Wat die hart van vol is

So­ge­naam­de ge­lo­wi­ges buit an­der se des­pe­raat­heid uit vir eie ge­win. Sorg dat jy vas­hou aan jou ge­loof en be­gin­sels.

Kuier - - INHOUD - Deur B­ren­den Rui­ter

In my ou­er­huis is ons al­tyd ge­waar­sku om nie die ge­salf­de aan te raak nie. E­ni­ge kri­tiek teen die pre­di­kant is sum­mier on­der­druk deur my god­vre­sen­de ou­ers. En al het Do­mi­nee nou ook wat ge­maak, nie ’n ne­ga­tie­we woord mag in sy rig­ting ge­slin­ger word nie.

Ek en my sib­be het dit só aan­vaar en die ke­re wat ons wel on­ge­luk­kig was met wat Do­mi­nee ge­doen of ge­sê het, het ons maar ge­swyg of net on­der­langs ge­mur­mu­reer. Do­mi­nee was, in ter­me van rang, net on­der God.

Am­per twee de­ka­des se­dert ek my ou­er­huis ver­laat het, is my vel nou al dun ge­skaaf deur die so­ge­naam­de ge­salf­des. Die goei­es uit­ge­sluit, maar dit skrei ten he­me­le hoe pre­di­kers Gods­woord mis­bruik om hul eie doel­wit te be­reik.

Ons lees by­kans elke dag hoe goed­ge­lo­wi­ge kerk­gan­gers mis­bruik word deur die­ge­ne wat hul­le kwan­suis na die be­loof­de land moet lei. Die een ge­bruik in­sek­do­der, die an­der ge­bruik rot­te­gif om dui­wels uit ge­meen­te­le­de te dryf. Nog een loop weer bo-op sy ge­meen­te­le­de, ter­wyl ’n an­der hul­le deur slan­ge laat pik. Ek sal eer­der nie sê wat ’n an­der een die men­se laat glo sy ge­slags­deel kan doen nie!

Toe ek op­ge­groei het, het ons al­tyd die woord“b e ghaai li k” ge­bruik om ie­mand te be­skryf wat hom of haar laat uit­vang het. Nou wan­neer ek lees dat ie­mand deur ’n kerk­lei­er met Doom in die ge­sig ge­spuit word, dan is die eer­ste ge­dag­te al­tyd“jy is da­rem beg­haai­lik”om dit aan jou te laat doen. Wat­ter reg­den­ken­de mens gaan nou by­voor­beeld glo dat rot­te­gif die dui- wel uit jou kan dryf, won­der ek soms. Laat dink my aan die sto­rie van die laai­tie wat in die stof sit en speel en ver­skrik­lik ge­vloek het. Do­mi­nee kom ver­by en ver­maan die klong en sê hy kan nie so sit en vloek nie.“Is jy nie bang jy gaan na die dui­wel as jy so praat nie?”vra Do­mi­nee.“Ek is nie bang nie. Jy wat elke Son­dag so­veel non­sens van hom praat moet bang wees,” kap die seun te­rug. Nou hoe kom dit dat daar dan so­veel beg­haai­li­ke men­se is? Ek dink men­se is des­pe­raat, want hul­le is mag­te­loos, ont­mag­tig deur ar­moe­de, mis­daad, on­ge­hoor­sa­me kin­ders en die re­ge­ring; ver­al die re­ge­ring. Dié mag­te­loos­heid kweek ho­pe­loos­heid. Gaan ons ooit van hier­die bo­se kring­loop ont­snap? Is die lig aan die ein­de van die ton­nel net nóg ’n trein wat op ons af­stoom? Hoe ont­vlug hul­le uit die ho­pe­loos­heid? Deur te hard­loop na die e­nig­ste men­se wat hul­le die he­mel op aar­de be­lo­we – pre­di­kers. Hier­die so­ge­naam­de ver­sprei­ders van “goeie nuus”doen kam­sti­ge won­ders om die des­pe­ra­tes te oor­tuig van hul he­len­de en ver­los­sen­de ver­mo­ëns. Die won­der­wer­ke sy­pel eg­ter wei­nig deur tot dié wat dit die no­dig­ste het. Dit is mak­lik vir ons wat op die kant­lyn sit om te sê ek is da­rem nie so“beg­haai­lik”dat ek gras sal eet om die ge­na­de van die He­re te ont­vang nie.

’n On­rus­ba­ren­de ding steek ook al meer dees­dae kop uit. Ek noem dit som­mer brag! Wan­neer die man ’n nu­we kar ge­koop het, post hy dit op Fa­ce­book en ver­kon­dig hoe“bles sed” en“hi g h lyf a vou­red” hy is. Ek gun al­mal hul plek­kie in die son, maar is dit reg­tig no­dig om ma­te­ri­ë­le voor­uit­gang as ’n se­ë­ning te ver­kon­dig? En hoe­kom is jy nou meer“fa­vou­red”as die ma van Wes­bank wat nog elke dag kre­peer on­der die stank van el­len­de? En wat van die pas­to­re wat al hoe ry­ker word hoe meer sie­le hul­le wen? Ek het al ge­hoor hoe ’n pas­toor aan sy ge­meen­te ver­dui­de­lik hoe die He­re vir hom ’n mo­tor langs die pad ge­los het. As kerk­men­se moet daar geen twy­fel wees aan hoe groot die ge­na­de van die He­re is nie, maar om som­mer ’n kar te kry? Nooit ge­sien nie!

Na my me­ning is die mees­te pre­di­kan­te op­reg­te, god­vre­sen­de men­se met die e­de­le doel om die volk na die be­loof­de land te lei. Die vrot ap­pels on­der hul­le nie. Wan­neer e­ni­ge pre­di­ker iets te­rug ver­wag om jou glo te se­ën, hard­loop ver weg. En wan­neer e­ni­ge pre­di­ker ’n blik Doom na­der trek, bel die po­li­sie. As Chris­ten mag ek nie sê wat ek gaan doen as ene my met in­sek­do­der na­der nie, maar dit gaan wel in­druis teen my ou­ers se ver­ma­ning oor die ge­salf­de.

Die goei­es uit­ge­sluit, maar dit skrei ten he­me­le hoe pre­di­kers Gods­woord mis­bruik om hul eie doel­wit te be­rei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.