SKOONHEID:

Kies die reg­te on­der­laag vir jou vel

Kuier - - INHOUD - DEUR TAUG­HEE­DAH AB­DUL­LAH JA­COBS

PRO­BLEEM: OLIERIGE VEL

Jou vel het na­tuur­li­ke o­lies wat jou vel kon­stant laat blink. Dit word meest­al ver­oor­saak deur die hit­te be­dags en die sweet wat jou sweet­klie­re af­skei. Die fo­kus moet dus op die T-so­ne wees – oor die voor­kop en af met die neus.

OPLOSSING

’n Skoon, ge­son­de vel is ui­ters nood­saak­lik. Be­vog­tig jou ge­sig met ’n o­lie­vrye be­vog­ti­ger en kies gri­me­ring wat o­lie­vry is so­dat jy nie nog o­lie by­voeg nie. Kies ’n foun­da­ti­on wat spe­si­fiek daar­op ge­mik is om die hoe­veel­heid o­lie te be­heer, vlek­ke ver­bloem en die vel te be­vog­tig. Ge­bruik ook poei­er om die oor­tol­li­ge o­lie te ab­sor­beer.

PRO­BLEEM: VEROUDERING

Fyn lyn­tjies vorm op jou vel soos jy ou­er word, maar ’n goeie vel­sor­groe­ti­ne sal jou vel lan­ger mooi en ge­sond hou. Met ’n bie­tjie gri­me­ring kan jy soms kul.

OPLOSSING

’n Goeie be­vog­ti­ger vir jou ti­pe vel is ’n goeie be­gin, ver­al een wat sal help met die ferm­heid en e­las­ti­si­teit. ’n Foun­da­ti­on pri­mer sal ook help om die voor­koms van fyn lyn­tjies en po­rieë te ver­min­der.

Sor­bet Age Af­fect Dé­col­leta­ge & Neckroom, R190, Sor­bet en C­licks. Pal­la­dio Foun­da­ti­on Pri­mer, R129,95, Dis-C­hem. ná

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.