GELD­SA­KE:

Be­waar jou geld en bly weg van Pon­zi-ske­mas

Kuier - - INHOUD - DEUR Ma­re­tha Bo­tes

Wan­neer dit by geld kom, kan selfs die nug­ter­ste mens kop ver­loor. Ver­al be­leg­gings wat hoë wins­te in ’n kort tyd be­loof, kan jou gou tot ’n val bring.

Ken­ners waar­sku al vir ja­re: As dit te goed klink om waar te wees, is dit só. En tog is daar nog al­tyd men­se, ver­al pen­si­oe­na­ris­se, wat in die slag­gat van ont­wet­ti­ge geld­ske­mas trap en ge­woon­lik ál­les ver­loor.

Die re­de? Die be­loof­de op­brengs­te klink on­ge­loof­lik en daar is al­tyd be­leg­gers wat reeds hul dui­sen­de ran­de ge­maak het wat as“be­wys”dien dat die ske­ma“werk”. Jy kan maar be­lê, want jy sal jou geld te­rug­kry, is die bood­skap.

Die Pon­zi-ske­ma is maar een so ’n on­wet­ti­ge geld­boer­de­ry. Ver­lie­se raak nie net be­leg­gers se sak nie, maar het in baie ge­val­le tra­gie­se na­draaie wan­neer be­leg­gers al­les be­lê én ver­loor.

In ’n on­lang­se voor­val het A­nee­sa Ar­ri­son (43) van Kraai­fon­tein in die Kaap haar twee­ling­seuns ge­wond en toe haar ou­er seun en haar­self om die le­we ge­bring kort na­dat sy na be­we­ring al haar geld in die so­ge­naam­de 4th Po­wer In­ves­t­ment- maat­skap­py ver­loor het. 4th Po­wer is na be­we­ring ’n Pon­zi-ske­ma en word tans deur die Val­ke on­der­soek. Die maat­skap­py se ba­tes is ge­vries en geen geld is se­dert Sep­tem­ber aan be­leg­gers uit­be­taal nie.

Rod­ney Ver­maak* (75) van Ot­tos­dal in Noord­wes het in 2008 ’n der­de van sy pen­si­oen in S­ha­re­max, ’n Pon­zi-ske­ma, be­lê. Van­dag is hy spyt oor dié“be­leg­ging” en sê hy en sy vrou, Al­ta* (75), sou“baie mak­li­ker kon leef”in­dien hul­le die geld “or­dent­lik”be­lê het.

“Ek het daar­die tyd niks snaaks ver­moed nie. My ma­ke­laar het ons aan­be­veel om die geld (R90 000) te be­lê. Hy het self geld be­lê en het toe reeds ’n paar dui­send te­rug­ge­maak. Die be­loof­de ren­te­koers was 8%, (toe) 2% ho­ër as wat die ban­ke ge­bied het. Ek het nie on­raad ver­moed nie.

“Daar was reeds toe ’n paar men­se waar­van ons ge­weet het wat geld ge­maak het

en dit het wet­tig ge­lyk. Dan­kie tog die wet het daar­die tyd al ge­sê ons moet twee­der­des van ons pen­si­oen in an­nu­ï­tei­te be­lê . . . an­ders het ons dít se­ker ook ver­loor,” ver­tel hy.

On­ge­veer 40 000 men­se het al­te­saam R4,5 mil­jard in die ver­skeie ske­mas wat deur S­ha­re­max be­mark is, be­lê. Toe dit in 2010 be­kend ge­word het dat S­ha­re­max se mo­del nie vol­doen aan die ver­eis­tes van die Wet op Ban­ke (Banks Act) nie, het die be­leg­gings op­ge­droog en dié men­se wat reeds geld be­lê het, het skie­lik nie meer maan­de­lik­se ren­te ont­vang nie. Rod­ney het tot op daar­die sta­di­um R500 per maand“ver­dien”uit sy be­leg­ging in S­ha­re­max.

pas­op vir die lok­val

Maar hoe is dit dat men­se nog elke keer vir hier­die soort ske­mas val? ’n Pon­zi-ske­ma sal ’n be­leg­ger bo-ge­mid­del­de (a­bo­ve mar­ket) wins of ren­te be­loof.

Dié op­brengs word ge­woon­lik ver­dui­de­lik aan die hand van in­ge­wik­kel­de be­sig­heids­mo­del­le. By­voor­beeld, ’n Pon­zi-ske­ma mag jou dalk meer as 100% pro­fyt in 90 dae be­loof. Dit is ge­woon­lik slegs die eer­ste paar be­leg­gers wat hier­die wins maak. Wan­neer die ske­ma in­me­kaar tui­mel, ver­loor die res van die be­leg­gers ge­woon­lik 100% van dit wat hul­le be­lê het.

Hier­die ske­mas is ge­waar­borg om een of an­der tyd in­me­kaar te tui­mel, juis om­dat dit on­moont­lik is om voort­du­rend nu­we le­de te kry om te be­lê en só die ske­ma aan die gang te hou.

Syd­ney Se­ke­se, ’n ge­ser­ti­fi­seer­de fi­nan­si­ë­le be­plan­ner van die Fi­nan­ci­al Plan­ning In­s­ti­tu­te (FPI), ver­dui­de­lik: “’n Pon­zi-ske­ma maak staat op be­leg­gers of be­mar­kers om nog meer deel­ne­mers (be­leg­gers) in te bring so­dat die ske­ma ’n op­brengs kan ge­ne­reer.

“Elke Pon­zi-ske­ma maak staat op word of mouth. As nu­we le­de nie ge­werf word nie, kan daar geen be­ta­lings ge­maak word aan reeds be­staan­de le­de nie. So ’n ske­ma maak dus nie werk­lik ’n‘wins’nie en jy kry ook nie reg­tig‘ren­te’nie. Jy kry slegs be­loof­de ka­pi­taal uit an­der men­se se be­leg­gings­geld. In S­ha­re­max se ge­val het nu­we be­leg­gings op­ge­droog. Daar­om kon be­ta­lings nie meer plaas­vind nie.”

PON­ZI OF PIRAMIEDE?

Daar is ’n baie fyn lyn tus­sen dié twee ske­mas, sê Syd­ney. ’n Pi­ra­mie­de­ske­ma word, soos ’n Pon­zi, aan die gang ge­hou deur nu­we be­leg­gers. En in bei­de ske­mas word nu­we be­leg­gers se geld ge­bruik om vroe­ë­re be­leg­gers te be­taal.

Die grootste ver­skil is dat jy in ’n pi­ra­mie­de­ske­ma ’n ak­tie­we rol moet speel. Jy moet be­leg­gers werf so­dat jy ’n op­brengs kan ge­ne­reer. In ’n Pon­zi word dié rol ge­woon­lik deur ma­ke­laars of spe­si­a­le be­mar­kers ge­speel.

’n Pon­zi-ske­ma stort ge­woon­lik in­een wan­neer die poel van moont­li­ke be­leg­gers uit­ge­put is. Die leef­tyd van ’n Pon­zi-ske­ma hang af van die be­skik­baar­heid van be­leg­gers en die om­vang van die fond­se (hoe­veel geld be­lê is). Só ske­ma hou ge­woon­lik ne­ge tot vyf­tien maan­de, af­han­gend van hoe vroeg in die ske­ma se leef­tyd die be­leg­gers ag­ter­kom hul­le is met ’n slap riem ge­vang. As jy ag­ter­kom die ske­ma waar­in jy be­lê het, is ’n Pon­zi, is dit koe­baai met jou geld. As jou geld eers in is, kan jy dit nie uit­kry nie, want dit word ge­bruik om an­der be­leg­gers te be­fonds. Die e­nig­ste ma­nier hoe jy jou geld kan“te­rug­maak,”is as daar nog slag­of­fers ge­werf word so­dat jy be­taal kan word. Jy kan nie jou geld“trek”nie. Her­ken ’n Pon­zi só:

Be­lof­tes van ’n ab­nor­ma­le hoë wins of op­brengs­te.

Be­lof­tes van“ge­waar­borg­de”wins. Ont­hou geen wins kan ge­waar­borg word nie. E­ni­ge be­leg­ging dra ’n vorm van ri­si­ko.

Aan­trek­li­ke s­to­ries van be­leg­gers wat reeds be­lê het, oor hoe­veel geld hul­le al ge­maak het. ’n Vae en kom­plek­se be­sig­heids­mo­del. ’n Te goed om waar te wees-ge­voel. Uit­la­tings soos“die ge­leent­heid van ’n leef­tyd!”.

Baie hoë op­brengs en die aan­moe­di­ging om nog meer geld te be­lê.

On­ge­re­gis­treer­de pro­duk­te.

wees ver­sig­tig

Doen jou huis­werk as jy daar­aan dink om jou geld te be­lê. Kry raad van ge­re­gis­treer­de fi­nan­si­ë­le raad­ge­wers. Sul­ke raad­ge­wers word ge­re­gu­leer deur óf die Suid-Afrikaanse Re­ser­we­bank, Na­si­o­na­le Ver­brui­kers­ko­mis­sie óf die Fi­nan­si­ë­le Diens­te­raad.

Hier­die men­se volg streng re­ëls en re­gu­la­sies, ter­wyl raad­ge­wers wat nié ge­re­gis­treer is nie, glad nie wet­ge­wing ge­hoor­saam nie. Jou geld is dus nie vei­lig by so ’n per­soon of in­stan­sie nie.

Raad van ’n fi­nan­si­ë­le raad­ge­wer is gra­tis en son­der ver­plig­ting. Neem jou tyd voor­dat jy ’n be­sluit neem.

Ont­hou, jy het nie oor­nag ge­spaar aan die geld wat jy wil be­lê nie. Jy wil dit ook nie oor­nag in een of an­der sche­me ver­loor nie. Wees ver­al ver­sig­tig vir so­ge­naam­de “ge­leent­he­de”wat be­loof om jou ryk te maak in ’n kort tyd­jie. En ’n rooi vlag­gie moet be­slis wap­per as ie­mand vir jou sê “die ge­hei­me for­mu­le (om ren­te of op­brengs uit te werk) sal net met uit­ge­soek­te be­leg­gers ge­deel word”.

As jy wil weet of ’n per­soon of in­stan­sie wet­tig be­sig­heid doen, kan jy die Fi­nan­si­ë­le Diens­te­raad se be­drog en e­tie­se hot­li­ne bel by 0800 313 626. *S­kuil­naam

’n Pon­zi-ske­ma maak staat op be­leg­gers of be­mar­kers om nog meer deel­ne­mers in te bring so­dat die ske­ma ’n op­brengs kan ge­ne­reer. Syd­ney Se­ke­se

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.