VOORBLADSTORIE:

‘S­kol­lie’-ak­tri­se glo in rol­le wat haar uit­daag

Kuier - - INHOUD - DEUR ERNUSTA MARALACK

Op 44 is die veel­sy­di­ge ak­tri­se LeeAnn van Rooi sex­ier as toe ons haar baie ja­re ge­le­de as Ro­chel­le in die sit­kom Fishy Fês­huns leer ken het. Maar dis nie ’n ti­pe sexy wat gaan oor haar ui­ter­li­ke nie, maar hoe sy as vrou ge­mak­lik is in haar vel en vre­de ge­maak het met haar lyf net soos dit is!

Dit is met die­self­de self­ver­troue wat LeeAnn, wat in A­pril 45 word, ge­waag­de naak­en seks­to­ne­le in die tref­fer­fliek Noem My

S­kol­lie ver­le­de jaar aan­ge­pak het. Dit is nie iets wat ons al­dag op Suid-Afrikaanse TV of flieks sien nie en men­se het be­hoor­lik na hul a­sems ge­snak toe hul­le die to­ne­le in die fliek sien. En of jy nou Lee-Ann daar­voor gaan prys of teen haar gaan uit­vaar, weet sy sy het haar werk as kuns­te­naar ge­doen as sy jou aan die praat kon kry.

In Noem My S­kol­lie ver­tolk Lee-Ann die rol van ’n ou­er, ge­trou­de vrou, wat ’n jong seun met ge­drags­pro­ble­me in­neem na­dat sy tan­nie hom uit haar huis ge­gooi het. La­ter toe dié seun ’n jong, vol­was­se man word (ge­speel deur Chris­ti­an Ben­nett), knoop Lee-Ann ’n sto­men­de bui­te-eg­te­li­ke ver­hou­ding met hom aan.

Want, vra Lee-Ann, wat is die punt daar­van om ’n kuns­te­naar te wees as sy nie haar­self uit­daag of af­vra wat die bood­skap is wat sy deur die ver­tol­king van haar uit­een­lo­pen­de ka­rak­ters, wil tuis­bring nie?

“Kuns gaan daar­oor om mý waar­heid te vind en met die vry­heid wat ek daar­in het, te ont­dek waar my ka­rak­ter is. Acting gaan al­tyd oor jou ver­hou­ding met die sto­rie. Wat is die bood­skap wat ek wil uit­dra? Jy moet dit weet om­dat men­se spe­si­aal

plan­ne maak om jou werk te kom sien,” raak Lee-Ann pas­sie­vol oor to­neel­spel.

Lee-Ann het ’n lek­ker sin vir hu­mor en kan jou laat ska­ter van die lag om­dat sy nie om­gee om vir haar­self te lag nie. Sy skerts wan­neer sy ver­der oor Noem My S­kol­lie praat en sê in dié fliek het sy let­ter­lik haar din­ges ge­sien.

Maar dan raak hier­die mooi vrou wat nie om­gee oor die grys ha­re wat in haar bos krul­ha­re weg­kruip nie, ’n bie­tjie erns­tig wan­neer sy sê:“My ka­rak­ter in Noem My

S­kol­lie het ook ge­gaan oor hier­die bo­dy wat al­tyd gro­ter as ek was. Ek het bra ge­dra op 13 en moes daar­in groei. Ek sien nie baie vo­lup­tu­ous vroue op TV nie, maar vir my gaan dit al­tyd oor die ka­rak­ter . . . In

Noem My S­kol­lie was dit die‘lo­ve-throug­ht­he-age-gap’wat my ge­fas­si­neer het.”

Daar was men­se wat vir Lee-Ann op Fa­ce­book ge­vra het hoe sy dit (die naak­en seks­to­ne­le) kon doen, waar­op sy by hul­le wou weet of hul­le ag­ter­ge­kom het daar was in to­taal drie pa­re naak ag­ter­ste­we in die fliek – twee was mans s’n en die an­der een ha­re. “Ek vra ook al­tyd vir hul­le of hul­le dit sou ge­vra het as dit C­har­li­ze T­heron was?”voeg Lee-Ann ge­mak­lik by.

Hoe­wel Lee-Ann nie skrik vir ’n uit­da­ging wan­neer dit kom by die rol­le wat sy ver­tolk nie en sy het al an­der he­a­vy rol­le soos dié van ’n ver­krag­tings slag­of­fer en seks wer­ker ge­speel, is daar se­ke­re van haar werk soos dié in Noem in My S­kol­lie wat sy nie wou hê haar man van die af­ge­lo­pe 11 jaar, Ju­rie, en haar dog­ter, Eve

(8), moes sien nie.

Groot plan­ne

Daar is eg­ter meer aan Lee-Ann as Noem My S­kol­lie en ons gaan haar van­jaar som­mer nog baie op die kas­sie en op die groot­skerm sien. Ons was ge­luk­kig om haar te kry vir hier­die voor­blad om­dat sy be­sig was om te skiet aan die kykNET­reeks Die Boek­klub 2; voor­be­rei­dings vir ’n te­a­ter­pro­duk­sie Mar­tel­sang; en eers­daags te sien gaan wees in nóg ’n kykNET-reeks Sa­ra se ge­heim “waar­in ek ’n ab­so­lu­te feeks is en ek lo­ve dit!”. Ver­der ver­tolk Lee-Ann ook die rol van ’n seks­wer­ker in die plaas­li­ke fliek

Tess, wat 24 Fe­bru­a­rie in fliek­te­a­ters be­gin wys het.

Sy is tus­sen­deur ook ’n dra­ma-on­der­wy­ser en moet die ver­ant­woor­de­lik­he­de van ma- en vrou­wees tus­sen­in ba­lan­seer.

Lee-Ann werk klip­hard, maar sy sou niks an­ders wou doen nie. Sy sien s­to­ries in al­le­daag­se din­ge en vind dit be­vre­di­gend om ver­skeie ka­rak­ters se s­to­ries te ver­tel.

“Par­ty­keer is al­les ’n jug­gle en par­ty­keer moet ek nee sê vir goed. Soms is dit low ti­de; an­der tye is dit high ti­de; soms kalm en soms storm­ag­tig. Ek hou van wat ek doen, maar dis net ’n job. Dit maak din­ge mak­lik as jy be­sef dis net ’n job en dit maak jou nie spe­ci­al nie. Op dié ma­nier kry jy nie groot kop nie,”sê Lee-Ann.

haar FAMILIE se rol

Maar waar lê hier­die ta­lent­vol­le ak­tri­se se wor­tels?

Lee-Ann is ’n ge­bo­re en ge­toë Ka­pe­naar, al die pad van Gras­sy Park op die Kaapse Vlak­te. Sy kom uit ’n groot familie waar die be­lang­rik­heid van op­voe­ding in­ge­dril is; waar hul­le be­sef het hoe be­lang­rik dit is om te vra,“hoe was jou dag?”en die TV af te ska­kel, om saam om ’n ta­fel te sit en eet en net te ge­sels. Lee-Ann pas ook van­dag hier­die waar­des in haar ge­sin toe.

In haar familie het hul­le me­kaar ge­terg en nooit ver­leer om te lag nie; nie eens toe haar ou­ers, Ralph en Del­ma­ri van Rooi, skei toe sy on­ge­veer 11 jaar oud was nie. Bei­de haar ou­ers het weer ge­trou en só het LeeAnn se stief­ou­ers se kin­ders ook háár sib­be ge­word.

Hul­le was ’n reg­te“blen­ded family”, sê Lee-Ann met ’n sag­te glim­lag en sy het“the be­st of both wor­lds”ge­had, om­dat sy ver­al sterk ver­hou­dings ge­had het met haar eie pa so­wel as haar stief­pa, Earl S­te­ward.

So, dit was vir haar ’n groot te­rug­slag toe sy al­bei hier­die spe­si­a­le mans in haar le­we maan­de uit­me­kaar in 2014 ver­loor. Haar stief­pa het in Maart 2014 ge­sterf en haar eie pa in Ju­nie die­self­de jaar.

“Dit het my ge­ruk, want hul­le was groot mans­men- se in my le­we en het my baie on­der­steun.

“My stief­pa het my ge­leer dat vroue har­der (as mans) moet werk en my op 17 leer be­stuur so­dat ek on­af­hank­lik kon wees. Ek en hy het al­tyd by ’n par­kie gaan chat. My eie pa was ’n pries­ter en ons het al­tyd by die kerk oor ’n kop­pie tee ge­chat,”her­leef sy die goeie ou dae.

Wan­neer sy te­rug­kyk op haar le­we, weet Lee-Ann nie reg­tig hoe sy in to­neel­spel be­land het nie, want dis iets wat sy“glad nie wou doen nie”.

“Ek wil dit baie keer nie doen nie, maar dit pak my beet elke keer en wil nie laat gaan nie . . . dis soos ’n je­a­lous lo­ver,”sê sy.

Maar dan ont­hou Lee-Ann dis eint­lik sý wat klein­tyd al die byt­werk ge­doen het!

Sy ver­tel ’n staal­tjie uit haar kin­der­ja­re om haar lief­de vir to­neel­spel te ver­dui­de­lik :“A p pa­re n t ly is my ma baie bang vir ver­kleur­man­ne­tjies. Daai tyd het ons op ’n groot werf ge­bly in Retre­at, na­by P­rin­cess­vlei en wan­neer sy een ge­sien het – en daar was baie van hul­le – het sy ’n groot bo­haai op­ge­skop. Ek was se­ker so twee of drie jaar oud toe ie­mand, se­ker my pa, my ma ge­jaag het met ’n ver­kleur­man­ne­tjie in sy hand. Sy was baie up­set en ap­pa­rent­ly het ek la­ter oor na haar toe ge­hard­loop met die ver­kleur­man­ne­tjie in my hand met sy kop af­ge­byt. My ou­ma het des­tyds ge­sê dis hoe­kom ek ’n ak­teur is – van al die ver­kleur­man­ne­tjies se kop­pe in­sluk !”

Dit kan dalk ook ver­klaar hoe­kom LeeAnn ge­mak­lik is met ver­an­de­ring en met groot ge­mak uit een ka­rak­ter in ’n an­der een kan klim.

HOOFFOTO: Lee-Ann van Rooi (44) se naam is weer op al­mal se lip­pe met haar aan­gry­pen­de to­neel­spel in die fliek

Noem my S­kol­lie (in­las regs on­der).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.