VER­MAAK:

Ju­dy Bou­cher is nog net so ge­wild soos ja­re ge­le­de

Kuier - - INHOUD - DEUR RAY­LEN­TIA SIM­MONS

Dis ’n baie in­te­res­san­te tyd vir my. Ek ge­niet nou net my le­we Ju­dy Bou­cher

Nee kyk, daar is nou wrag­tag maar net een Ju­dy Bou­cher. En dis die een wat ons al­mal leer ken het in die laat tag­tigs en vroeë ne­ën­tigs toe ons so lek­ker saam­ge­sing (en ge­huil) het:“So ple­a­se un­der­stand my si­tu­a­ti­on . . . (I can’t be with you to­nig­ht).”

En selfs van­dag nog as daai num­ber of “That nig­ht we met”speel, dan voer dit jou te­rug na ’n on­ver­geet­li­ke lief­de, die tyd van kas­set­te, groot ta­pes en stok­styf blu­es. Jy sal ver­skoon word as jy ook des­tyds ge­dink het Ju­dy is van SuidA­fri­ka, want sy lyk mos net soos ons. Selfs van­dag as jy langs haar staan, is dit as­of jy langs ’n ou be­ken­de en ge­lief­de an­tie staan. Maar dis wan­neer Ju­dy haar mond oop­maak om te ge­sels, dat haar Ca­rib­be­an-ak­sent jou weg­voer na die St. Vin­cent-ei­lan­de waar sy eint­lik van­daan kom. Meer spe­si­fiek die klein ei­land van Be­quia, waar sy as een van ne­ge kin­ders groot­ge­word het.

TOEVALLIGE ROEM

Ju­dy se suk­ses het heel toe­val­lig ge­kom en sy sê haar broer het haar“ont­dek”toe sy deel ge­word het van sy band, Ju­dy Jack and the Be­an­stalk.“Ek was so 18 jaar oud toe ek be­gin sing het. Ons het net shows vir die fun ge­doen,”ver­tel sy.

Die band het op­ge­tree tot haar broer be­sluit het om te trou. Ju­dy het toe ge­dink haar mu­siek­loop­baan is klaar en het ook ge­trou en twee kin­ders ge­had. Die huwelik het nie ge­hou nie en sy moes toe nood­ge­dwon­ge as en­kel­ma die pot aan die kook hou. Sy het toe in fa­brie­ke ge­werk om kos op die ta­fel te sit.

En toe kom klop mu­siek weer aan haar deur toe ’n man een­dag na haar kom en sê hy het ’n lied­jie wat hy wil hê sy moet sing. Dit was“D­re­a­ming of a Litt­le Is­land”en dit het die nr. 1-plek op die reg­gae charts ge­haal. Sy lag as sy ver­tel hoe haar be­kend­ste lied­jie“Can’t be with you to­nig­ht”haar aan­vank­lik nag­mer­ries ge­gee het.

“Elke keer as ek dit ge­sing het in die stu­dio, het hul­le ge­sê‘mo­re pas­si­on, mo­re fee­ling’en ek het dit ge­haat. Ek wou net weg­hard­loop en sê los my uit! Maar een­dag het ek hart­seer ge­voel en in­ge­gaan en dit re­cord. En dit was dit . . .”

Dié lied­jie was vir vyf weke nr. 2 op die B­rit­se charts en het haar wê­reld­wyd be­kend ge­maak. Maar hoe­wel sy be­kend ge­word het, het dit nie fi­nan­si­ë­le suk­ses be­te­ken nie. Sy moes die pla­te­maat­skap­py in die hof aan­vat om haar reg­ma­ti­ge deel van haar mu­siek te kry.

“Ek het ’n groot fout ge­maak om nie my kon­trak reg te lees voor ek ge­te­ken het nie. My raad aan kuns­te­naars is om nie ’n kon­trak te te­ken as ’n en­ter­tai­n­ment la­wy­er nie daar­na ge­kyk het nie.”

Weer was sy fi­nan­si­eel in die knyp en sy het la­ter ’n“go­vern­ment job”in Lon­den ge­kry wat sy vir 23 jaar ge­doen het.

Toe sy in die laat tag­tigs uit­vind sy is ge­wild in Suid-A­fri­ka, was sy“qui­te sur­pri­sed”en nie ge­weet wat om daar­van te maak nie.“Weens a­part­heid het ek aan­vank­lik ge­wei­er om in Suid-A­fri­ka op te tree. Maar wat die me­dia op TV ge­wys het, is nie die eint­li­ke beeld nie en ek was aan­ge­naam ver­ras toe ek uit­ein­de­lik hier­heen ge­kom het.”

Van­dag was sy al by­na 10 keer in SuidA­fri­ka en sy hou baie van ons land, ver­al die Kaap. En sy is mal oor see­kos.

“Ek het ge­leer om wyn hier te drink; ek ge­niet ver­al ’n lek­ker mer­lot,”ver­tel sy.

As Ju­dy nie toer nie, span­deer sy graag tyd saam met haar klein­kin­ders en“ek pro­beer om ’n tro­pie­se tuin by my huis te s­kep – maar dis nie baie suk­ses­vol nie”. En haar grootste ge­heim?“Ek kan nie swem nie, al bly ek op ’n ei­land!”

Ju­dy be­plan ook om la­ter van­jaar haar ou­to­bi­o­gra­fie be­kend te s­tel.“Dis ’n baie in­te­res­san­te tyd vir my. Ek ge­niet nou net my le­we,”sê sy.

En ja, dié an­tie kan maar e­ni­ge tyd weer Suid-A­fri­ka toe kom. Sy is mos een van ons!

H O F O T O : P E T R A B R A H A M S / O N ; R Y A N C A R O LI S E N E N V E R S K A F

HOOFFOTO: Ju­dy Bou­cher het ver­le­de maand by Mu­sic Al­la Kaap by Gran­dWest op­ge­tree en die ge­hoor mee­ge­voer. BO: Ju­dy het lek­ker by ons kan­toor ge­kui­er. REGS: Van Ju­dy se al­bums.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.