steeds nie sin maak van wat met hom ge­beur het nie. BO: S­ha­ne in die hos­pi­taal kort ná die voor­val en dit is dui­de­lik wat­ter ska­de die klapper aan­ge­rig het. By hom is sy ma, An­ne­li­ze.

REGS: S­ha­ne verg nou baie meer aan­dag én ver­sor­ging van sy ou­ma Be­a­tri­ce, ma An­ne­li­ze en tan­nie G­ly­nis ná die voor­val.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.