SURVIVOR:

Ou­ma van die Paarl nie bit­ter ná skie­te­ry haar man en dog­ter eis

Kuier - - INHOUD - DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Som­mi­ge noem haar die en­gel uit die he­mel en vir an­der is sy ’n rol­mo­del, maar sy noem haar­self som­mer die wonderwerk. Nie om­dat sy haar eie beu­el blaas nie, maar om­dat die don­ker diep­tes waar­deur sy is, een is wat min men­se sou oor­leef het.

Trou­ens, Cla­ra Mey­er (63) van die Paarl ge­bruik haar er­va­ring om an­der te help na­dat haar ge­sin se le­we een tra­gie­se mid­dag 10 jaar ge­le­de bin­ne ’n oog­wink ver­an­der het. Haar man van 25 jaar, T­ho­mas Mey­er, en hul e­nig­ste kind, Me­sa­die S­char­nick, is op 31 Ja­nu­a­rie 2007 deur haar skoon­seun (Me­sa­die se man) dood­ge­skiet, waar­na hy ook hom­self ge­skiet het.

Cla­ra is erns­tig in die voor­val ge­wond, maar het won­der­baar­lik oor­leef. Me­sa­die en haar man se drie kin­ders was on­der­skei­de­lik 1, 4 en 8 jaar oud ten ty­de van hul ou­ers se dood. Die twee ou­er kin­ders was ty­dens die voor­val in die skool en die jong­ste was in die ka­mer by die huis, maar is nie in die skie­te­ry be­seer nie. Hul­le is wees ge­laat en Cla­ra moes in­tree om die leem­te te vul wat hul ou­ers se dood ge­laat het.

’n Mens hoor elke nou en dan van ’n ge­sins­moord en an­der tra­gie­se voor­val­le wat fa­mi­lies tref, maar nooit in haar wild­ste dro­me het Cla­ra ooit ge­dink dat dit met háár ge­sin sou ge­beur nie. Nooit het sy ge­dink dat sy op die ou­der­dom van 53 weer ma sou word van drie klein kin­ders nie.

SY IS AL­LES IN EEN

Wan­neer sy dees­dae be­sig is met al­le­daag­se ta­ke in haar rol as spea­ker van die Kaapse Wyn­land-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit of ver­sor­ger van haar klein­kin­ders, kry sy nie tyd om die pyn en ver­lan­ge te voel nie, maar dit gaan nooit heel­te­mal weg nie.

“Dit is nou 10 jaar la­ter en die ver­lan­ge, ver­al op ver­jaar­dae en spe­si­a­le dae, is steeds erg. Ek en die kin­ders het soms ons goeie dae en ons sleg­te dae – maar ek is nou hul ma, pa, ou­ma en ou­pa en ek is baie lief vir hul­le. Ek dra niks meer van daar­die dag saam met my nie,”sê sy.

Hoe­kom sy ge­spaar is en hoe­kom haar skoon­seun daar­die dag op sy ge­sin be­gin skiet het, is vrae wat nooit be­ant­woord sal word nie. Dok­ters het vir haar ge­sê dit is ’n wonderwerk dat sy nog le­we na­dat twee koe­ëls haar in die kop en twee haar in die lyf ge­tref het. Maar dié le­wens­lus­ti­ge ou­ma voel die trau­ma van daar­die dag het van haar ’n be­ter mens ge­maak.

Sy ont­hou am­per niks van die ge­beu­re van daar­die tra­gie­se dag nie. Sy ont­hou nie die oom­blik toe haar skoon­seun op hul­le los­ge­brand het nie. Sy ont­hou nie die bloed nie en sy ont­hou ook nie die knal van die vuur­wa­pen nie. Al wat sy kán ont­hou, is dat sy vir die He­re ge­sê het sy gaan nie daar­die dag sterf nie en sy het daar­na op die vloer in­me­kaar ge­sak.

Cla­ra se le­we is nou baie an­ders as voor die voor­val wat by hul huis in die woon­buurt Groen­heu­wel plaas­ge­vind het.

Sy ver­tel sy wou nooit voor­heen haar ha­re knip nie en sy het al­tyd don­ker­kleu­ri­ge kle­re ge­dra. Sy het net vir haar ge­sin ge­leef en ver van die He­re.

IN DON­KER TYE

Die eer­ste drie jaar ná die voor­val was don­ker en een­saam, maar haar klein­kin­ders het haar hart ver­an­der. Een­dag het Cla­ra skie­lik be­sef dat as sý so sleg voel, hoe moet die kin­ders nie voel nie. Sy wou vir hul­le ’n ge­luk­ki­ge at­mos­feer in die huis s­kep en wys dat die le­we steeds kan aan­gaan.

“Ek het vir ’n lang tyd met die He­re ge­praat en vir Hom ge­sê ek sal Hom aan­vaar en my le­we vir Hom gee as Hy ons net help. Ek het vir Hom ge­vra om vir my vre­de te gee en toe ek een­dag op­staan, het ek net ’n ge­voel ge­kry dat dit nou al­les ver­by is en dat ons moet aan­be­weeg,”ver­tel sy.

“Dit was nie mak­lik nie en dit is steeds nie al­tyd mak­lik nie, maar ons kan nie in die ver­le­de leef nie. Ons kan nie te­rug­kyk nie, want ons sal nooit die ver­le­de kan ver­an­der nie, maar ons kan vo­ren­toe kyk na die toe­koms.

“Ek weet steeds nie hoe­kom dit ge­beur het nie, maar ek het my skoon­seun ver­ge­we, want ek was baie lief vir hom en dit is wat ek vir die kin­ders ook ge­sê het.”

Cla­ra, wat dees­dae mo­ti­ve­rings­praat­jies gee om men­se in haar ge­meen­skap te help, voel dat sy be­slis nou ’n be­ter mens en ster­ker vrou is.

Sy en haar skoon­seun het ’n baie goeie ver­hou­ding ge­had en sy sê hy was ’n lief­de­vol­le per­soon.

Sy het ge­weet hy en haar dog­ter het hu­we­liks­pro­ble­me ge­had, maar sy het nie ge­weet wat die oor­saak was en dat dit tot moord sou lei nie.

“Ek het nooit ge­dink hy sou so iets doen nie. Toe hul­le trou, was ek bly om ’n seun te kry en selfs 15 mi­nu­te voor die voor­val het hy nog vir my ge­sê hy re­spek­teer my en dat ek ’n goeie mens is.

“Ek weet nie wat ver­keerd ge­gaan het nie, maar hy was ’n goeie mens en dit is hoe­kom ek vir die kin­ders ge­sê het dat hul­le hom nie moet haat nie,”sê sy.

“Ja, hy het iets ver­skrik­liks ge­doen, maar hy bly hul pa en hy was baie lief vir hul­le. Ons praat ge­reeld oor my man en hul ou­ers en ek neem hul­le op spe­si­a­le dae na hul graf­te om blom­me op te sit.

“In my hart het ek vre­de daar­mee ge­maak en hom ver­ge­we. Ek is ge­sond en be­hal­we vir ’n stuk­kie van my oor wat weg is, het ek niks an­ders wat my aan daar­die dag her­in­ner nie.

“Die He­re het my ’n t­wee­de kans ge­gee en ek is dank­baar dat ek deel van my klein­kin­ders se le­wens kan wees. Ons le­we vol­uit en ek glo die He­re het nog groot plan­ne vir ons. Daar is al­tyd ’n plan en ’n re­de vir al­les wat ge­beur.”

Vir Ker­fees 2016 het Cla­ra vir elk­een van haar klein­dog­ters, wat nou 10 en 14 jaar oud is, ’n han­ger­tjie met ’n fo­to van hul pa en ma bin­ne ge­gee. Hul broer, nou 18 jaar oud, het ver­le­de jaar ma­triek ge­slaag en Cla­ra glim­lag met trots wan­neer sy oor hom praat.

Vol­gens haar is hul­le goeie kin­ders en moet die le­we vir hul­le aan­gaan.

Cla­ra be­te­ken baie vir baie men­se, maar vir haar klein­kin­ders en die men­se naas­te aan haar is sy al­les – ma, ou­ma, ge­meen­skaps­lei­er, vrien­din – en daar­om weet sy sy is hul wonderwerk . . .

HOOFFOTO: Cla­ra Mey­er (63) leef van­dag vol­uit na­dat sy ’n skiet­voor­val oor­leef het. BO: Cla­ra en haar familie be­soek haar man, T­ho­mas, en dog­ter, Me­sa­die, se graf­te.

BO: Cla­ra by haar drie klein­kin­ders, vir wie sy nou pa, ma, ou­ma en ou­pa moet wees. REGS: Me­sa­die en haar man, C­harl S­char­nick, wat die snel­ler ge­trek het, op hul trou­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.