IN­SPI­RA­SIE:

Jong man leef vol­uit ná er­ge brein­be­se­rings in on­ge­luk

Kuier - - INHOUD - DEUR jACKIE PIENAAR-BRINK

DBEWYS HUL­LE VER­KEERD DAAR­DIE ONTMOETING

ie 21-ja­ri­ge Dar­ryn At­kins van S­teen­berg bui­te Kaap­stad droom groot. Hy sien hom­self as rap­per, wil graag siel­kun­de stu­deer en kan nie wag om sy land by die Pa­ra­lim­pie­se S­pe­le te ver­teen­woor­dig nie.

En hoe­kom nie? Se­dert hy as 12-ja­ri­ge met er­ge brein­be­se­rings na die hos­pi­taal ge­haas is, het hy al so­veel te­rug­slae oor­kom dat jy net kan glo dat hy in elk­een van sy doel­wit­te gaan slaag.

Drie dae na­dat hier­die be­lo­wen­de sok­ker­spe­ler op Son­dag 17 Au­gus­tus 2008 ná ’n sok­ker­wed­stryd in Gras­sy Park die pad oor­ge­steek en deur ’n aan­ko­men­de voer­tuig ge­tref is, is sy ou­ers ge­vra om die familie in te roep so­dat hul­le hom fi­naal kon groet. Die dok­ters was reg om die ma­sjie­ne af te ska­kel.

“Hy was op ’n sta­di­um aan 12 ma­sjie­ne ge­kop­pel en hul­le het ons net twee uur ge­gee,”ver­tel ma Ro­chel­le (47).

Om­dat hul­le ge­suk­kel het om een fa­mi­lie­lid op te spoor vir die fi­na­le af­skeid, het sy en haar man, Col­lin (50), vir ek­stra tyd ge­vra. Net ’n half­uur lan­ger, is hul­le in­ge­lig, maar skie­lik het Dar­ryn be­gin re­a­geer en die be­sluit om die ma­sjie­ne af te ska­kel, is laat vaar.

Ná die aan­vank­li­ke goeie nuus moes Dar­ryn se ou­ers eg­ter hoor hy sou nooit kon praat, loop of werk nie en dat daar min hoop was dat hy sy skool­loop­baan sal kan vol­tooi. Die dok­ters kon nie meer ver­keerd ge­wees het nie. Al is hy ge­stremd, lei Dar­ryn van­dag ’n vol le­we en het hy in 2015 met ’n on­der­skei­ding en ma­triek­vry­stel­ling ge­ma­tri­ku­leer aan ’n skool wat die Om­dat daar kort ná die on­ge­luk er­ge kom­mer was oor die druk­king op sy brein, is daar nie veel op sy ge­breek­te lin­ker­been ge­kon­sen­treer nie, bui­ten dat dit in ’n gips ge­plaas is. Toe die dok­ters be­sef Dar­ryn is bui­te ge­vaar, het die swel­sel reeds so­veel ge­sak dat ’n mens ’n arm tus­sen die gips en die been kon in­kry, ver­tel Ro­chel­le.

Daar­om het dit“soos ’n pie­sang”aan­ge­groei. Al­bei Dar­ryn se oë was aan die be­gin skeel, hoe­wel sy sig nooit aan­ge­tas is nie. Die E­ver­to­ni­ans-sok­ker­klub, vir wie hy ty­dens die on­ge­luk ge­speel het, het ’n geld­in­sa­me­ling ge­hou so­dat ’n oog­arts dit kon her­stel en Al­bert Ma­rais van ’n ver­fon­der­ne­ming – een van ve­le wel­doe­ners – het ’n ver­de­re R16 000 by­ge­dra. Die reg­ter­oog is se­dert­dien nor­maal met die lin­ker­oog wat ef­fe na bin­ne kyk.

“Ek is net ’n nor­ma­le jong­mens,”sê Dar­ryn, wat op 21 Ja­nu­a­rie sy 21ste ver­jaar­dag met ’n hip-hop-par­ty­tjie ge­vier het.“My vrien­de het my nog al­tyd die­self­de be­han­del. Ek is baie trots dat ek ná al­les wat ek deur is, steeds hier is. Daar is nie baie 21-ja­ri­ges en jong­men­se wat le­we om hoof­stroom-kur­ri­ku­lum volg.

“Om jou kind te sien lê . . . Jy kan niks doen nie, so graag soos jy wil,”her­leef Col­lin daar­die trau­ma­tie­se tyd.

Dar­ryn is se­dert die on­ge­luk aan die reg­ter­kant ver­lam. Sy reg­ter­been sleep as hy loop en sy reg­ter­hand was styf teen sy bors op­ge­trek tot­dat Bo­tox-in­spui­tings dit laat af­sak het. Ge­luk­kig is hy links­han­dig en kon hy weer skryf. ’n sto­rie soos my­ne te ver­tel nie. En ek het die dok­ters ver­keerd be­wys.”

Dar­ryn was ná die on­ge­luk drie en ’n half weke in ’n ko­ma en in to­taal vier maan­de in on­der­skei­de­lik die Rooi Kruis-kin­der­hos­pi­taal, Groo­te S­chuur-hos­pi­taal en die WesKaap­se Re­ha­bi­li­ta­sie­sen­trum. Ro­chel­le was die heel­tyd aan sy sy.

Dar­ryn se eer­ste woor­de in die hos­pi­taal, skaars ver­staan­baar, was dat hy ’n S­pur­bur­ger wou hê. “En hy het dit ge­kry,”glim­lag sy pa. Die dok­ters het ge­voel hul­le moet Dar­ryn in ’n ho­me plaas, maar Ro­chel­le het ge­wei­er.

Dit was ’n lang en op­draan­de pad na her­stel van doe­ke, kruk­ke as­ook in­ten­sie­we spraak-, ar­beids- en fi­si­o­te­ra­pie. Aan­vank­lik was Dar­ryn ag­gres­sief en on­voor­spel­baar en het hy som­mer huis­ven­sters uit­ge­slaan of, ter­wyl Ro­chel­le be­stuur, die hand­rem op­ge­trek of uit die be­we­gen­de kar pro­beer klim. Eers in 2011 is be­sef ’n an­ti-e­pi­lep­sie­mid­del het die teen­oor­ge­stel­de uit­wer­king ge­had en dis wat hier­die ge­drag ver­oor­saak het. Kort ná die on­ge­luk het die vrou wat Dar­ryn raak­ge­ry het, met hul­le kon­tak ge­maak. Die dok­ters was nie ten guns­te daar­van nie om­dat dit ge­woon­lik op ’n ba­klei­e­ry uit­loop, maar Ro­chel­le wou met haar praat om­dat sy be­sef het dat nie­mand tog so iets met op­set sou doen nie.

“En dit sou nie ’n ver­skil maak aan Dar­ryn se kon­di­sie nie.”

Die af­spraak is ge­re­ël met ’n maat­skap-

HY KRY NOG ’N LIEF­DE

In gr. 9 het Dar­ryn ’n an­der lief­de – vir rap-li­rie­ke – ont­dek toe hul­le in die kuns­en-kul­tuur­klas moes kies tus­sen ’n prent­jie te­ken of ’n lied­jie skryf. Hy het hom­self Lil’C­rip­py ge­doop –“om­dat ek crip­ple is”. Dit het la­ter Lil’C­ripS­tar ge­word om­dat hy ook ’n ster is, ver­dui­de­lik hy.

Sy li­rie­ke fo­kus ge­woon­lik op sy eie le­we. “Ek pro­beer al­tyd om met self­ver­troue op te tree en my li­rie­ke moet dit weer­spie­ël,” sê hy, en laat val som­mer ’n paar re­ëls: Dar­ryn is my na­me I wan­na get in­vol­ved in this rap game Me and you we are not the sa­me I got am­bi­ti­ons and you got no­ne

Vir pa Col­lin, vroe­ër ’n pro­fes­si­o­ne­le sok­ker­spe­ler, was die on­ge­luk ’n groot slag. Hy was aan­vank­lik baie kwaad daar­oor. li­ke wer­ker en ver­pleeg­ster teen­woor­dig.

Vir Ro­chel­le het dit nie af­ge­loop soos sy ge­hoop het nie.“Die vrou het ver­tel hoe sý nou al vir twee weke weens stres van die werk af is. Ook dat sy al­tyd ge­won­der het hoe dit voel om ’n hond raak te ry, en nou het dít ge­beur.”

Heel­wat la­ter het Dar­ryn die­self­de vrou in sy rol­stoel in die Blue Rou­te Mall in To­kai be­soek. On­der­weg daar­heen het hy be­plan om haar goed in te sê, ver­tel hy met ’n lag­gie, on­der meer deur haar te vra of hy da­rem ten min­ste soos ’n Rott­wei­ler ge­voel het toe sy hom tref.

By haar werk­plek het hy ge­vra of sy weet wie hy is. Sy het nie.“Ek het ge­ant­woord: ‘Ek is die seun wat jy raak­ge­ry het.’” Sy het be­gin huil. Dar­ryn se hart het ver­sag en al wat hy kon uit­kry, was:“Hier­die din­ge ge­beur.”

Dar­ryn het in 2009 aan die Vis­ta No­va-skool in Ron­de­bosch sy skool­loop­baan voort­ge­sit. Hy het sok­ker vir ge­strem­de-at­le­tiek ver­ruil en blink uit in dis­kus, ge­wig­stoot en spies­gooi. Reeds in sy eer­ste jaar, as o.16-at­leet, het hy drie SA-re­kords ver­be­ter.

Daar­be­ne­wens het hy ook die skool­sok­ker­span af­ge­rig en al mo­ti­ve­rings­praat­jies vir die jeug ge­hou, iets waar­mee hy graag wil voort­gaan. En dees­dae ge­bruik hy net ’n rol­stoel wan­neer hy aan sport deel­neem of hom die dag oor­eis het.

“Maar ons wil nie te­rug­gaan na waar dit van­daan kom nie. As jy ant­woor­de soek, gaan jy ne­ga­tief bly,”sê hy. Hul­le het ook nog ses an­der kin­ders. “Om deur te druk, was ’n sto­rie. Van­dag is ek net bly al se­we het ma­triek klaar­ge­maak. Dar­ryn het tops uit­ge­staan van al­mal.”Ui­ter­aard wou Col­lin Dar­ryn nog al­tyd na die beste van sy ver­moë be­skerm.

“Dis nas­ty daar bui­te,”sê sy pa sag.“Ek pre­pa­re hom al­tyd vir die bui­te­le­we. Dar­ryn maak dit van­dag baie mak­li­ker. Hy aan­vaar dat hy ’n di­sa­bi­li­ty het. Selfs as hul­le hom na­me roep daar bui­te, doen dit niks aan hom nie.”

Dar­ryn stu­deer nog tot ein­de Maart aan die Sig­na A­ca­de­my in Bell­vil­le en droom daar­van om siel­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van S­tel­len­bosch te stu­deer.

“As my vrien­de pro­ble­me het met hul ou­ers, sal ek al­tyd met hul­le sit en goeie ad­vies gee. En die u­ni­ver­si­teit het ’n span vir ge­strem­des. Dan kan ek twee dui­fies dood­klap met een klip,”lag hy.

Hy het ’n bood­skap vir al­mal:“Moe­nie dat jou om­stan­dig­he­de jou on­der­kry nie. Wan­neer jy in die og­gend op­staan, sê dan­kie vir God dat jy dit deur nog ’n nag ge­maak het.”

HOOFFOTO: Dar­ryn At­kins (21) het op 12 er­ge brein­be­se­rings in ’n on­ge­luk op­ge­doen, maar hy lei ’n vol le­we en is nou mal oor rap. LINKS BO: Dar­ryn met sy trot­se ou­ers, Col­lin en Ro­chel­le. IN­LAS: Dar­ryn in die hos­pi­taal, kort ná die on­ge­luk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.