JOU KIND EN SKOOL:

Leer die be­lang­rik­heid van jou sin­tuie

Kuier - - INHOUD - Deur S­hir­mo­ney R­ho­de

ons vyf sin­tuie laat ons toe om so­veel din­ge in die le­we te ge­niet: Die kos wat ons eet, die prag­ti­ge klan­ke van mu­siek, ’n mooi son­ni­ge dag, die ge­voel van ’n dier se pels en ve­le an­der din­ge. Baie be­roeps­men­se reg oor die wê­reld is af­hank­lik van hul sin­tuie. Son­der ’n sjef se ver­moë om te kan proe, sou hy nie weet of die kos wat hy maak lek­ker is nie. En son­der ’n kuns­te­naar se sig, sou hy nie weet hoe om ’n mooi prent­jie te skil­der nie. Net só ge­bruik ons ook elke dag ons sin­tuie om die wê­reld om ons te ver­ken en be­ter te ver­staan.

hoor gou hier

Ons ge­hoor­sin laat ons toe om al­le klan­ke en ge­lui­de om ons te hoor. Ons kan dus deur middel van ge­hoor met me­kaar kom­mu­ni­keer (dis net een van die ma­nie­re), na mu­siek luis­ter, ’n fliek nou­keu­rig volg en­so­meer. Ons ge­hoor kan ons ook help om moont­li­ke ge­va­re te i­den­ti­fi­seer. Die oor be­staan uit drie hoof­de­le: Die bui­te-oor, mid­del­oor en bin­ne-oor. Die bui­te-oor ver­wys een­vou­dig net na die ge­deel­te van die oor wat ons van bui­te af kan sien. Ons sien ook die oor­ka­naal wat lei na die oor­drom. Die mid­del­oor het drie been­tjies wat vi­bra­sies van­af die oor­drom langs die o­va­le ven­ster neem en ’n mem­braan­tjie wat na die bin­ne-oor lei. Die bin­ne-oor met sy deel­tjies is dan ver­ant­woor­de­lik om die vi­bra­sies na die brein te neem waar dit dan as klank ver­tolk word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.